Timol-saak: Rodrigues moet besluit oor appèl

Joao “Jan” Rodrigues tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Joao “Jan” Rodrigues (80), die voormalige veiligheidspolisielid wat vervolg word in verband met die dood van die apartheidsaktivis Ahmed Timol, het twee weke om teen die hooggeregshof in Johannesburg se besluit te appelleer. Dít volg nadat dié hof Maandag Rodrigues se aansoek om sy vervolging permanent te staak, van die hand gewys het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die hof se beslissing dien as bewys dat ʼn aansoek van dié aard nie voor die hof gebring kan word bloot op grond van ouderdom en die sloer van ʼn saak nie.

Imtiaz Cajee, ʼn familielid van Timol, het na afloop van Maandag se verrigtinge gesê die hof se beslissing is nie net ʼn oorwinning vir die familie nie, maar ook vir al die ander aktiviste wat destyds in aanhouding gesterf het.

“Daar is ʼn duidelike boodskap wat die volbank [regters] vandag uitgestuur het en dit is dat die apartheidsera-oortreders nie meer die verskoning van vertraging kan gebruik nie,” het Cajee gesê.

Timol was 29 jaar oud toe hy in Oktober 1971 in Johannesburg in hegtenis geneem is. Hy is vyf dae later dood.

Rodrigues is die laaste persoon wat Timol lewend gesien het. Sy getuienis was die kern van die ondersoek in 1972 wat bevind het Timol het sy eie lewe geneem toe hy van die tiende verdieping van die John Vorster-pleingebou in Johannesburg gespring het.

Timol se familie het egter geweier om dié verduideliking vir sy dood te aanvaar en die uitspraak is in Oktober 2017 deur ʼn hof omgekeer ná ʼn lang veldtog deur sy familie. Daar is toe bevind dat hy vermoor is. Rodrigues is in Julie 2018 aangekla van die moord.

Volgens Mjonondwane sal die verdediging die hofbevel bestudeer en dan in die komende weke besluit of hulle gaan appelleer of nie. Die saak se vervolgingsdatum sal dan op grond van Rodrigues se besluit bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Oujongvrou ·

Nouja, net in SA nê. Sal baie graag wil sien hoe gaan die aanklaer bewys hy is vermoor na al die jare. Of gaan hulle ook sommer net n storie opmaak en die ou man skuldig vind. Nes ons nou al paar keer gesien het. Dink maar aan die sonneblom en doodskis sake.

HM ·

Baie dankie MAROELA vir julle harde werk. Nuus elke dsg. Maki saak as daar mou en dan n foutjie insluip nie. Dit is menslik. Waardeer julle baie awsome maroela.

marous ·

Dis baie jammer dat die man gespring het . Net so jammer soos mcbride se bomme wat nie in sy kar afgegaan het nie .

Judge Dredd ·

Rodrigues is die enigste erkende ooggetuie van wat daardie dag gebeur het – hy se Timol het self gespring.

Die staat se enigste bewere bewyse is – wonde wat Timol tydens marteling opgedoen het – wat irrelevant is of Timol gespring het of nie, die sou hy vooraf opgedoen het.
En die afstand wat Timol van die gebou geland het – blykbaar te ver vir iemand wat sou spring – nou ek weet nie van julle nie, maar ek twyfel of 1 of selfs 2 mense my verder sal kan gooi as wat ek self kan spring.

jakes ·

Wat gaan die hof doen? Gaan hulle hom 25 jaar tronk toe stuur? Die WVK het destyds honderde moordenars en bomplanters gevrywaar van vervolging. Rodriques moet n Shabie Sheik trek en maak of hy terminaal siek is. Watse bewyse kan in elk geval teen hom gebruik word? Soos gewoonlik is ons howe maar n grap.

JohanL ·

Twee dinge :-
1. Slegs een getuie en dit is die beskuldigde. Regter verwerp getuie/beskuldigde se weergawe en skep “eie weergawe” en aanvaar dit as die waarheid. Uiters kommerwekkend sou ek dink. Gedink in die regstelsel gaan dit oor feite, feite, feite?

2. Wonder wat dink Mnr Cajee oor al die ANC kaders wat ook in aanhouding gesterf het? Hy plaas groot klem op die anti-apartheids aktiviste wat in polisie aanhouding gesterf het en geregtigheid wat moet seevier. Ek dink egter familie van byvoorbeeld Thami Zulu (kader naam) soek ook geregtigheid en antwoorde oor sy dood in aanhouding in Lusaka. Baie stories doen die rondte dat hy vergiftig is. Maar Mnr Cajee soek net geregtigheid van een kant af? Vanaf ANC kant is daar nie eers vertragingstaktiek nie, maar sommer summier geen samewerking nie.

lh ·

Plaas hulle geld spandeer om plaas moordenaars reg deur die land, en bendes in die Kaap uit te sorteer . . . . hierdie is absoluut belaglik! ‘n hesejag op ‘n ou man van 80, hoe bloeddorstig kan jy raak?

Poot ·

45Jaar later keer ‘n “demokratiese hof” ‘n hof beslissing om met een getuie wat die beskuldigde is???? AMAZING hierdie demokrasie van ons.

Kediksie ·

Ek wonder net of ons ook so onvergeeflik gaan wees met plaasmoordenaars wanneer ons hierdie land weer terug neem?

Hans ·

Wat van die bomme wat voor 1994 op plaaspaaie geplant is en o a onskuldige kinders gedood-wat van geregtigheid vir hulle

Henk ·

Dan geld die argument nou mos vir Zuma ook. Verder te meer vra ek dan nou aan Solidariteit en Afriforum, waarom kan Zuma, Ramaphosa, en al die ander ANC en kie hooggeplaastes wat NIE voorleggings en vrywaring by die WVK gekry het nie, nie ook nou aangekla word nie. Let wel dst dit n kwessie was wat uitdruklik deur Tutu uitgewys was in sy verslag waar die sogenaamde ANC en terroriste organisasies se leiers ” gesamentlik” om vrywaring aansoek gedoen het sonder enige verduideliking. Waar is jy Gerrie Nel?

Theoman ·

En wat van die wat betrokke was by die Kerk Straat Bom? ons weet wie hulle was maar die het skotvry daarvan af gekom. Timol was n aktivis betrokke om die staat met geweld om vertewerp, maw ons was daai tyd in n staat van oorlog, of hy nou gespring het of uit gegooi is as jy moeilikheid soek om mense se lewens in gevaar te stel moet jy die gevolge dra.

jaco ·

Die ANC is in 1990 gewettig. Daarna het die onderhandelings tussen hulle en die regerende Nasionale Party VIER JAAR lank geduur. In daardie vier jaar kon tog mos maklik van ALLE bewyse van “wandade” uit die verlede ontslae geraak word. Waarom is dit nooit gedoen nie? Dit sou op die meeste 1 jaar se werk gewees het.

Christa ·

Die vermoorde se families het ook n sê in die veroordeelde se saak, maar as die bordjies verhang was het families geen sê nie. Hoeveel blankes word daagliks vermoor maar skuldiges Kom los sonder dat vermoorde se families enige sê het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.