Die Proteas laat nie sommer ʼn lopiejaagtog maklik lyk nie, maar hulle het sopas vir Afghanistan met vyf paaltjies in Ahmedabad geklop.
Lees meerAlles vir Vrydag 10 November 2023
Koperdiewe kom hul moses teë in Orania
“Ná verskeie voorvalle waar veral koperkabels van spilpunte op omliggende plase gesteel is, het OVD se spanne en vrywilligers ʼn hommeltuig, honde, nagsigtoerusting en voorafopgestelde kameras op plase rondom Orania ingespan.”
John Block op parool vrygelaat
“Mnr. Block was ʼn aktiewe gevangene en het aan ʼn rits korrektiewe programme deelgeneem. Hy het ook ʼn diploma in ondernemingsbestuur bekom.”
Kinkel in ‘Die brug’ bring Geo en Rob voor moeilike besluit
Hulle het voor ʼn keuse te staan gekom: R100 000 of hul eerlikheid.
Soektog na vermiste man eindig tragies
‘n 42-jarige man wat vermoedelik in Hercules, Pretoria ontvoer is, is dood aangetref in Standerton.
Vrou sterf tydens Reivilo-plaasaanval
Anita Clapton (68) is Vrydagoggend dood en haar man, Frik Clapton (77), ernstig beseer ná ʼn aanval op hul plaas buite Vryburg in die Reivilo-distrik, Noordwes.
Soektog van stapel gestuur om hondjie-held tuis te kry
Die buurtwag in die gebied sê Sussie is heeltemal verskrik en hardloop heeltyd weg wanneer mens na haar roep of haar probeer agtervolg.
Eskom verwag geen beurtkrag oor die naweek nie
Beurtkrag sal na verwagting vanaf Saterdagoggend om 05:00 tot Maandag om 16:00 opgeskort word.
Handwerk: Hekel ’n randjie
Met dié maklike stappe kan jy pragtige randafwerkings vir servette, kussingslope, handdoeke en teedoeke hekel.
Phala Phala: Drie nou in hof oor diefstal op plaas
Frolina Joseph, wat voorheen op die president se plaas gewerk het, en haar broer, Ndilinasho David Joseph, het albei aangedui dat hulle onskuldig gaan pleit op al die aanklagte teen hulle, sou die staat voortgaan met dié saak teen hulle.
Teksmark bied teelaarde vir teatermakers se idees
“Dit is nie net ʼn storie van iemand met ʼn gestremdheid nie, dit is ʼn regte lewe.”
ToekomsVenster: Daar’s ’n manier om te sê jy verskil
Sê jy verskil, dis jou goeie reg. Sê dit op so ʼn wyse dat die ander persoon nie stik na sy asem oor die gure wyse waarop hy, as medemens, behandel word nie.
Woord: molm
“Tuiniers bedek soms hulle plante met ʼn molm om dit te beskerm.” Taaltoffie ondersoek die betekenis van die woord, “molm”.
Proteas benodig 245 lopies teen Afghanistan
Gerald Coetzee het vier paaltjies teen Afghanistan laat spat, terwyl Quinton de Kock ses vangskote benut het.
Tshwane-staking finaal verby
Volgens die metro is alle werkers weer op hul pos.
Voortvlugtige 34 jaar ná moord gevonnis
Volgens die destydse verslag van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is Nxumalo in 1989 vermoor deur lede van die Chesterville A-Team tydens die politieke konflik tussen die UDF en ondersteuners van Inkatha.
Gʼn ‘skietstilstand’ in Gaza, maar onderbrekings sodat burgerlikes kan vlug
Duisende burgerlikes het die afgelope paar dae van die verwoesting in die noorde van Gaza gevlug. Mans, vroue en kinders het hul karige besittings vasgeklou terwyl hulle die oorlogsone probeer verlaat het.
Spit, skud, en dans vir ʼn goeie doel
Kom dans, kuier en skep hoop! Die Spit, skud en dans-fees saam met Ricus Nel is vir die hele gesin en gaan onvergeetlik wees. Bespreek nou jou kaartjies vir die lekker fees, 11 November te Tierpoort, Pretoria-Oos.
Minister: Onwettige mynbou bedreig ‘nasionale veiligheid’
“Die toename in onwettige mynboubedrywighede bedreig die land se nasionale veiligheid en ernstige ingryping is nodig.”
Tiere frons ná Donald talm-appèl kritiseer
“Allan Donald is ʼn lid van die bestuur en om in die openbaar oor ʼn spanbesluit kommentaar te lewer is ʼn oortreding van die gedragskode.”