Dros-verkragting: ‘Daar is ánder kant aan hom ook’

Nicholas Ninow praat met sy ouma, Pauline Gericke (regs), tydens ‘n vorige hofverskyning.

Die veroordeelde kinderverkragter Nicholas Ninow se ouma, Pauline Gericke, het Woensdag getuig daar is ook ʼn ánder kant aan dié man wat as die Dros-verkragter bekend staan.

Trane het vryelik oor Ninow se wange gestroom terwyl Gericke ter strafversagting getuig het. ʼn Polisievrou het aan hom ʼn snesie gegee om sy trane mee af te droog. Gericke het Ninow as agtjarige seuntjie ingeneem en hom as haar eie grootgemaak. Sy ma was ook ʼn dwelmverslaafde.

Gericke het onder meer aan die hof gesê haar kleinseun se gedrag het handomkeer verander wanneer hy dwelms gebruik het en sy is tydens haar getuienis by tye deur emosie oorweldig.

“Ek wil hê die hof moet weet Nicholas is nie nét die Dros-verkragter nie. Daar is ʼn ander kant aan Nicholas, ʼn goeie kant.”

Ninow is reeds skuldig bevind aan verkragting, die besit van onwettige middels en dwarsboming van die gereg ná die voorval in ʼn Dros-restaurant in Pretoria verlede jaar.

Gericke het vandag getuig sy glo nie Ninow, na wie sy as haar seun verwys, moet ongestraf bly nie, maar dat daar wel faktore is wat ter strafversagting in ag geneem moet word. “Ek wéét hy is skuldig, maar daar is ʼn ander kant aan hom wat nié die Dros-verkragter is nie,” het sy volgehou.

Sy het getuig sy het alles probeer om Ninow te help om van sy verslawing ontslae te raak. “Ek wou aan hom ʼn toekoms gee, ʼn dwelmvrye toekoms, ʼn kans op ʼn léwe.”

Sy het gesê sy glo vas Ninow het berou oor sy optrede en dat sy die klein slagoffertjie en haar familie om verskoning wil vra. “Ek wil aan daardie ouers sê hoe jammer ek is en dat dit mý kind is wat dit aan hulle gedoen het.”

Ninow het vroeër vandag self ter strafversagting getuig. Hy het onder meer huilende ʼn gedig wat hy in die tronk aan sy sewejarige slagoffer geskryf het, uit die beskuldigdebank voorgelees. Ninow het ook sy ouma, wat na hom omgesien het, en sy babaseuntjie, wat gebore is terwyl hy in die tronk was, om verskoning gevra.

Hy het Woensdag deurlopend sy jarelange dwelmverslawing en drinkgewoontes die skuld vir sy optrede gegee en gesê hy sou nooit gedoen het wat hy gedoen het as hy nugter was nie.

Marina Genis, ʼn sielkundige, het vroeër vandag aan die hof gesê Ninow weet wat hy gedoen het, dat dit verkeerd was en dat hy insig getoon het in die lyding wat dit vir sy slagoffer veroorsaak het. Sy het ook aan regter Mokhine Mosopa gesê sy meen hy het berou oor sy dade.

Dete Kelder, ʼn proefbeampte, het ook getuig dat sy van mening is dat Ninow diepe berou oor sy optrede het. Sy glo egter dat lewenslange tronkstraf ʼn gepaste vonnis sal wees.

Kelder het aan die hof gesê berou is nié ʼn goed genoeg rede om van die minimum vonnis af te wyk nie. “Ek dink die verswarende omstandighede weeg swaarder as die omstandighede ter strafversagting.”

Die regter het die verrigtinge tot Donderdag verdaag nadat Gericke, die laaste getuie vir die dag, weer uiters emosioneel geraak het. Mosopa het gesê die klankopname van die hofverrigtinge kan nie onder dié omstandighede na behore gedoen word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Summie ·

Dit is reg, hy moet sy straf kry, dis verseker. Ek kan egter nie help om ‘n mate van simpatie teenoor hom te hê nie, seker omdat hy diepe berou het oor wat hy gedoen het, ek weet nie? Wat ek wel weet is dat daar vele ander kriminele is soos bv Henry ( wat sy ouers vermoor het) wat nooit enige berou getoon het nie, waar Nicholas dit wel toon, en hy het nie eers iemand vermoor nie. Ja ek weet,hy het ‘n kind verkrag, en dit is een vd ergste dinge wat ooit met ‘n kind kan gebeur, en hy moet boet daarvoor. Mag God hom genadig wees, en mag hy gerihabilteer word in die tronk en hopelik as ‘n beter en dwelmvrye mens daar uit stap eendag.

