Spit, skud, en dans vir ʼn goeie doel

 spit-skud-dans.jpgʼn Fees vir die hele gesin. Maak reg vir ʼn dag van lekker kuier en feesvier! Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ʼn Kind-projek bied jou vir die eerste keer in samewerking met HelpJag ʼn ongelooflike geleentheid. En hierdie een het iets vir almal in jou gesin!

Hierdie is nie net ʼn fees nie, maar ʼn fees waar jy lekker gaan kan smul. Geniet ʼn heerlike skaap op die spit, saam met ʼn verskeidenheid bykosse wat jou mond gaan laat water. Dit is ʼn geleentheid om die smake van Suid-Afrika te proe en jou maag so ʼn bietjie te bederf. ʼn Dag waar die hele gesin kan kom kuier.

Jy kan jy jou heupe skud en die ritme van ons plaaslike musiek voel. Kom geniet die vermaak van die plaaslike groep Vending Machine, en maak gereed om jou dansskoene aan te trek. Die dansvloer wag op jou! Met Ricus Nel en sy Boerepompie as vermaak, ʼn kontantkroeg om die dors te les en ʼn kinderkraal om die lammertjies besig te hou. Hier word meel gegooi en gedans. Daar sal ook ʼn laataand platejoggie wees wat vir ons musiek gaan maak.

ricus-nel-bemagtig-kind-projek.jpg

Ricus Nel (foto verskaf)

Is skaap nie jou smaak nie? Moet nie bekommerd wees nie! Daar sal ʼn verskeidenheid alternatiewe kosstalletjies wees om jou honger te stil.

Vir die kleinspan is daar ʼn lammerkraal vol pret en vermaak. Laat jou kinders ʼn wonderlike dag geniet met aktiwiteite soos skapies vashou, kettie skiet, skyfskiet, en selfs ʼn opwindende trekkerrit.

Waar en wanneer

Die geleentheid vind plaas Saterdag, 11 November 2023, vanaf 14:00 te @75 events Venue Tierpoort 75 Leribisi-straat, Pretoria-Oos, Tierpoort.

Gaan koop nou jou kaartjie

Jou kaartjie sluit bykosse en ʼn spit in asook ʼn spit-, skud- en dansglasie. Kaartjies is beskikbaar by https://itickets.co.za/events/474597 en vir kinders jonger as 12 jaar is toegang gratis.

Dans, kuier en skep hoop

Die fees gaan onvergeetlik wees, maar dit gaan nie net oor die pret wat ons gaan hê nie. Alle opbrengste van die dag word geskenk aan die Bemagtig ʼn Kind-projek, wat ons kinders se toekoms verseker. Elke bietjie maak ʼn verskil en jou deelname aan hierdie spesiale dag is ʼn daad van liefde en ondersteuning vir kinders in nood.

Trek dus jou dansskoene aan, maak jou gereed vir ʼn feesmaal en kom kuier saam met ons vir ʼn onvergeetlike dag van pret en om iets goeds te doen vir ʼn waardige doel. Sien jou daar!

Hoofborge van die funksie is Saai en Spektrum-gehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.