Solidariteit het vandag die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (Seifsa) se finale loonaanbod verwelkom.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 Julie 2014
Foto’s: Prins George se eerste verjaarsdag
Prins George van Engeland vier Dinsdag sy eerste verjaarsdag en sy ouers het ʼn boodskap van waardering vir al die goeie wense met nuwe foto’s van George vrygestel.
Nkandla-ondersoek duur voort
Die presidensie het Dinsdag gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die president se privaatwoning by Nkandla duur voort.
Foto’s en video: Skokgranate op EFF-lede gevuur
Die polisie het Dinsdag met ʼn skokgranaat op lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) losgebrand toe hulle die gebou van die provinsiale wetgewer in Johannesburg wou betree.
Ooreenkoms oor Telkom-afleggings ʼn hofbevel gemaak
Die arbeidshof in Johannesburg het vandag die ooreenkoms wat verlede week tussen Solidariteit en Telkom bereik is, ’n hofbevel gemaak.
Goeie nuus: Tiener weer veilig tuis
Dominique Cage, die 13-jarige meisie van Alberton aan die Oos-Rand, is veilig nadat sy op 28 Junie vir die laaste keer deur haar ouers gesien is.
Video: Tabakmaatskappy moet weduwee $23,56 miljard betaal
ʼn Hof in Florida, Amerika het skadevergoeding van $23,6 miljard aan ʼn weduwee toegestaan ná haar longkankerlyerman se dood 18 jaar gelede.
Hof bekyk weer PTA-tiener se wrede moord
Die Pretoria-Noord-landdroshof het gelas dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word ná die gru-moord op Anika Smit, die 17-jarige skoolmeisie van Pretoria wie se hande afgesny is nadat sy in 2010 verkrag en vermoor is, het Beeld Dinsdag berig.
Suid-Afrika stuur afvaardiging na Israel oor Gasa-konflik
Pres. Jacob Zuma gaan ‘n spesiale afvaardiging na Israel en die Palestynse gebiede stuur. Sedert die vyandelikhede 15 dae gelede begin het, het bykans 600 mense reeds omgekom.
MH17-rampslagoffers se oorskot op pad na Nederland
Die eerste vlug met liggame van die Maleisiese passasiersvliegtuig wat oor Oekraïne afgeskiet is, word reeds Woensdag in Nederland verwag.
NWU-studente hou optog in Potchefstroom
Studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus hou eerskomende Donderdag 24 Julie ‘n optog om ʼn memorandum met eise aan Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, te oorhandig.
Ses mans vas vir tiener se moord
Ses mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn tienerseun Maandag by ʼn kroeg in die Oos-Kaap.
EFF ruk op na Gauteng-wetgewer oor rooi oorpakke
Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid by die Gautengse wetgewer in Johannesburg se middestad nadat ʼn groot groep ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) daarheen opgeruk het.
Amplats wil Rustenburg-myne verkoop
Anglo American Platinum (Amplats) het Maandag aangekondig hy is van plan om van sy myne in Noordwes en Limpopo te verkoop.
Romanties- Ryan Walt en Deon van der Merwe
In 1976 het die Romeense panfluitspeler Gheorghe Zamfir bekendheid in Suid-Afrika verwerf toe hy ‘n treffer met Summer love gehad het. Dit was die eerste…
Man se liggaam in stormwatersloot gevind
ʼn Man se liggaam is Dinsdag in ʼn stormwatersloot in Kaapstad opgespoor.
Noodsaaklike mediese toerusting gaar stof op
Die departement van gesondheid sal ondersoek by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat instel nadat noodsaaklike mediese toerusting en verbruikersgoedere in ʼn stoorkamer by die hospitaal gevind is.
Nuuskommentaar: Transnet-pensioenarisse en plaasmoorde
Herman Toerien oorweeg die goeie nuus oor plaasmoorde en die slegte nuus oor die Transnet-pensioenarisse.
Vierde Pretoria-selfoonwinkel binne een maand beroof
Vier selfoonwinkels is die afgelope vier weke in gewilde winkelsentrums dwarsoor Pretoria beroof.
Video: Barmhartige samaritaan stap ver vir navorsing
Oud-president Nelson Mandela en Joost van der Westhuizen is albei op Mandeladag vereer deur ‘n man wat gaan geld insamel vir navorsing oor motorneuronsiekte.