PJ ·

Stem saam. Wat hy gedoen het is absoluut walglik, maar niks is vir God overgeefbaar as iemand werklik berou toon en om vergifnis vra nie. Ek hoop regtig hierdie saak dien as voorbeeld vir enige jongmens wat met dwelms deurmekaar is. Los dit. Kry hulp want dit verwoes lewens. Nicholas.. God het jou lief en sal jou vergewe as jou berou waarlik is. Sterkte aan almal wat hierdeur geraak is veral die klein dogtertjie wat so onskuldig was.

Hartseer ·

Die man is skuldig en moet boet vir sy dade. Ek voel ook dat hy sielkundige hulp nodig het.

Maria ·

My hart breek wow ouma wat staan vir haar liefling klein kind. Waar die ouers wys net die gebroke wereld . Hy het hulp nodig en word gesond daar is hoop. Dankie ouma !

Stof ·

Maria, jy verstaan die hart van ‘n ouer en grootouer. Mag jou guns groot wees. En vertrou ook dat Anelize, by jou kan kom leer oor respek vir ouer mense.
Doet zo voort.

Annelize ·

Stof, ek het nie nodig om enige iets te leer nie. Ek het ‘n dogtertjie van 9. En die blote gedagte aan ‘n man wat haar verskeur net sy geslagsdele is verby siek. Ek weet nie hoe jy dit kan goedkeur nie. Ek as ouer van ‘n dogtertjie sal dit nie kan vergewe nie. So as jy dit goedkeur dan weet ek wat fout is met die wêreld.

Lyn ·

Annelize……hy het die dogtertjie nie ‘verskeur met sy geslagadeel nie’….hy het haar gepenetreer met sy vinger. Ek wens mense wat sulke dramatiese emosie-belaaide woorde gebruik volg die saak behoorlik voordat hulle kommentaar lewer.

Annelize ·

Op watse planeet voel ons jammer vir ‘n kinderverkragter???
Die enigste ding waaroor ons moet jammer wees is dat die doodstraf nie ‘n opsie is vir sy straf nie.
Dit is siek, man.

Doc ·

Stem saam. Hy verdien die MAKSIMUM straf. Maak n voorbeeld van hom . Verkragters hoort nie in samelewing.

SeNet ·

Annelize niemand, en ek glo niemand het gese of verwag dat hy vrygespreek word nie. Verkragtig is, soos enige ander kriminele aktiwiteit, onverskoonbaar en moet gestraf word. Vandag is dwelms vrylik in skole, op die hoeke van die strate, orals beskikbaar en indien jou dogtertjie nog nie daarmee te doen gehad het nie, ja selfs op 9jarige ouderdom, is dit net genade. Verslawing gebeur deur een pil, selfs lekkers wat aan onskuldige persoon gegee word. En die meeste is dit die vriendelikste persoon, en dit is die eerste wat ‘n verslaafde jou sal vertel, nie iemand om te wantrou nie, wat jou so “vang”. Dit is die moeilikste stryd om van ENIGE verslawing (drank, rook, seks, tegnologie, ontrouheid, en nog baie meer, te ontsnap.
So dink twee keer jou groen koring is nog op die land en as dit nou al so gaan wil ek nie weet hoe sal dit wees teen sy ‘n tiener is nie.
Genade en genade alleen, bid en bid en nog bid en die Bloed van Jesus oor hul pleit dit alleen kan help.
Sterkte ook met jou pad vorentoe met jou kinders want jy is nog jonk. Bemoedig en bid vir ouers en mense wat daardeur vasgevang word.
Onthou ook jy hoef hom nie te vergewe nie want dit is die Here se werk en hy het niemand se vergifnis nodig nie.

JOHAN ·

Geen simpatie met kinder verkragters nie. As jy simpatie teenoor hulle het kan jy net sowel jou kop laat lees. Rerig man.

Mariaan ·

Hy mag dalk jammer wees MAAR as dit my dogtertjie was…sorry..GEEN genade! As hy sou wegkom hiermee sou hy dit beslis weer gedoen het…verwyder hom….wel jammer vir die ouma

SêMaarNet ·

Baie se berou kom eers na hulle gevang is, en jare tronkstraf in die gesig staar.

