Man 4 weke ná fratsongeluk eindelik geopereer

Johan Botha ná vandeesweek se operasie. (Foto: Verskaf)

Johan Botha (39) van Centurion is vandeesweek ná ʼn uitmergelende wagperiode van vier weke eindelik geopereer nadat hy verlede maand sy ruggraat ernstig beseer het toe hy kop eerste in ʼn openbare swembad met troebel water by ʼn vakansieoord buite Pretoria geduik het.

Caroline Hanekom, Botha se suster, het Woensdag aan Maroela Media gesê haar broer is Maandagoggend vir sowat twee uur lank in ’n teatersaal van die Kalafong-hospitaal in die weste van Pretoria voorberei voordat hy ʼn operasie van ses en ʼn half uur ondergaan het.

Hanekom verduidelik dat Botha tydens dié operasie aan die voorkant van sy nek oopgesny is sodat ʼn dokter aan die agterkant van sy nek kon werk. Sy slukderm is hiervoor tydens die operasie “geskuif”. Hy het ook sedert die operasie ʼn dreineringspyp in sy keel.

“Hy het verskriklik seer. Hy kan skaars praat.”

Johan Botha kort ná die ongeluk. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig Botha het die bodem van die swembad met sy kop getref toe hy op 14 September saam met sy vrou, kinders en ander familielede vir die naweek by die oord uitgespan het.

Sy C7-nekwerwel het met die duikslag as’t ware ontplof en gedisintegreer. Sy C5-nekwerwel is ook beseer.

Botha moes ná die ongeluk in ondraaglike pyn sy beurt in die hospitaal afwag totdat hy eindelik geopereer kon word.

Hanekom verduidelik dat dit in dié stadium nog te vroeg is om vas te stel of die operasie suksesvol verloop het. Voorlopig moet Botha homself stil hou totdat die swelling gesak en ʼn skandering van sy nek gedoen kan word. Hy sal minstens nog twee tot drie weke in die hospitaal moet aansterk.

“Dit was vir hom ʼn verligting om eindelik teater toe te gaan maar hy sukkel nou weer aangesien hy in verskriklike pyn is en stil moet lê. Dit sal beter gaan as hy net weer by die huis is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jorrie Jordaan ·

Ja Kalafong hospitaal spreek boekdele!!!!!!!!! Ek kan getuig vvan di hospitaal. As jy daar in die ongevalle le , n dokter stap by jou verby en se jy sal gelukkig wees as jy in 2 weke teater toe gaan. Dan wil jy doodmaak!!!!!!!!

Judge Dredd ·

…….ek kan nie glo dat daar nog mense in water induik sonder om weet hoe diep of wat onder die water is…..

VanAfrika ·

Wat maak dit saak as JudgeDredd uitgesproke is. Wat hy sê is die waarheid. Ons is van kleins af geleer jy duik nie sommer van enige plek af in enige water in nie. My kinders het swemlesse gevat by n baie vooranstaande destydse Transvaal kampioen. Sy het nie toegelaat dat haar swemmers duik tensy sy so gesê nie en behoede enige een wat duik sonder haar toestemming.

Judge Dredd ·

Ja Patel – dan kry hy nog media dekking ook. Ek sou eerder wegkruip, my kop in skaamte hang.

Hendrik van George ·

Stem. Nie die eerste of die laaste keer dat dit gaan gebeur nie…. Gaan die verstand te bowe.

Heksie ·

Ek stem saam! ‘n Mens duik nie sommer net in ‘n swembad of dam in as jy nie weet hoe diep dit is nie! Dis uiters nalatig en plein dom! Eks baie jammer vir hom en is dankbaar dat hy leef… Maar ek hoop mense lees nou hierdie storie en leer daaruit!

Dit pla my dat hy sonder sy nekstut le. Hy MOET sy nekstut nou permanent vir omtrent 6 weke dra, selfs al le hy stil op sy bed. Hy kan per ongeluk sy nek draai in sy slaap en dan is daar groot probleme. Strerkte aan Johan en sy familie.

HPV ·

Nou wil die regering deur middel van NGV alle gesondheidsorg aftrek na die vlak van dienslewering.

toy ·

Ek het my kinders van kleins af geleer, jy klim eers in en kyk hoe diep dit is, moenie net induik nie.

