Foto’s: Optog vir Palestina in Kaapstad gehou

@NC4P_/Twitter

@NC4P_/Twitter

Duisende mense het Saterdag ‘n optog na die parlement in Kaapstad gehou om hul steun aan Palestina te wys.

Die reuse skare het gesing en plakkate in die lug gehou en eis dat die geweld in die Gazastrook beëindig moet word.

“Ons skat dat daar meer as 30 000 mense is wat aan die optog deelneem, maar dit kan soveel as 50 000 wees,” het Richard Bosman, hoof van veiligheid en sekuriteit in die Kaapse munisipaliteit, aan Sapa gesê.

Die optog is deur die National Coalition for Palestine (NC4P) gereël. Die koalisie bestaan uit meer as 30 godsdiensorganisasies, burgerlike instellings, vakbonde en politieke partye.

NC4P het vroeër die week in ‘n verklaring “beslissende optrede van die Suid-Afrikaanse regering geëis teen die Israeliese aanvalle, moorde, verplasing en die vernietiging van die Gazastrook”.

Die koalisie het ook ‘n beroep gedoen vir ‘n internasionale ondersoek na die optrede van die Israelse weermag in die Palestynse-gebiede.

Volgens berigte is meer as 1 900 mense reeds dood sedert Israel verlede maand met Operasie Beskermingsvoordeel begin het in ‘n poging om Hamas se infrastruktuur te vernietig.

Die Verenigde Nasies sê nagenoeg 1 350 van die oorledenes was burgerlikes, insluitend honderde vroue en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Sal dit nie WONDERLIK wees indien ons Blankes ook so ‘n optog kan reel ten opsigte van die uitwissing van die Blankebevolking/boere.

Grassie

Solank Hamas aanhou om vuurpyle in Israel in te skiet en onder hul grondgebied in te tonnel gaan die Israeliete bly terugskiet. Al die mense wat aan daardie optog deelgeneem het weet dit, dus is die hele optog onder valse voorwendsels gehou. Hulle het heeltemaal ‘n ander agenda, nl. die totale uitwissing van Israel. Hulle het dieselfde voornemens met die Christendom. Dink maar aan die duisende Christene wat die afgelope paar dae in die noorde van Irak verjaag en uitgemoor is. Niemand betoog daaroor nie.