Volgens die destydse verslag van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is Nxumalo in 1989 vermoor deur lede van die Chesterville A-Team tydens die politieke konflik tussen die UDF en ondersteuners van Inkatha.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "WVK"
Alex Boraine sterf in sy slaap
Die WVK was Boraine se geesteskind waarvan hy twee jaar lank as ondervoorsitter onder aartsbiskop Desmond Tutu gedien het.
Twee maal skuldig beteken nie gedeelde of halwe skuld nie
Is die oplossing nie dat ons álmal besef dat ons skuldig is nie? En dat ons in ons wedersydse omgang met mekaar moet ophou met die geskel op die ánder nie?
Balke, splinters en die heksejag op oud-polisiemanne
ʼn Onlangse hofuitspraak deur regter Billy Mothle dat die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol van die dak of uit ʼn vertrek van John Vorster-plein gestamp is, kan lei tot ʼn moontlike heksejag op verskeie polisie- of veiligheidsbeamptes wat tydens die apartheidsjare diens gelewer het.
Wat nou gemaak met die bevindinge oor Ahmed Timol se moord?
“Hou op om die struggle voor te stel as ʼn stryd tussen diegene met ʼn pikswart siel (die Timol-moordenaars) en die dapper stryders vir vryheid en demokrasie in ʼn regverdige oorlog. Daardie soort ding bestaan nie. Geweld tas álmal – die goeies én die slegtes – aan.”
Oos-Duitse regime se rol in ANC
Die dood van Margot Honecker (89), vrou van die Oos-Duitse diktator Erich Honecker, verlede Vrydag in Chili het veel aandag in Duitsland en Europa getrek. As toonaangewende regeringslid tot 1989 (sy was minister van onderwys) was sy kompromisloos kommunisties. Tot op haar sterfbed het sy die kommunisme, die diktatuur, die Muur en die doodskiet van vlugtelinge kliphard verdedig.
WVK: 20 jaar later
Die herdenking van die begin van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) se werksaamhede 20 jaar gelede het nie veel aandag in ons land getrek nie. In Die Burger het my goeie vriend Max du Preez taamlik te kere gegaan oor hoe lelik die meeste Afrikaners met die WVK was, maar verder was mense nogal verrassend stil.