Mediese dokumente ondersteun glo nie die bewerings van ʼn Vrystaatse student van beserings wat hy opgedoen het toe hy glo deur twee medestudente aangerand is nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 31 Julie 2014
Zuma-verbyvlug het meer as R200 000 gekos
ʼn SAL-vliegtuig se verbyvlug tydens pres. Jacob Zuma se inhuldiging by die Uniegebou in Pretoria vanjaar het belastingbetalers meer as R200 000 uit die sak gejaag.
Man beseer toe kettingsaag op hom val
ʼn 27-jarige man van Newcastle in KwaZulu-Natal is Donderdag ernstig beseer toe ʼn kettingsaag op sy been geval het.
Vier beseer toe honde hulle aanval
Vier mense, insluitend ʼn koerantverspreider, is Woensdagmiddag beseer toe honde hulle in Heidelberg in Gauteng aangeval het.
Tweede wildtuin-olifant vir sy tande gestroop
Die Kruger-wildtuin het Donderdag gesê ʼn tweede olifant is in die Pafuri-streek van die wildtuin vir sy tande gestroop.
Obama dalk weens magsmisbruik vervolg
Pres. Barack Obama kan moontlik vir magsmisbruik vervolg word, nadat ‘n kommissie van die Huis van Afgevaardigdes bevind het Obama het die implementering van ‘n deel van Obamacare uitgestel sonder om die kongres te raadpleeg.
Kameelperd vrek ná noodlottige kopstamp op PTA-snelweg
ʼn Kameelperd is Donderdagmiddag dood toe sy kop ʼn brug op die N1-snelweg in Pretoria getref het terwyl hy op ʼn oop wa vervoer is.
Tuks-springdood: Lektor verloor ouers, broer aan selfmoord
Die dosent wat Woensdag glo na sy dood gespring het by die Universiteit van Pretoria, het sy ouers, broer en tannie deur selfmoord aan die dood afgestaan.
Beste vriend een dag later óók in botsing beseer
Twee beste vriende van Centurion in Gauteng is binne een dag ná mekaar in afsonderlike motorfietsongelukke beseer.
Video: Dogtertjie baie onsteld oor boetie moet grootword
Die vyfjarige Katie is baie ontsteld wanneer sy uitvind dat haar bababoetie eendag moet grootword.
DJ Ossewa-sanger in restaurant beroof
Een van die lede van die grapgroep DJ Ossewa, is Woensdagaand saam met vriende en ander gaste in ʼn besige restaurant in Melville, Johannesburg, deur sewe gewapende mans beroof.
Gaan my kind nog in Afrikaans kan swot?
Waar sommige universiteitsrade en -besture nog probeer of probeer het om Afrikaans as onderrigtaal te beskerm, word hulle gekniehalter deur druk van die ANC-regering om die nasionale demografie in hul studentegetalle te weerspieël, terwyl onderwysamptenary ook geen geheim daarvan gemaak het dat Afrikaans, wat van hulle ook met rassisme assosieer, se sogenaamde bevoorregte status afgebreek moet word nie, skryf Alet Rademeyer.
Bylmoordenaar het glo selfmoordneigings
Mario Allers (42), wat op parool vrygelaat is nadat hy drie mense in 1999 met ʼn byl vermoor het, het Donderdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn in verband met die onlangse moord op sy vrou.
Oorwinning vir Transnet-pensioenarisse
Twee pensioenarisse het Donderdag verlof gekry om ‘n R80 miljard-klasaksie teen Transnet en sy pensioenfondse in te stel.
Namakwaland se kleurpalet
“Daar is nie ‘n perfekte plek waar jy moet stop nie. Jy is die kunstenaar of fotograaf in jou eie ateljee en die natuur is jou verhoog,” skryf Marianne Styan oor die blomme in Namakwaland. Loer gerus na die pragtige fotogalery onderaan die berig!
Skokvideo van kettingbotsing tussen motorfietse, voertuie
Drie motorfietsryers het onlangs ʼn noue ontkoming gehad tydens ʼn kettingbotsing op die pad na Hartbeespoortdam naby Pretoria in Gauteng.
Israel roep nog 16 000 troepe op
Israel het nog 16 000 troepe vir sy offensief teen Hamas in die Gasastrook opgeroep.
Oekraïne kondig een dag skietstilstand aan
Oekraïne het ‘n daglange eensydige skietstilstand teen die pro-Russiese rebelle in die land afgekondig.
Oudhoë van Skerpioene probeer glo vervolging saboteer
Adv. Jeff Ledwaba, ‘n voormalige adjunkhoof van die Skerpioene, het glo R10 000 in ‘n staatsadvokaat, wat hom vervolg, se bankrekening inbetaal in ‘n poging om die vervolging te saboteer, berig Beeld.
Resep: Korslose souttert
Baie maklike en vinnige resep vir ‘n korslose souttert!