Hier is alles wat jy moet weet oor sonkrag

(Foto verskaf deur SEM)

AfriForum het ʼn volledige gids saamgestel met alles wat verbruikers moet weet indien hulle oorweeg om hul eie sonkrag op te wek.

“Elektrisiteit aan eindverbruikers in Suid-Afrika is onbetroubaar en toenemend van swak gehalte, wat veroorsaak dat oplossings onder eie beheer ʼn dringende en toenemende behoefte is, lui die gids, wat deur prof. Johan Rens en Neill Human saamgestel is.

“Hoewel die konfigurasie van die meeste stelsels redelik eenvoudig is, is dit noodsaaklik om die basiese werkbeginsels te verstaan sodat eindverbruikers op ʼn verantwoordelike wyse die magdom aanbiedings kan oorweeg om sodoende oplossings te bepaal wat kostedoeltreffend aan die eindverbruiker se behoeftes kan voldoen.”

Dié gids bied onder meer ʼn lys van geakkrediteerde en gekwalifiseerde verskaffers vir die installering van sonkrag. Dit sit ook bepaalde ingewikkelde konsepte uiteen en help die verbruiker om te besluit watter konfigurasie die beste sy of haar bepaalde behoeftes sal aanraak. Gereelde vrae, soos hoeveel dakoppervlakte nodig is vir die opwekking van sonkrag, word ook in die gids beantwoord.

Die volledige gids is hier beskikbaar: https://afriforum.co.za/mykrag/

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.