Karen ·

En selfs dan hou jy jou arms voor jou kop uit, net ingeval….. dis hoe ek my kinders leer, ten minste. Al het jy hoeveel keer in dieselfde swembad op dieselfde plek geduik

jannie ·

En dit mense is on voorland . Jy gaan in rye sit en wag en wag om gehelp te word En nou word daar gepraat dat die surplus wat ons opgebou het in die mediese fondse ook GEVAT gaan word

Ampie ·

By Sabie provinsiale hospitaal lê n man wat by Ackermans uitgeval het ook al 17 dae met n gebreekte heup. Niemand van Ackermans of die gebou eienaar was al naby hom nie. Hy het op die gladde teëls net buite die winkel gebly en geval. Hy moet glo drie weke in die hospitaal lê, dan word hy oorgeplaas Themba hospitaal toe waar hy moet wag vir n opening op die teater lys. Kom NGV. Laat ons sien hoe die !ense op strepe dood. Hulle bou mos nou orals “staatsklinieke” want die munisipaliteit se klinieke is nie goed genoeg vir NGV nie. Weer te veel belastingbetalersgeld wat rondlê.

Sandra ·

Ampie, dan het dit niks met Ackermans te doen nie, maar wel winkelsentrum se bestuur.

Bamsie ·

Dalk het die man n fout gemaak, maar geen mens behoort 4 weke te wag vir n lewensnoodsaaklike operasie. Arme man. Ek hoop sy spinale koord is nie beseer. Dit gaan ons almal se voorland wees(weke te wag) , buiten die ministers. Ek wens ek kon imigreer maar is te oud en arm.

Andrea ·

Baie sterkte Johan. Dis n helse operasie daai. Ek’t baie simpatie met jou. Mag die pyn gou beter word, dan gaan jy vinnig beter voel. Beste wense

Db ·

Met hierdie regering en die nuwe medies gaan daar nog baie gepoog word vir die genadedood. Ek sal nie na een van hulle hospitale toe gaan dat die kaders wat nie eers op ‘n lyk ordentlike werk kan doen aan my moet werk nie. Laat parrapot die eerste proefkonyn word as een van die massas dan praat ons weer. Hy moet net ‘n masker opsit dat hulle hom nie herken nie dan is hierdie medies doodgedruk

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek ondersteun NGV….solank GEEN president, minister, hooggeplaasde of enige van hulle naasbestaandes toegelaat word om Singapoer toe te vlieg vir “mediese sorg” nie!! Regeringsamptenary is nie spesiaal nie……….hulle behoort van dieselfde dienste gebruik te maak wat hulle vir hulle ondersteuners gee, met die belasting wat dieselfde ondersteuners verskaf. Komaan, ministers en misisters….ry die bus, vat die trein, sit in ‘n taxi, stuur jou kind na publieke skool toe, kom sit in die ry by Kalafong hospitaal, kom bly tussen jou ondersteuners in ‘n gewone huis, ry deur die slaggate met jou eie kar, kom die ruik die riool wat in die strate af vloei!!

Humbug ·

Ons buurman Se 75 jarige ma le Al 3 weke in traksie met n gebreekte heup ook by kalafong. Skande!!! Wag Vir haar operasie. Dis realiteit van wat kom met national health

JohanL ·

Baie sterkte Johan met jou herstel. ALMAL van ons maak foute – myne verskil dalk net van joune.

Dat jy so lank moeg wag vir ‘n operasie waar jy in ‘n ernstige toestand was, is ‘n skande. As dit die rigtingwyser is van hoe die NGV gaan wees, behoede my. Hoekom, vra ek, hoekom wil die ANC alles opfoeter tot dit nie meer werk nie?

Madison ·

My man is so jaar en half terug daar oorlede na ‘n beroerte en die diens was pateties. Oor die naweek was daar nie een keer ‘n dokter by hom nie en ons moes hom selfs bad terwyl die verpleegsters vir ons sit en kyk. Dit is baie traumaties gewees toe hy sterf in sulke omstandighede waar duiwe van buite af invlieg en die pasiente se kos uit hul borde oppik

Sandy ·

Laat ek niks se oor induik in ‘n swembad sonder om die diepte van die water te bepaal nie, want ek is nie foutloos nie. Vir enige mens om so lank in pyn te le en wag op ‘n operasie is horriebaal. Dis hoe mense gehoek raak op sterk pyn medikasie, oor die nonsens. Mense, julle moet op julle se president se “nuwe droom stad” wag, en dan daar huisvesting soek. Want volgens hom gaan dit almal se probleme oplos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.