Marilize ·

Dink nie mense kry hom as verkragter jammer nie – maar mense wat ook dwelmverslaafde kinders het/gehad het, sal beslis simpatie hê met sy geliefdes – wat ook sy ander kant ken.

Margaret ·

Ek voel geensins jammer vir hom nie. Vir hom om so iets walgliks te gedoen het was nie net a.g.v die dwelms nie..dit wys net hy is instaat tot so iets met of daar sonder. Vir sy slagoffer breuk my hart, daardie arme kind gaan met die nagmerrie herinnieringe moet saam leef. Hy het ñ deel van haar gevat wat sy nooit sal terug kry nie. Vir haar voel ek ongelooflik jammer.

Mannin ·

Ek wil dikwels en nou terwyl ek die berig gelees het, my jammerte uitspreek. Lewenslank is darem hectic vir n eerste maal molesteerder. Onthou, hy het nie geleentheid gehad om heelpad te gaan nie. Dan weet ek as dit my kind was, sou ek self die doodstraf oor hom uitgespreek het en gebid en gesmeek het om dit self te voltrek. Sterkte ouma. Hy is self weinig meer as n kind.

Kobus ·

Ja Boettie sien jy nou die smart wst jy jou Ouma azngedoen het. Die ou mens sal met die smart in haar graf ingaan.

Buffel ·

Moeg geryde verskoning, is verkragting van minderjariges ‘n alledaagse ” fout” ? Geen simpatie.

Sam ·

Dat hy die allervreeslikste daad teenoor ‘n dogtertjie begaan het, is hartsverskeurend, walgend, gruwelik. My hart gaan uit na die kind en haar ouers. Dis ‘n groot beproewing om te oorwin.

Die hartseer is dat die skuldige in ‘n gebroke huis grootgeword het. Ons jeug raak verlore in die samelewing van die tyd as hul nie beskut word nie. Hy het seker emosionele skade uit sy kinderjare uit.

Hoe sal die mensdom nog staande bly? Vir seker leef ons in die eindtye.

Marna ·

My simpatie lê als by die dogtertjie. Hy het sy lewe weggegooi deur die keuses wat hy gemaak het. Hy het aan n kind gedoen wat haar en haar ouers n hele leeftyd sal bybly.
En aan sy ouma en eie kind. Daai dogtertjie het nie n keuse gehad nie. Hy het n keuse gehad. Drank en dwelms is n keuse. Dit tas mens se oordeel aan en maak van jou n monster. Wens mense wil dit besef as hul so ligterlik praat oor dagga en drankmisbruik. Dis die euwel van meeste kwaad en wreedheid. Dink baie wrede geweldsmisdaad in die wereld het n komponent van dwelms in.
Ons het ophou alkohol gebruik na my seun twee jaar lank in n fasiliteit gerehabiliteer is van die dwelm tik. Hy is vandag skoon en n mooi voorbeeld vir almal. Hy werk nou baie hard en tree uiters verantwoordelik op. Nie meer die gerookte kind wat ons uit ons huis uit verban het toe ons dit nie meer kon uithou nie. So dankbaar dat hy nie in daardie tyd iets gedoen het wat sy lewe permanent verwoes het nie.

Cobus ·

Simpatie, voel hy kan sy jare uit dien. Maar hy toon werklik simpatie eñ die wat se gee hom die doodstraf ens moet bietjie meer emosionele intelligensie aanskaf. Ons veral (Suid-Afrikaaners)mense beoordeel heeltemal te vinning sonder dat ons die hele omvang van n situasie ken.

Simpatie ·

Ek is ook gemolesteer… Ek het albei my ouers op eendag verloor. Ek was 15 jaar oud. Die persoon wat vir hulle dood verantwoordelik was het ek gehad. Die dag toe ek hoor by is dood was die beste dag ooit. … Toe maak ek 30 jaar later ñ fout in my lewe wat geen geld of mens kan reg maak nie…. Ek sê nie wat hy gedoen het is reg nie… Maar julle wat so oordeel…. oppas dat julle wat so volmaak is dat julle nie ñ fout in julle lewe maak wat geen geld of mens kan reg maak nie.

Stefan ·

God gee opdragte oor vergifnis, maar hy sê ook duidelik wat met die moet gebeur wat ‘n kind laat struikel.

