“Toe ek die skool verlaat het, het ek nie enige opvoeding oor belasting gehad nie.”
Lees meerAlles vir Woensdag 1 Augustus 2018
Prasa se veiligheidspermit opgeskort
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) word tans sonder ʼn geldige veiligheidspermit bedryf, het die Spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) Woensdag gesê.
Onteiening sonder vergoeding: ‘Ramaphosa kies ANC bo land’
Verskeie organisasies het reageer nadat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand aangekondig het dat die regerende party besluit het om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Krieket: Proteas kry ʼn stewige greep op die eendag-reeks
Suid-Afrika het hul tweede van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Dambulla met 4 paaltjies gewen (met nog 43 balle oor) en loop nou met 2-0 voor in die reeks.
Nie ʼn ‘gratis vir almal’ ná grondwetwysiging, sê ANC
Suid-Afrikaners sal nie wakker word met ʼn situasie van “gratis vir almal” ná ʼn wysiging aan artikel 25 van die Grondwet om die regering toe te laat om grond sonder vergoeding te onteien nie, het die ANC Woensdag gesê.
Polisie ondersoek Julius Malema oor AK47
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag bevestig hy stel ondersoek in ná ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied afgevuur is.
Beurtkrag hervat Woensdagaand
Eskom het gewaarsku dat Suid-Afrikaners Woensdagaand tydens spitstyd weer kragonderbrekings kan verwag. Die kragvoorsiener het gesê stakings by sy kragstasies het veroorsaak dat fase 2-beurtkrag ingestel moes word.
ToekomsVenster: Die beker is bitter
Wat is nou jou getuienis aangaande God en sy kinders se swaarkry in hierdie wêreld?
‘The Hoff’ trou weer
Die 66-jarige David Hasselhoff, oftewel The Hoff, het vir die derde keer ewig trou beloof.
Gewelddadige betogings in Zim terwyl op uitslag gewag word
Honderde woedende opposisie-ondersteuners het Woensdag na die verkiesingskommissie in Zimbabwe se kantoor opgeruk.
Nog ʼn transitorooftog gefnuik
Die geldwa het stompe in die pad gewaar en moes spoed verminder.
Velskenking kan brandslagoffers se lewens red
“Dink aan jou vel as ʼn Godgemaakte pleister of verband. Hierdie natuurlike pleister kry die helingproses ná ʼn brandwond aan die gang en daarsonder is die slagoffer se pad na gesondheid soveel langer, of gebeur dalk selfs nie eers nie.”
Die wêreld in foto’s – 1 Augustus 2018
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
100 leerders na hospitaal gehaas
33 van die leerders is teen middernag ontslaan.
WEN kaartjies na die ‘Stroomop’-première in Klerksdorp
Wen kaartjies na die avontuurfliek Stroomop se première Maandagaand, 6 Augustus, in Klerksdorp. Dis die ideale geleentheid vir jou en ʼn paar van jou vriendinne!
Gedig: Sononder, Gordonsbaai
Louis Esterhuizen se aangrypende gedig, “Sononder, Gordonsbaai”
Mishandel en verkrag, maar só inspireer sy ander
Rene Maree (26) is as tiener deur ʼn familielid verkrag. Ná jare se sessies by sielkundiges en talle mislukte pogings om haar eie lewe te neem het haar wêreld weer in duie gestort toe sy wéér verkrag is.
Twee dood ná rowers losbrand
ʼn Motoris en ʼn vragmotorbestuurder is Woensdag tydens ʼn gewaagde rooftog in Oos-Londen in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Jong man sterf ná voorval by kuierplek
Die masjiene wat Daniël Botha (26) aan die lewe gehou het, is Sondag afgeskakel en sy organe is geskenk. ʼn Man het hom intussen in verband met die voorval aan die polisie oorgegee.
Foto’s: Almal oorleef wonderbaarlik ná vliegtuig neerstort
Passasiers het gesê hulle het ’n harde geluid gehoor toe die vliegtuig se linkervlerk die grond tref en albei enjins van die vliegtuig losgeskeur het. Die vliegtuig kon genadiglik regop bly en die seilglybane is geaktiveer sodat passassiers die vliegtuig deur die nooddeure kon verlaat.