Opposisiepartye eis antwoorde oor die kommunikasieminister se reis, glo om haar huweliksherdenking saam met haar man te vier, waarvoor belastingbetalers na bewering moes opdok.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "minister"
Weinig veranderings aan ‘hersiene’ ministeriële handboek
“Ministers het steeds toegang tot eersteklasvlugte, vyfsterhotelle en persoonlike kokke.”
Oudminister probeer glo Eskom-ondersoek stuit
Oudmin. Bongani Bongo het glo die werking van ʼn parlementêre ondersoek na ongerymdhede by Eskom probeer beduiwel.
Pleidooi aan Ramaphosa oor vuurwapenwetgewing
“Soos met die e-tol-fiasko – waar burgers bloot geweier het om te betaal – kan ons in ʼn situasie beland waar wettige vuurwapeneienaars ook op dié punt kom. Help ons om dié situasie te vermy.”
Minister koper van wêreld se duurste skildery
Christie’s, die veilinghuis wat verlede maand die duurste skildery ter wêreld vir $450,3 miljoen (R6,5 miljard) verkoop het, het die koper se identiteit bekend gemaak.
Minister gekap oor voorstel vir grondbesitbeperkings
AfriSake en Agri SA het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, se voorstel om grondbesitbeperkings in te stel as “politieke oëverblindery” en “onwerkbaar” beskryf.
Zuma probeer aanspreeklikheid vermy, sê DA
President Jacob Zuma poog om aanspreeklikheid te vermy in sy antwoord rakende die R246 miljoen se opgraderings aan sy Nkandla-woning, sê die DA.
De Kock hof toe oor parool-besluit
Eugene de Kock se regsverteenwoordiger het ‘n hofaansoek gebring oor die minister van justisie en korrektiewe dienste se weiering om De Kock op parool vry te laat, berig die SABC.
Saak oor Motsoeneng-aanstelling kom
Die DA se hofaansoek om Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as die SAUK se bedryfshoof ter syde te stel, is nie dringend nie en moet nie toegestaan word nie, voer die SAUK in hofdokumente aan.
SAUK verwerp OB se bevindinge oor Motsoeneng
Hlaudi Motsoeneng, die nuutaangestelde bedryfshoof van die SAUK, moet nie gestraf word vir ʼn leuen wat hy 19 jaar gelede vertel het nie, voer die openbare uitsaaier in hofdokumente aan.
OB dagvaar minister oor Motsoeneng
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedagvaar om voor haar te verskyn as deel van haar ondersoek na die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.
Sanral-voorsitter bedank
Tembakazi Mnyaka, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het met onmiddellike effek bedank, het die departement van vervoer aangekondig.
E-tol-vervolging vir eers gestaak
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan gehoor gee aan Dipuo Peters, minister van vervoer, se versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers gestaak word.
Plaasmoorde en -aanvalle ‘gaan hoog op agenda wees’
Die Vryheidsfront Plus sê die minister van polisie, Nkhosinati Nkhleko, het onderneem om plaasaanvalle en -moorde ‘hoog op die agenda te plaas’ van strategieë vir misdaadbekamping in Suid-Afrika.
Minister wil e-tol-vervolging eers briek
Dipuo Peters, minister van vervoer, het versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers op ys geplaas word.
Numsa sê dalk gou oor hersiene aanbod
Numsa sê hy is besig om met sy lede te vergader oor ‘n hersiene aanbod van werkgewers in die staal- en ingenieursbedryf.
Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gaan ‘n formele voorlegging aan die minister van kommunikasie maak dat joernaliste lisensies moet hê om te praktiseer, berig The New Age.
DA bekommerd oor De Kock-besluit
Die DA het sy kommer uitgespreek oor die proses en regverdigheid rakende die besluit om nie vir Eugene de Kock op parool vry te laat nie.
Oud-minister van waterwese oorlede
Braam Raubenheimer, ‘n voormalige minister in die kabinet van John Vorster, is oorlede, het sy vrou Donderdag gesê.
Eugene de Kock nie op parool vrygelaat
Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het aangekondig dat Eugene de Kock nie op parool vrygelaat gaan word nie.