ʼn Omvangryke kunsprojek wat berge en bergreekse tydens die Groot Trek uitbeeld het pas in Pretoria begin.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Die Groot Trek"
Gerrit Pitout: Lewenstaak vir topkunstenaar
Benewens sy vaardighede met die kwas is Gerrit ook ʼn uitmuntende fotograaf wat nostalgies na die 35 mm-filmdae hunker.
Geloftedag – Die vrou tydens die Groot Trek
Die vrou het ’n deurslaggewende rol in die worsteljare van landverhuising van 1835 tot ongeveer 1845 gespeel – van die besluit om te trek, die maande lange voorbereiding, die oorlewingstryd op die trekpad.
Die Liebenbergmoord en die Vaalrivierslag
Die vraag is hoekom so ʼn betreklik onbekende en oënskynlik onbelangrike gebeurtenis ná byna twee eeue vandag nog van belang kan wees, veral aangesien die presiese datum en die aantal sterfgevalle steeds nie bo alle twyfel vasgestel kan word nie? Prof. Hans du Plessis verduidelik.
ʼn Brief aan Julius: Oor grond en plek
Ons het nie as Afrikaners hier aangekom nie. Ons het hier Afrikaners geword. Ons naam en taal is vernoem na Afrikagrond – Afrikaner en Afrikaans. Afrika is in ons bloed en ons bloed is in Afrika, skryf Dirk Hermann.
Waar is ons plek en hoe kom ons daar?
Te midde van ʼn wêreldwye konserwatiewe swaai na regs, weg van globalisering en polities korrekte gedweep, bied die uitsprake van Julius Malema, Tlou Molele en die optrede van die ANC-owerheid opnuut aan Afrikaners die geleentheid om te vra: Waar is ons plek en hoe kom ons daar?
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Die Groot Trek romans
Theresa Papenfus is van mening dat jy gerus ook van Hans du Plessis se eie boeke op jou Afrikaanse moet-lees- lysie kan sit.
Resensie: Inboekeling: lekkerleesstorie én stof tot nadenke
Hans du Plessis se jongste roman, Inboekeling, is ‘n lekkerleesstorie én bied stof tot nadenke, skryf Susan Lombaard.
Boek: Louis Tregardt se dagboek 1836 – 1838
Tregardt skryf onbeskroomd en pittig oor sy geselskap se swakhede en durf, hul gewoontes, persoonlikhede en streke. Sommige, soos die kwaai weduwee Scheepers, en Tregardt se geliefde Martha, vergeet mens nooit. Die dagboek bevat ook van die oudste en aangrypendste liefdesliteratuur in Afrikaans.
Op die spore van Retief: Die storie agter die Groot Trek Viertrek
Die gedenkboek vertel met woord en beeld die storie agter die storie van die Viertrek Groot Trek.
“Trekkers” goed op dreef
Die groep hedendaagse Voortrekkers wat 175 jaar ná die geskiedkundige Groot Trek met viertrekvoertuie in Piet Retief se spore volg, is goed op dreef en nou anderkant die Drakensberg.
Video: ‘Trekkers’ volg in Piet Retief se voetspore
175 jaar na die geskiedkundige Groot Trek wil ‘n groep hedendaagse Voortrekkers nou dieselfde roete as die trekleier Piet Retief van die Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal volg.
Die Groot Trek op die verhoog
“Trek” beeld die daaglikse hartseer en vreugdes van die Groot Trek uit deur die oë van vier vroue wat die Trek meegemaak het.
Video: Langste stokbrood vier Groot Trek
Stokbrood is ‘n Voortrekkertradisie wat vandag nog groot aftrek kry.
Waar kom die Groot Trek-inligting vandaan wat ons gebruik?
Waar kom al die inligting vandaan wat ons gebruik?
Lank lewe die geskiedenis
Herleef die geskiedenis van die Groot Trek deur daagliks feitelik korrekte dagboekinskrywings te lees!
Video: Trekker-legendes trek nou op Facebook
Maroela Media laat nou die Groot Trek-geskiedenis op Facebook herleef.
Video: Verslag oor Retief uit Mgungundlovu
Soos belowe, het Maroela Media ‘n joernalis na Mgungundlovu gestuur om verslag te doen oor Piet Retief se onderhandelinge oor grond met Dingane.