ToekomsVenster: Moenie nou momentum verloor nie

volharding-uithou-aanhou-wen-draf-duin-sand

Foto: @jeremy_justin/Unsplash.com

Wees vasberade om ten alle koste te volhard, immers, jy het sover gekom.

Om aan jouself erkenning te verleen is nie noodwendig arrogant en onvanpas nie. Somtyds het ʼn mens nodig om ʼn bietjie afstand van jouself te kry en raak te sien hoever jy gekom het. Natuurlik was dit die bemagtiging wat God deur sy Gees gegee het wat jou sover gedra het. Tog was dit jy wat die geloofstree gegee het. Wees daaroor diep dankbaar en nederig opgewonde.

Moenie nou momentum verloor nie. Hou jou oë op die bal. Neem so aan die wedren deel dat jy die prys kry, leer Paulus ons. As God jou nog ʼn jaar gun wees beslis dat jy gaan volhard en gaan suksesvol wees. Kyk terug en sien hoever jy al gekom het.

Die opdraande lyk somtyds onbereikbaar styl. Kyk dan vir ʼn oomblik terug en sien waar jy vandaan kom. Dit sal jou motiveer om met nuwe ywer en oorgawe vorentoe te beur, jou oë gerig op Jesus, die begin en die voleinder van die geloof. Die Bybel sê terwille van die prys, ons en ons ewige verlossing, het Hy die kruis verduur en nie teruggedeins nie.

Die lied sê “Bly volhard soos atlete”.

Filippense 3:14 – Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

2 Timoteus 4:7 – Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.

1 Kor. 9:26-27 – Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.