‘n Fietsryer is in ‘n ernstige toestand nadat hy Sondag ‘n baksteenmuur in Kampsbaai, Kaapstad, getref het.
Lees meerAlles vir Sondag 16 September 2012
Video: Springmielies in stadige aksie
Die “Slow Mo Guys” wys in dié video hoe springmielies “spring”.
Reeksmoordenaar in Groblersdal het moontlik weer toegeslaan
Die liggaam van ‘n 2-jarige dogtertjie is op ‘n plaas in Groblersdal in Limpopo opgespoor.
Plaasmoord in die Suid-Kaap
Ria Mills (65), ‘n boer van die Suid-Kaap, is Saterdag dood aangetref in haar Potsteel-Hoogte-plaashuis in Hamelkop.
Haweloses met vuurwapen betrap
Twee hawelose mans sal Maandag in die landdroshof in Brixton verskyn nadat hulle met ‘n ongelisensieerde geweer betrap is.
Lonmin ontken nuwe loonaanbod
Die bestuur van Lonmin het Sondag gesê dat hulle nie ‘n nuwe loonaanbod aan stakende mynwerkers by Marikana gemaak het nie, ten spyte van bewerings deur die National Union of Mineworkers (NUM).
Muldersdrift-slagoffer sterf
André Jordaan, die 50-jarige man wat sewe keer in sy bolyf deur rowers by sy huis in Muldersdrift, buite Johannesburg, geskiet is, het Saterdagaand gesterf.
Joost en Amor begrawe glo die strydbyl
Oud-Springbok Joost van der Westhuizen en die sangeres Amor Vittone het vandeesweek glo ‘n “hoogs geheime vredesooreenkoms” aangegaan.
Pasiënte sterf weens dokters se gekrabbel
Dokters was nog nooit bekend vir hul sierskrif nie, maar ‘n mediese groep is nou só bekommerd oor ‘n onduidelike gekrabbel, dat hulle ‘n bewusmakingsveldtog begin het om seker te maak dit het nie noodlottige ongelukke tot gevolg nie.
Dominee op soek na drie kaal ruiters
Ds. Bertus van Niekerk, voorheen leraar van die Hervormde gemeente Carletonville, is op soek na drie vroue om kaalbas op sy partytjie te kom perdry.
Twee verongeluk op N3
Twee mans is Saterdag dood ná ‘n enkelvoertuig-botsing op die N3-snelweg in Westville, KwaZulu-Natal.
Soldate in Marikana ontplooi
Ten minste 1 000 soldate is Saterdagaand in Marikana ontplooi, het die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) gesê.