‘n Vrou en drie kinders is Saterdag dood aangetref in ‘n agterkamer in Galeshewe in Kimberley in die Noord-Kaap.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Augustus 2014
Foto’s: Optog vir Palestina in Kaapstad gehou
Duisende mense het Saterdag ‘n optog na die parlement in Kaapstad gehou om hul steun aan Palestina te wys.
Gasa: Skietstilstand eindig; lugaanvalle gaan voort
Minstens vier mense is Saterdagoggend in die Gasastrook dood nadat Israel lugaanvalle voortgesit het na die verstryking van ‘n skietstilstand.
Man, seun (8) sterf in in N1-ongeluk
‘n Man en ‘n agtjarige seun is dood nadat die motor waarin hulle gery het omgeslaan en verskeie kere gerol het op die N1 buite Kroonstad in die Vrystaat.
Boer in Limpopo vermoor
Piet van Wyk (55) is op sy plaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen in Limpopo vermoor.
‘Kry jy nie skaam nie?’ vra Oscar se tannie vir Nel
Oscar Pistorius se tannie het Vrydag tydens sy moordverhoor in die hooggeregshof in Pretoria glo aan adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, gevra of hy nie skaam kry nie, het Beeld Saterdag berig.
Nog aardskuddings in SA verwag
Seismoloë sê nog aardskuddings sal na verwagting die volgende paar dae oor die land voorkom, berig die Saturday Star.
Agt sterf in Mpumalanga-botsing
Agt mense is dood nadat ‘n motor en ‘n ligte afleweringsvragmotor Saterdag tussen Dwarsdorp en Thulamahashe in Mpumalanga gebots het.
Metrobeampte vas oor omkoopgeld
‘n Johannesburgse metropolisiebeampte is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ‘n vroulike motoris geëis het nadat hy haar in Fourways, noord van Johannesburg, van die pad af getrek het.
‘Vroueregte het verbeter’ bevind meningsopname
Meer as 20% van Suid-Afrikaanse vroue glo steeds “hulle plek is in die huis”, volgens ‘n Ipsos-meningsopname wat Vrydag bekend gemaak is.
Só gaan e-tolpaneel te werk
Die paneel wat aangestel is om die impak van e-tol in Gauteng te ondersoek, sal later die maand voorleggings van verskeie belangegroepe aanhoor.
Saak oor Motsoeneng-aanstelling kom
Die DA se hofaansoek om Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as die SAUK se bedryfshoof ter syde te stel, is nie dringend nie en moet nie toegestaan word nie, voer die SAUK in hofdokumente aan.
Oscar Pistorius bedank “geliefdes”
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Vrydagmiddag nadat slotbetoë in sy moordverhoor gelewer is, sy “geliefdes” op Twitter bedank.
Gedagte vir die dag: Werk in my, Gees van God
Esegiël 37:9-10: Toe sê die Here vir my: “Praat nou as profeet met die gees, tree op as profeet, mens, sê vir die gees: So…