Die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou het die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming vandag gewaarsku dat meer entstof teen dieresiektes, en spesifiek perdesiekte, verskaf moet word in belang van Suid-Afrika se landbousektor.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Oktober 2019
‘Kernelemente’ van Brexit-ooreenkoms glo gereed
Donald Tusk, president van die Europese Unie, het gesê kernelemente van die Brexit-skeidingsooreenkoms is onderhandel en bygevoeg dat alles duidelik sal word binne die volgende paar ure.
Verkiesing moontlik in Schweizer-Reneke
Inwoners van die Mamusa-munisipaliteit in Noordwes, wat Schweizer-Reneke, Amalia en Glaudina insluit, gaan moontlik eersdaags na die stembus nadat die LUR vir samewerkende regering in Noordwes, Gordan Kegakilwe, gevra het dat die huidige raad ontbind moet word.
Eskom, Gordhan gemaan om in te gryp oor beurtkrag
Die ACDP het Woensdag gesê Eskom en Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, moet ingryp om beurtkrag te voorkom.
Beurtkrag kos Wes-Kaap R150 miljoen per dag
David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, het Woensdag gesê fase 2-beurtkrag kos die provinsie se ekonomie ongeveer R150 miljoen per dag.
11 vas by toetssentrum in Marble Hall
Elf persone is Woensdag by ʼn privaat voertuigtoetssentrum in Marble Hall in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en dwarsboming van die gereg.
Minister wil #FeesMustFall-betogers help
Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het aan die portefeuljekomitee oor justisie gesê hy wil beskuldigdes van die #FeesMustFall-betogings bystaan.
ToekomsVenster: Ons mis die Gees
Dis die gemis aan die teenwoordigheid van die Heilige Gees, die kragtige aankondiging van die verlossingsboodskap en Woordverkondiging wat mense leeg huis toe stuur. Dis die dors na God.
Dros-verkragting: ‘Daar is ánder kant aan hom ook’
Trane het vryelik oor Ninow se wange gestroom terwyl sy ouma ter strafversagting getuig het. ʼn Polisievrou het aan hom ʼn snesie gegee om sy trane mee af te droog.
VBS: Geskorste munisipale bestuurders ontvang steeds salaris
“Daar is geen aanduiding wanneer munisipale bestuurders verantwoording vir hul misdrywe gaan doen nie.”
Man 4 weke ná fratsongeluk eindelik geopereer
Sy C7-nekwerwel het met die duik as’t ware ontplof en gedisintegreer.
AfriForum bied hulp aan polisie ná katgriep-epidemie
AfriForum wil ʼn behoortlike oudit van die gesondheids- en leefomstandighede by die SAPD-hondeskool in Roodeplaat in Pretoria-Noord laat doen ná die katgriep-epidemie.
Kolbe se toorkunsies teen Japanse ‘Ferraris’
Groot bohaai oor Japanse vleuels, maar Kolbe is weer gereed vir aksie.
Elvis Blue betree Top-20 met nuwe liedjie
Elvis Blue se liedjie “Beloofde land” betree dié week se Top-20 in die no. 18-posisie.
Solidariteit wil Etzebeth-saak in hof steun
Solidariteit het Woensdag in die gelykheidshof aansoek gedoen om as vriend van die hof toe te tree tot die Eben Etzebeth-saak.
Oos-Kaap rou ná moord op drie polisielede
Nie een van die drie was aan diens toe hulle aangeval is nie.
Hoëprofiel-bendesaak: Twee gevonnis
“Die vonnis wat die hof oplê, moet die streng veroordeling van geweld, veral met verwysing na bendegeweld, weerspieël.”
Limpopo veiligste provinsie landswyd, wys indeks
Limpopo het ook die beste gevaar in terme van behuising, met 92% van die provinsie se bevolking wat in formele behuising woon.
Luister in 3 minute: Ramaphosa beoog ‘goedkoper’ sake in SA
In die jongste 3 Minute, 3 Sake kyk Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, na Eskom wat onlangs die howe genader het vir bystand teen Nersa se prysbesluite; strenger regstelaksie-wette wat beoog word en pres. Cyril Ramaphosa se onlangse sprake oor sake wat vir klein en groot ondernemings makliker gemaak moet word.
Só kry hulle jong lesers aan’t lees
Vanaf November 2019 bied die ATKV en WOW, in samewerking met Lapa Uitgewers en privaat borge, aan boekwurms die geleentheid om kragte te meet met ʼn nuwe kompetisie in die vorm van ʼn leesaflos.