Hy is ‘n bobaas manipuleerder, deur sy gediggie, trane en dreigement van selfmoord, indien hy lewenslange tronkstraf kry.

Hy het ‘n klein dogtertjie lewenslank verwoes.
‘n Dogtertjie wat lewenslank in alle fasette van haar lewe ‘n opdraande styd gaan voer.

Ek het simpatie vir ouers en groot ouers wie se kinders en kleinkinders dwelmafhanklik is, maar ek het onuitspreeklike simpatie vir klein dogtertjies wat deur monsters verkrag is.

Kastreer hom, sluit hom toe en gooi die sleutel in die diepsee.

Piet parys ·

So hyt ñ moeilike lewe gehad en meeste daarvan deur sy eie stupid geit . Hyt nooit uit sy foute geleer . Toe mors hy ñ ander kind se lewe op .Dit is tyd dat mense verantwoordelikheid vat vir hulle dade en nie altyd verskonings aanbied as versagting nie. .

Chris Ws ·

Sy goeie kant gaan saam met sy satans kant tronk toe.Dis hoe dit werk.Hoop sy goeie kant oorwin sy satans kant terwyl hy sy straf uitdien

Koos ·

Dit is walglik ja…maar…mense sien asb die impak wat die gevolge kan wees van ‘n afwesige goeie manlike rolmodel. Hierdie seun is gebreek en verward oor wat dit beteken om regtig ‘n man te wees. Ons as mans moet betrokke raak by die opbou vam hierdie seuns se selfbeeld.

Jacques ·

Hallo Marna
Kan ek die besonderhede kry van die rehab asb.

Jax ·

Nee wat. Daai dogtertjie se lewe is vir altyd verwoes! Geen “Ek is jammer” Sal dit ooit kan beter maak nie!
Van wanneer af voel ons jammer vir mense wat kinders opdinges?! Dit is siek! Die man hoort nie in die samelewing nie!!!
Ek voel jammer vir sy ouma, regtig jammer dat haar kleinkind nie na haar goeie teregwysing wou luister nie. Hy het gekies om in sy ma se voetspore te volg en dwelms te gebruik. Sy ouma het haar bes gedoen; hy het self besluit om dit in die wind te gooi en n dwelmverslaafde te word – dis n keuse wat hy gemaak het – nou moet hy maar “man up” en met die gevolge van sy dwase besluit te leef!

bakkies ·

Nee wat, lewenslank vir hom. Kan na 25 jaar uitkom op parool. Behoort voldoende tyd te wees om sy verslawingsprobleem en sielkundige issues aan te spreek in die beskermende omgewing van die tronk. Verder beskerm ons onskuldige kleuters darem ten minste vir 25 jaar van die kloue van ‘n monster.

Dina ·

Ja, dit wat hy gedoen het is verkeerd. Maar dit is die vrug van n boom wat verkeerd bewerk is. N ma wat hom verwerp het, wat self dwelms gebruik het en hom bekendgestel het aan dwelms moet die skuld dra vir sy dade. Ook die feit dat hy self as kind gemolesteer is. Alles bydraende faktore tot die vrug van vernietiging. Die voorbeeld wat aan hom gestel is is wat hy geleef het. Die mense wat so oordeel moet pasop dat daar nie eendag met dieselfde maat oor hulle geoordeel sal word nie.

Antionette ·

Geweldig baie jongmense word in soortgelyke of erger omstandighede groot… en die keuse bly by jou as mens om bo jou omstandighede uit te stuig. Ek oordeel nie maar wat ek wel kan se is dat mense hul omstandighede te maklik die skuld wil gee vir hoe hulle as mens is. Tog le daai besluit by jou jy gaan of jouself jammer kry en als wat in jou lewe verkeerd loop iemand of iets daarvoor blameer behalwe jouself, of jy gaan elke dag opstaan met jou omstandighede en besef dat iewers daar buite is daar altyd iemand wat swaarder as jy kry en die beste maak van wat vir jou uitgedeel is. Jy het altyd n keuse…

susan ·

Die man se ma moet aangekla word maar ongelukkig Hoort hy agter tralies.

Lood Kurkprop ·

Ongelukkig sal daar altyd negatiewe dinge uitkom in die meerderheid gesinne wat sonder n vader-figuur grootgemaak word.

