Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die departement van basiese onderwys se besluit om alle openbare skole se geskiedenishandboeke te herskryf.
Lees meerAlles vir Donderdag 10 Mei 2018
Mededingingskommissie ondersoek 100 sake van ‘kartelgedrag’
Die Mededingingskommissie sal deur die loop van hierdie finansiële jaar 100 sake van kartelgedrag ondersoek, het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Donderdag gesê.
Memorandum oor grondhervorming aan ambassades oorhandig
Die betrokke lande se steun word teen sodanige onteieningsprosesse gevra.
‘Mees gesoekte’ verdagtes in Limpopo aangekeer
“Dié berugte verdagtes is een-vir-een in hegtenis geneem terwyl hulle by verskillende plekke gelê en slaap het.”
KFC-saak weer uitgestel
Die saak teen vyf mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn paartjie, Jacob Sono en sy vrou Dudu, by ʼn KFC in Montana aangerand het, is Donderdag uitgestel.
Mangat-moord: Staat het vrou in trane
Estelle Reddy (38), wat verdink word van die moord op Danie Dreyer (64), ʼn voormalige polisiebrigadier en sakeman van Pretoria, het Donderdag in trane uitgebars toe sy ʼn foto van Dreyer se erg ontbinde liggaam gesien het.
ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe reisplan
Lees Matteus 28:16-20 en vra die Here om aan jou te openbaar waar jy die reisplanne van jou lewe vir hierdie dag moet aanpas.
Aanval by moskee in KZN
Drie persone is beseer nadat hulle Donderdagmiddag by ʼn moskee in Verulam, KwaZulu-Natal aangeval is.
Mangat-moord: Oorsaak van dood ʼn raaisel
Danie Dreyer (64), voormalige polisiebrigadier en sakeman van Pretoria, se liggaam is vir twee dae ná sy dood in die basis van sy bed versteek en het vyf dae lank in bytsoda gelê voor dit gevind is.
Die hoe en hoekom van “wie” en “wat”
Daar is in ʼn taaltannie se lewe vrae wat oor en oor opduik. Een so ʼn immergroene is: Wanneer gebruik ons “wie” en wanneer gebruik ons “wat”?
Cecilia Steyn gesels oor liefdesverhale en skryfinspirasie
“Die skryf van liefdesverhale is vir my net so terapeuties as om dit te lees. Dit het my dan gehelp met my leënessindroom.”
Man weer in hof ná wrede aanval op plaas
ʼn 32-jarige verdagte het Donderdag in die Hankey-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in dié omgewing waartydens ʼn ma van drie kinders geskiet en glo verkrag is.
Koshuismoord: Ekskêrel terug in beskuldigdebank
Die beskuldigde, wat al ʼn week in die Westville-gevangenis in KwaZulu-Natal aangehou word, het nie Donderdag herhaaldelik vir die kameras geglimlag soos verlede week nie.
Vermiste 11-jarige se liggaam gevind
ʼn Soektog na ʼn vermiste 11-jarige dogtertjie van Mpumalanga het tragies geëindig toe haar liggaam gevind is net twee dae nadat sy vermis geraak het.
Die wêreld in foto’s – 10 Mei 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Atletiek: Wat van nog ʼn Suid-Afrikaanse rekord?
Dié week sal vier Suid-Afrikaners hul staal by die tweede byeenkoms van die reeks toon.
Hof sê oor borgtog ná hameraanval
Die beskuldigdes het na bewering twee mense wat vir hulle werk op ʼn plaas naby Belfast met ʼn hamer aangerand.
Marievale-uitsettings: Onsekerheid ná oorwinning
Regter Davis het in sy uitspraak gesê dié is nog een van “daardie sake waartydens die staatsinstellings ʼn situasie toegelaat het om te ontwikkel tot ʼn punt waar ʼn hof moet intree om ʼn kwessie aan te spreek waar die sosiale welstand en waardigheid van mense betrokke is.”
Lamoer en kie gevonnis
Arno Lamoer, die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot tronkstraf gevonnis.
Plaaswerker erken hy het boer vermoor
Die beskuldigde het skuld erken op ʼn aanklag van moord, ʼn aanklag van poging tot moord, twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede en ʼn aanklag van diefstal.