‘BSV’: Blitsafsprake laat boere bloos

Van links na regs is boere Hennie, Philru, Francois, Louis B en Louis M. (Foto: kykNET)

Die vyf boere op vanjaar se seisoen van Boer soek ʼn vrou het behoorlik gebloos tydens hul ontmoeting met die tien vroue wat hulle gekies het uit stapels briewe wat hulle ontvang het.

In Donderdagaand se episode van dié gewilde werklikheidsreeks het boere Francois, Philru, Louis M, Louis B en Hennie eers saam met aanbieder Marciel Hopkins gekuier voordat hulle vyf minute saam met elkeen van die vroue kon deurbring.

“Kyk, as ons nie liefde gekry het nie, het ons definitief  ʼn paar pêlle gekry,” het Louis M tot die vermaak van die ander boere geskerts.

Dit is die eerste keer in twee jaar wat die boere saam onder een dak kon kuier vóór die aanvang van die blitsafsprake, aangesien die programformaat vir die vorige twee seisoene verander moes word om Covid-maatreëls toe te pas.

Die blosende boere en opgewonde vroue het by die Grande Roche-landgoed in die Paarl, Wes-Kaap ontmoet.

Die boere was ooglopend senuweeagtig, en sommige van hulle het nie geweet waar om te kyk nie.

“Hoe kies jy? Dis soos ʼn kind in ʼn speelgoed factory,” het ʼn bloedrooi Louis M geskerts.

Daar was selfs ʼn paar knoppe in die keel toe die boere die vyf vroue wat deurdring na die volgende ronde van die program gekies het.

  • Boer soek ʼn vrou is elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

Boer Hennie se top-vyf. (Foto: Verskaf)

Boer Francois se top-vyf. (Foto: Verskaf)

Boer Louis B se top-vyf. (Foto: Verskaf)

Boer Louis M se top-vyf. (Foto: Verskaf)

Boer Philru se top-vyf. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.