A-nee-a ·

Vir ‘n ma om kinders sonder ‘n pa groot te maak, kos elke greintjie energie. Maar dis moontlik – moet net niks nonsens vat nie, gee baie liefde en standvastigheid. En bly op jou knieë, al lyk alles donker!

A Mac ·

Ek lees altyd die verkragters, moordenaars en ander oortreders se redes en verskonings vir hul dade dan kan ek net my kop skud. As elke liewe mens wat swaar groot geword het sulke dinge gedoen het kon mens nog simpatie gehad het. Waarom kan ander wat net so swaar of dalk moeiliker kinderjare gehad het uitstyg en hul omstandighede agterlaat? Hierdie man het uit en uit sy eie lewenskeuses gemaak en ek het geen, maar geen simpatie met hom nie. En die mense wat so “Ag shame, hier is redes hoekom dinge gebeur het en moet die arme man nie so straf nie” hoop net nie julle dogters en kleindogters kom dieselfde oor as die slagoffer. As daar vinniger opgetree word (sonder verskonings) teen mense wat sulke dade doen sal die gemeenskap dalk net kennis neem en sal daar hopelik ‘n kind of meer veiliger wees.

Dina ·

Ja, dit wat hy gedoen het is verkeerd en wreed. Maar hy is die vrug van n boom wat verkeerd gegroei het. As kind self gemolesteer. N ma wat hom verwerp het en self dwels gebruik het. Die voorbeeld wat aan hom gestel is is wat hy geleef het. Mag die wat oordeel nie eendag met dieselfde maat geoordeel word nie.

S ·

Ek verstaan nie wat het die “dwelm gebruik” enige iets te doen met wat hy gedoen het nie? My verloofde was ook ‘n dwelm verslaafde gewees en hy het nooit enige iets aan ons kinders gedoen nie. Dis vir my belaglik dat hy dwelms as ‘n verskoning gebruik. Sies tog..
Hy moet verantwoordelikheid vat vir wat hy gedoen het. Hy weet presies wat hy gedoen het toe hy die keuse gemaak het om dit te doen!!!!

Suzie ·

Die keuses wat jy maak is jou eie besluit, hoeveel keer was hy al vir rehab. Nou is dit lekker om sy omstandighede hoe hy groot geword het voor te hou as verskoning. Hoe kan julle die Trauma wat daai dogtertjie beleef het goed praat, hoe weet julle of sy verskeur is deur sy verkragting, Mannin jou kommentaar oor amper verkrag hoe weet jy, was jy daar, Die dogtertjie sal dit nooit vergeet nie. Hy het meer kanse gehad as die dogtertjie en van julle praat dit goed. Niemand is sonder sonde nie maar om ‘n ou kleintjie te verkrag is so goed soos moord.

Loutjie ·

Annelize. Wie is jy om nie te vergewe nie? Hoe durf jy dan vra vir vergifnis? Wat die kind gedoen het is angswekked. Maar nie een van ons is die Regter nie. Ek glo ook nie een van ons weet wat nog vir ons voorle in die bose wereld wat ons kinders betree nie. Bly maar in gebed en hoop my kinders kom nooit met dwelms deurmekaar nie. Arme Ouma wat ook die seerkry moet dra.

Andriëtte ·

Mag iemand wat op die afdraande pad van dwelms is, hierdie lees en leer uit Nicolas se foute uit. En dat dit ‘n wake-up call sal wees voor jy jou volgende dwelm wil neem. Ek hoop dat hierdie tragiese voorval sal verhoed dat dit met iemand anders gebeur. Sterkte aan die blom-kind-dogtertjie wat hierdie trauma moet verwerk. Mag jy vrede vind in Jesus se liefde.

Grootoog ·

Hy moet onthou alles wat jy doen bring jy oor jouself dis n keuse om dwelms te gebruik,te moor,te VERKRAG dieselfde met drank en vir wat n CRAVING! Die dogtertjie moet nou SUFFER! deur verkeerde keuses hoe regverdig mens dit?

Melt Olckers ·

Een ding wat gereeld in die Kerk hoor is dat dit ouers se plig is om ‘n boompie regop te laat groei as hy nog klein is. ‘n Groot boom kan nie reguit gemaak word nie. Ouers moet meer verantwoordelikheid neem oor hulle kinders en nie verwag dat die kerk en skool dit doen nie.
My een vraag is; waar was die welsyn in sy kinderdae? Alhoewel die ouma alles probeer het wat sy kon is dit duidelik dat die ma nie ‘n verantwoordelike mens is nie.

