Die vyf boere op vanjaar se seisoen van Boer soek ʼn vrou het behoorlik gebloos tydens hul ontmoeting met die tien vroue wat hulle gekies het uit stapels briewe wat hulle ontvang het.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 Februarie 2023
Gure weer kan kragvoorsiening kelder
Die weerdiens waarsku oor erge donderstorms wat tot 23:00 Vrydagaand in Limpopo, KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga verwag kan word.
President steun nie Tottenham-borgskap
“Ons dink nie dit is geregverdig om soveel geld op hierdie manier te bestee nie.”
Toeken van vissersregte weer vertraag
Die organisasie beskuldig die minister daarvan dat sy kleinskaal en kommersiële vissers doelbewus uit die ekonomie sny.
Hier is alles wat jy moet weet oor sonkrag
Dié gids bied onder meer ʼn lys van geakkrediteerde en gekwalifiseerde verskaffers vir die installering van sonkrag, asook antwoorde op gereelde vrae vanaf huiseienaars.
Vuurwapensaak teen Malema lank uitgestel
Die saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en sy lyfwag en medebeskuldigde, Adriaan Snyman, sal eers later vanjaar hervat word.
Fontein van ewige jeug in dié woef se water
Bobi het sy lewe lank menskos geëet en daagliks sowat een liter water gedrink.
LP’s vergader dringend oor Tottenham-borgskap
Talle Suid-Afrikaners spoeg vuur oor die beoogde besteding van sowat R1 miljard aan die Britse sokkerklub en eis behoorlike antwoorde van SA Toerisme én minister Lindiwe Sisulu.
ToekomsVenster: Dit was hittete
Tog was dit die beloftes van God se Woord wat ʼn mens deurgedra het.
Fliekresensie: ‘Plane’ is propvol aksie, koes-vir-koeëls
Is jy bang vir vlieg? Dink dan liefs twee keer voor jy jou springmielies koop óf gooi iets sterk by jou koeldrank!
Rok ná 85 jaar terug by Voortrekkermonument
ʼn Leeftyd se stories het boonop saam met dié deel van die Afrikaanse geskiedenis by die monument aangekom.
‘Hier is my hand’
In Helpende Hand leef ons hierdie woorde uit en steek ons hand uit en getuig dat ons wil dien en dat ons ʼn daadwerklike verskil wil en kan maak. Die lied herinner ons ook aan die krag wat mense het as ons saamstaan.
Grondeienaars ‘staan gereed’ vir grondbesetters
“Dit is ons huise en ons sal dit nie verlaat nie, hoewel ons vir ons lewens vrees en nie weet wat volgende kan gebeur nie.”
Video: Toeris stokflou geskrik toe slang saam kom stort
ʼn Ontmoeting met ʼn slang in die Krugerwildtuin is geen verrassing nie, maar as hy vroegoggend deur die drein seil en saam met jou in die stort kop uitsteek, is die ʼn hele ander storie, het ʼn Australiese toeris onlangs agtergekom.
2023 Fiëstas-benoemings: ‘Ek, Anna van Wyk’, ‘Die moeder’ blink uit
Die produksies het albei vyf benoemings, onder meer vir beste feesproduksie en beste spel in ʼn hoofrol ontvang.
‘Geskiedkundige’ oorwinning in DA-stryd teen kaderontplooiing
Die ANC het vyf dae om alle dokumentasie, insluitend e-posse en CV’s van hul kaderontplooiingskomitee, aan die DA te oorhandig.
Brakpan-leerder doodgesteek in onderonsie
Die leerders het volgens inligting baklei oor pepersproei.
Landdros gaan haar nie aan Malema-saak onttrek
Julius Malema wil hê dat landdros Twanette Olivier haar aan die saak onttrek aangesien sy, volgens die verdediging, nie onpartydig is nie.
SA’ner op dreef om by Sun City te wen
Die Johannesburgse gholfster Casandra Alexander het een hand op die SuperSport-uitdaagtrofee.
Gedagte vir die dag: “Skryf op my hart, Here!”
Bevestig opnuut aan my u belofte, wat bedoel is vir hulle wat U dien … Ek verlang van harte na u bevele. Laat my lewe deur u geregtigheid. (Psalm 119:38, 40)