11 vas by toetssentrum in Marble Hall

Elf persone is Woensdag by ʼn privaat voertuigtoetssentrum in Marble Hall in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en dwarsboming van die gereg.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het na bewering die besonderhede van niksvermoedende individue gebruik om padwaardigheidsertifikate uit te reik vir talle voertuie wat nooit getoets is nie. Die Valke se eenheid wat ernstige misdade ondersoek en die Padbestuurskorporasie (RTMC) was saam met die polisie by die operasie betrokke.

“Toe die span by die toetssentrum opgedag het, was van die beamptes besig om bewyse te vernietig en te verbrand. Van die dokumente is in hul privaat motors op die perseel opgespoor,” het Maluleke verduidelik.

“Die eienaar, bestuurder, eksaminatore en ʼn administrasieklerk is van die persone wat in hegtenis geneem is. Daar is beslag gelê op dokumente, rekenaars en selfone.”

Die 11 persone sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Marble Hall verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AARTO ·

Is dit nie deel van die wortel van die kwaad rakende padongelukke en voertuigdiefstal nie? Voeg daarby gekoopte bestuurderlisensies.

Varkie ·

Ja die stop van gekoopte lisensies en vervalste toetse gaan oornag die probleme op ons paaie oplos ????

Ria Visser ·

N man wat by ons gewerk het, het n bestuurs lisensie gehad, maar ek sou nie eers my kruiwa vir hom gegee het nie. R3000 was vir glad nie teveel vir n lisensie nie.

Leon ·

Dan wonder die mense hoekom is daar soveel dood op die pad. Die taxis en vragmotors en busse word op Marble Hall geregistreer. Nou gaan die ANC weer geld verloor noudat ‘n bron afgesny is. Die ANC gaan nou stemme verloor want hulle stemmers kan nou nie meer hulle voertuie registreer nie.

Groot Koos ·

Die probleem is nie net die man wat by julle werk nie maar dit gaan so in alle gemeenskappe hoe ryker hoe meer invloed! Dis waar geld wat stom is maak reg wat krom is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.