Se maar net ·

Almal se nou dis die ma se skuld en waar was die pa en en en…….. Maar kom ons begin by die ouma, As die ouma se kind so erg was en nou het hy ook so erg uit gedraai? Het die ouma nie dalk dan ook verkeerde manier van iemand grootmaak nie? Sy weet wat hy gedoen het is verkeerd maar sy wil wragtig dit op n manier goedpraat? Nee wat regtig ek dink sy was en is glad nie die regte mens gewees om in die eerste plek n kind te gehad het nie asook dan die kleinkind groot maak nie. Hy het n skollie uit gedraai en sy ma was een. Hulle moet hulle eie dade dra en nie ander mense of ander dinge daarvoor blameer nie. Jammer noem ook maar net.

emily ·

Ouers maak die kinders reg groot, Maar dit is daai kind se keuse of hy/sy op die regte pad gaan bly. Ons blameer te veel, drank, dwelms en mishandeling vir wat ons verkeerd doen.
Jy Het n keuse. Kry hulp maar nee dis mos makliker om misdaad te pleeg en skuld op alles te sit.

Lily ·

Emily, jy kon dit nie beter gestel het nie. Sê self baie daardie woorde.

Lizelda ·

Beter kon ek dit nie stel nie Emily. Maak nie saak HOE jy na n situasie kyk nie, dit begin by n keuse wat jy maak. Maar meer wil ek nie se nie anders se mense weer ek maak “snedige” aanmerkings.

Sunelia ·

geen simpatie – hy het ‘n dogtertjie se lewe verwoes fisies en emosioneel. sy trane gaan haar niks help nie. my hart breek vir sy ouma maar hy moet sy straf kry.

Heksie ·

Onder die invloed van dwelms of nie, hy bly ‘n verkragter. Sy ouma, sy baba seun en ander familie moet nou ly onder hom ..

Koos ·

Ja, daar is ‘n ander kant. Dit was eers sy voorkant , maar nou gaan dit sy agterkant wees!

A Mac ·

Gister op die nuus is daar gesê dat die sielkundige wat vir strafversagting getuig nie haar naam genoem wil hê nie. Nou wonder ek hoekom nie? Is sy bang dat haar getuienis vir hierdie man dalk ‘n invloed op haar praktyk sou hê indien pasiënte wat hierdie man verdoem en sy daad walglik en afgryslik vind iemand anders sal soek om hulle te help?

Fransie Rowles ·

Nope, jy het nie vir n oomblik aan daai klein mensie gedink nie!! Walglik om simpatie te soek, nadat jy n dogtertjie se hele kinderlewe weggevat het.
Waar is die regstelsel? Doodstraf dit is wat jy verdien.

lanie ·

Doc ek stem 100% met jou saam. Geen verskoning hoe groot kan verander aan wat hy aan die kind gedoen het nie. Gooi hom in die tronk en laat daar met sy gal gewerk word. Sien of hy dan nog drank en dwelms die skuld sal gee. Jammer vir sy ouma ek is ook n ouma.

TN ·

Nee wat ___ God het hom net as instrument gebruik om die dogtertjie en haar familie se geloof te toets en hulle te louter van hulle sondes . Dit is God se weë en hy kan sy kinders versoek en toets nes hy wil .

Anoniem ·

TN, ek glo vir geen oomblik dat God die verkragting bedoel het nie. God is goed. Hoe kan Hy so booslike daad beplan? Dis die satan wat Nicholis op hierdie pad gesit het. Ek het al baie male beleef hoe God wel iets goed uit slegte situasies kan laat voortkom. Nicholis kan dalk tot geloof kom en die dwelms laat staan, of iemand wat negatief geraak is deur die situasie se geloof kan versterk word omdat mens hulp en krag by God soek as die negatiwiteit van die wereld jou wil oorweldig. Selfs ek wat die rolspelers van geen kant af ken nie, kry ook seer/swaar om net maar daarvan te lees, en dit laat my wens dat die eindtyd GOU moet aanbreek. Dis waaragtig moeilik om in hierdie gebroke wereld te leef.

