Sy het 11 kinders, 47 kleinkinders, 94 agterkleinkinders en 28 agter-agterkleinkinders en sy ken elkeen se naam.
Lees meerAlles deur die skrywer Eugene Gunning
Kinderverkragter het voorheen uit jeugsentrum ontsnap
ʼn Kinderverkragter wat Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 210 jaar tronkstraf gevonnis is, het ʼn paar jaar gelede uit ʼn jeugaanhoudingsentrum in Kaapstad ontsnap waar hy destyds ʼn vyfjaarvonnis vir twee verkragtingsake uitgedien het.
Seks-tandarts hoor dán sy lot
Dr. Ian Venter dien reeds ʼn vonnis van korrektiewe toesig uit vir ʼn soortgelyke voorval wat in 2011 plaasgevind het.
600 pak ysige water vir goeie doel
In net swemklere het meer as 600 mense Saterdag in die middel van die winter die ysige seewater by Victoriabaai aan die Suid-Kaapse kus aangedurf.
Man tronk toe vir besit van kinderpornografie
Hy is in hegtenis geneem nadat hy by ‘n padblokkade voorgekeer is en die polisie ’n foto van ’n naakte kind op sy foon gesien het toe hy gevra het of hy sy ma kan bel.
Van skoolseun in George tot internasionale rugbyheld
CJ Stander gesels oor sy lewe in Ierland, sy vrou Jean-Marié, sy liefde vir boer en die Springbokke.
Tandarts terug in hof ná seksdade met seun (13)
Die probleme om ʼn maatskaplike werker te vind om ʼn voorvonnis-verslag op te stel in die saak van dr. Ian Venter, ʼn bekende tandarts van George in die Wes-Kaap wat skuldig bevind is aan die seksuele aanranding van ʼn minderjarige seun, is opgelos.
Die demokrasie van lawaai – ’n persoonlike mening
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Natuurlik is dit goed as mense hul menings lug – dit bevorder debat en ’n deursigtige samelewing. Dis selfs opwindend. En, moet ek erken, dis nie ’n eenvoudige aangeleentheid nie. Soms is van die lawaai juis reaksie. Mense redeneer dat hul stilswye vertolk kan word as aanvaarding.
Wynand du Toit: Van krygsgevangene tot skrywer
Die naam van kaptein Wynand dut Toit het ʼn onuitwisbare indruk op Suid-Afrikaners in die tagtigs en negentigs gemaak. Nou op die vooraand van sy sestigste verjaardag het hy met Maroela Media gesels oor die draaie wat sy lewe geloop het:
Hof beslis oor oud-kollegas se onderonsie oor parkeerplek
Twee DA-stadsraadslede van George het in die hof gaan draai oor ʼn onderonsie oor ʼn parkeerplek in die munisipale terrein.
Oproep na sy ma lei polisie na kinderporno
ʼn Man van Wildernis naby George het op die harde manier met die langarm van die gereg kennis gemaak.
Tandarts weer skuldig aan seksdade met kind
Die seksuele aanranding het later die aand plaasgevind nadat almal al gaan slaap het.
Gespanne atmosfeer voor internasionale rugbywedstryd in George
ʼn Gespanne atmosfeer het Saterdag voor die wedstryd tussen die Southern Kings en Munster van Ierland by Outeniquapark geheers.
Foto’s: Ysterperde brul in Mosselbaai by die Buff
Die motorfietsryers – jonk en oud – het baie aandag getrek en mense het al van vroeg stelling ingeneem om die beste sit- en staanplekke te kry.
Foto’s: Dit sou Henry Ford se dag gemaak het
As Henry Ford Dinsdag in George was, sou hy breëbors rondgeloop het, want in ’n parkeerterrein by ʼn winkelsentrum was 38 ou Ford-motors.
Oud-kollegas terug in hof ná onderonsie oor parkeerplek
Twee DA-stadsraadslede van George wat in die hof gaan draai het oor ʼn onderonsie oor ʼn parkeerplek in die munisipale terrein op 17 Oktober 2016, het Donderdag by die hof beleefd blad geskud – maar dit was waar dit gebly het.