ʼn Voormalige polisiebeampte uit die apartheidsera het in die verhoor oor die afsterwe van Ahmed Timol in 1971 getuig hy onthou glad nie dat aangehoudenes by die berugte John Vorster Plein-polisiestasie in Johannesburg gemartel is nie.
Alles vir die sleutelwoord "Ahmed Timol"
‘Timol se beserings stem nie met ʼn val ooreen nie’
ʼn Spesialis-patoloog het Woensdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê die wyle anti-apartheidsaktivis, Ahmed Timol, het erge skedelbeserings opgedoen, waarskynlik voor sy afsterwe in Oktober 1971.
Pahad verwerp bewerings dat Timol sy eie lewe geneem het
Essop Pahad, voormalige minister in die presidensie, het Dinsdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy glo nie dat die anti-apartheidsaktivis, Ahmed Timol, sy eie lewe geneem het soos ʼn vorige verhoor bevind het nie.
Polisiedossiere oor anti-apartheidsaktivis se dood bekendgemaak
Timol is op 27 Oktober 1971 in polisieaanhouding by die destyds berugte John Vorster Plein polisiestasie dood. Alhoewel polisieverklarings beweer het hy het selfmoord gepleeg, het bewyse later aan die lig gekom wat getoon het Timol is erg deur polisiebeamptes gemartel en is in polisie-aanhouding dood.