Gaitsigubib ·

TN jy sal met jou skywe mense so ver weg dryf van God af dat hul vir altyd verlore sal wees. As jy my een vers kan wys waar die Christen se God van liefde iemand gestuur het om n kind te verkrag gee ek jou al my besittings. Waar kom jy tog nou aan sulke twak? Ek het n idee jy is sarkasties met hierdie skrywe. As ek dit reg het is jy kwaai ongelowig. Genade tog, het jy dalk n anti christelike agenda?

Lee ·

Niemand van ons het die reg om te oordeel nie , die besluit is in God se hande .
Ek bid vandag vir julle almal ..
Wat hy gedoen het was verkeerd , maar moet ons regtig mekaar so slegmaak ???

Wat?? ·

nee wat, hy het daardie dogtertjie se HELE lewe verwoes! Sy gaan NOOOIT OOIT weer dieselfde mens wees nie. So hy verdien LEWENSLANGE tronkstraf! Verseker!

Alex ·

Jy reken sy hele lewe was nie verwoes na hy gemolesteer was as kind nie?

Keelvol ·

Om drank en dwelms as versagting te gebruik, walg my! Dit moet as verswarend gesien word.

Stefan ·

Die is een van die probleme met die vloedgolf van misdaad in Suid Afrika.
Misdaad word geregverdig of “vertroetel” deur altyd die verlede of omstandighede te blameer vir misdaad en jou eie optrede.

Almal van ons staan elke dag van lewe voor keuses, waarvoor elkeen vir sy eie keuse persoonlik verantwoordelik moet neem.

Die jong man het vroeg in sy lewe keuses geneem en daarmee volhard. Selfs na sy gruwelike misdaad het hy nogsteeds dwelms in die tronk gebruik.

Daar is net een medisyne om hom (die verwoester van ‘n jong kind se totale lewe) tot verantwoordding kan roep…. “Tuv love”

Die Grotman ·

Sneusdoeke? Het hy ooit die dogter sneusdoeke aangebied om haar traantjies en bloedbevlekte boudjies af te vee? Nee! nee! Trane help niks in die tjoekie is wel hulp vaderliefde!

Slegte Ma ·

Sluit sy ma ook toe…. sy hoort nie in die samelewing nie!!!!!!!!

Miss Julia ·

Verskoon my maar al se hy wat hy gee nog steeds die dwelms skuld vir wat gebeur het nerens se hy ek het dit gedoen nie nee dus die dwelms se skuld sorry ek het n dogter van vyftien en die Vader weet ek kan nie vir my indink dat iemand my kind moet forseer om dinge te doen nie. my hart gaan uit na die ouma en ek bid dat die Here haar moet krag gee en haar moet beskerm.

Marissa ·

Tragies. Hier het ‘n jong man sy lewe weggegooi omrede hy met dwelms en drank deurmekaar was. Wys jou net hoe maklik jy jou eie lewe en die van ander kan verwoes in ‘n oomblik van waansin…. Ja, wat hy gedoen het is VERKEERD. Hy sal sy straf kry.

Maar ek het ook simpatie met BEIDE hom sowel as die slagoffer, en sal bid dat hy sal nadink oor sy dade, en hopelik eendag kan rehabiliteer, en dat daardie arme klein dogtertjie die trauma kan verwerk en aangaan om ‘n gelukkige kinderlewe te hê soos dit hoort.

Mense, ons mag nie oordeel nie. Kom ons bid eerder vir diegene wat struikel asook die wat daardeur seerkry.

Petro ·

As ouer voel ek jammer vir die ouma, maar kry hom glad nie jammer nie.
Hy het ‘n onskuldige dogtertjie aan iets blootgestel wat sy as volwassene eers moes ondervind en daarvoor moet hy boet “Geen versagting vir ‘n verkragter”

ProotGraat ·

Punte vir Ninow. Net so paartjies, maar darem. Sy pak sal hy nou moet vat.

Irma ·

Nou kan ons kyk watse vonnisse ander verkragters opgelê word. Verkragting bly wat dit is en die skade is in alle gevalle blywend.

Roelf Berg ·

Die man moet sy straf aanvaar vir sy daad. MAAR hoekom die oordonderende media dekking.? Is dit ondat hy wit is. Mens hoor redelik gereeld van baba’s wat verkrag word, met miskien n arrestasie MAAR nooit word die hof verrigtinge so uit basyn nie – is dit omdat n anderkleurige die beskuldigde is. Mens hoor nie van die skuldigbevinding of vonnis nie. HOEKOM NOU IN DIE GEVAL – BEWYS MY VERKEERD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.