Die wendorp sal R1 miljoen se kontant, lugtyd ter waarde van R1 miljoen in die vorm van ’n advertensie, en ’n fees of musiekkonsert wen.
Lees meerAlles vir Sondag 5 Maart 2023
Een en twee vir Red Bull in Bahrein
Fernando Alonso was ʼn derduiwel agter die stuur van sy Aston Martin en die 41-jarige Spanjaard het die wedren in die derde plek afgesluit.
Meiringspoort, Calitzdorp-warmbron gesluit
Oudtshoorn-munisipaliteit het Sondag bevestig dat Meiringspoort gesluit is weens swaar reën in die gebied.
Groot Trek-kinderheld inspireer nog twee eeue later
Die FAK het Hoërskool en Laerskool Dirkie Uys besoek en self ervaar hoe die 15-jarige Dirkie Uys se verhaal vandag steeds inspireer.
Drie op ʼn streep vir Daniil
Daniil Medvedev is weer op sy beste en hy het nou ATP-titels in Rotterdam, Doha en Dubai ingeoes.
Vakbonde wil Frankryk tot stilstand dwing oor pensioenplanne
Die polisie verwag dat tussen 1,1 miljoen en 1,4 miljoen die strate gaan invaar.
Is jy een van dié boekwurms?
Hier is ʼn paar dinge wat boekwurms doen wat nie noodwendig vir ander mense sin maak nie.
Orkas aan SA kus verstom wetenskaplikes
Talle ontweide haaie het op ʼn strand in Suid-Afrika uitgespoel en die kollig geplaas op twee haaijagter-moordvisse wie se gedrag wetenskaplikes en natuurlewe-entoesiaste verstom.
Eskom sê oor beurtkrag vir die week
Die kragvoorsiener het Sondag die beurtkrag-vooruitsig vir die week bekendgemaak.
‘Ek is nou net ʼn gewone student’
“As ek die tyd kon terugdraai, sou ek presies dieselfde gedoen het,” vertel Beàtha Groenewald ʼn week nadat sy as sekretaresse van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusstudenteraad (KSR) bedank het.
Geskiedkundige ooreenkoms onderteken om oop see te beskerm
Aktiviste loof dit as ʼn deurbraak vir die beskerming van biodiversiteit ná meer as 15 jaar se gesprekke.
Mark Pilgrim oorlede
Die bekende radiopersoonlikheid Mark Pilgrim is Sondagoggend oorlede.
Plaaslike kunstenaar deel sy stryd met ‘Céline Dion se siekte’
“Die belangrikste is om by die regte neuroloog uit te kom. Ek vertel my verhaal om ander te help.”
Dag vir Aangebore Defekte word wêreldwye beweging
Ernstige defekte kom jaarliks by 3% tot 6% van alle geboortes wêreldwyd voor. Dit veroorsaak die dood van een uit elke tien pasgebore babas en van byna ’n halfmiljoen kinders onder die ouderdom van vyf.
Nog betogings oor Griekse treinramp
“Wat gebeur het was nie ʼn ongeluk nie, dit was ʼn misdaad.”
FAK Jeugsimfonieorkes se eerste konsert op die horison
“Die FAK streef na uitnemendheid, terwyl ons diep in ons geskiedenis en kultuur gewortel is. Hierdie orkes pas so mooi daarby in, want die kinders speel nie net moderne musiek nie, maar meer uitdagende stukke, waaroor hulle ook baie opgewonde is.”
Medelye stroom in oor LUR Tate Makgoe se afsterwe
“Hy sal onthou word vir sy skerp sin van humor en as ʼn ywerige deelnemer in debatte in die wetgewer, asook sy respek vir dekorum in die wetgewer.”
SA, Lesotho wil saamwerk oor probleme op die grens
“Kriminele kan nie toegelaat word om sonder gevolge verwoesting te saai tussen Lesotho en Suid-Afrika nie.”
Cholera: Watersituasie in SA ʼn ‘tikkende tydbom’
ʼn Groot deel van die bevolking maak dikwels van waterbronne soos damme en riviere gebruik om in te bad en kos te maak, wat die risiko’s van siektes soos cholera verhoog.
DA sê Ramaphosa spandeer meer aan kaders as Zuma
“Nog meer skokkend as die indiensneming van al dié onproduktiewe kaders, is die feit dat dié inligting nog nooit vantevore onthul is nie en dat daar geen parlementêre oorsig is oor die uitgawes nie.”