Gaza: Skietstilstand eindig; lugaanvalle gaan voort

United Nations OCHA occupied Palestinian territory/Facebook

United Nations OCHA occupied Palestinian territory/Facebook

Minstens vier mense is Saterdagoggend in die Gazastrook dood nadat Israel lugaanvalle voortgesit het na die verstryking van ‘n skietstilstand.

Volgens inwoners het die lugaanvalle kort na middernag begin en is moskees in Rafah en Khan Youis in die suide van die Gazastrook geteiken. Minstens 10 Palestyne is beseer.

Israel se aanvalle kom nadat militante groepe glo Vrydag voor die verstryking van die skietstilstand, talle vuurpyle na Israel afgevuur het.

Egipte het as bemiddelaar die skietstilstand van 72 uur bewerkstellig. Amerika en die Verenigde Nasies het intussen ‘n beroep op Gaza en Israel gedoen om na die onderhandelingstafel terug te keer.

Israel hou vol dat daar nie weer ‘n skietstilstand sal wees terwyl Gaza aanhou om vuurpyle af te vuur nie. Gaza sê die skietstilstand is verbreek aangesien daar nie aan hul eise voldoen is nie.

Volgens berigte is nagenoeg 1 900 mense reeds in die geweld dood en meer as 10 000 beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

peet van den berg ·

Daar is feitefoute en moedswillige eensydigheid in hierdie Sapa berig.
1. Gaza is nie “occupied” nie. Israel het jare gelede al uit Gaza onttrek.
2. Israel het nie die aanvalle voortgesit na die verstryking van die skietstilstand nie. Hulle het hulle self verdedig na die skietstilstand deur Hamas eensydig VERBREEK IS.

En moenie slaap nie: 20000 mense het in die Kaap marsjeer ter ondersteuning van n terroriste organisasie wat Palestyne fusilleer as hulle nie “human shields” wil wees nie. Hamas se bedreiging is op ons voordeur.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.