‘Ek is nou net ʼn gewone student’

Beàtha Groenewald is Dinsdag uit haar amp verwyder. (Foto: Facebook)

“Ek is nou net ʼn gewone student.”

Só vertel Beàtha Groenewald ʼn week nadat sy as sekretaresse van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusstudenteraad (KSR) bedank het. Groenewald is tans besig met haar honneursjaar in toerisme aan die NWU.

Sy het verlede week haar bedanking ingedien ná ʼn tweede mosie van wantroue teen haar.

“Ek was emosioneel geruk toe ek hoor daar is weer ʼn mosie van wantroue teen my. Ek wou nie weer teruggaan nie en het nie kans gesien vir die voortgesette boeliegedrag nie. Daarom het ek besluit om eerder te bedank,” sê Groenewald.

Sy is op 13 Februarie van haar pligte onthef nadat sy glo vir dorpskoshuise aan die Potchefstroom-kampus, wat na bewering “te wit is”, in die bresse getree het.

Kort ná haar skorsing het AfriForum Jeug, wat Groenewald ondersteun in dié verband, ingetree en ʼn prokureursbrief aan die uitvoerende direkteur van studentelewe gestuur.

Sy is verlede Donderdag, tien dae nadat ʼn mosie van wantroue teen haar geslaag het, weer in haar posisie herstel, waarna sy bedank het.

Groenewald probeer steeds tot verhaal kom oor die hantering van die situasie, die oorspronklike rede vir haar skorsing en haar eindelike besluit om te bedank.

“Ek is hartseer, want vir vyf jaar het ek in die raad gedien en my lewe aan die kampus en studente gewy. Ek het jaarliks met studenteraadtoekennings weggestap en die ekstra myl vir my werk gestap.”

In dieselfde asem slaak sy ʼn sluk van verligting omdat sy nie meer “die onregverdigheid in die KSR hoef te verduur nie”.

“Ek kan elke dag klas loop, sonder die onnodige drama wat die KSR die afgelope ruk vir my veroorsaak het.”

Sy kry ook heelwat steun van medestudente.

“Soveel studente het al vir my ʼn boodskap gestuur en my bedank omdat ek vir hulle opgestaan het toe niemand anders kon nie.”

‘Te na gekom’

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. (Foto: NWU Pukke/Facebook)

Sy meen haar oorspronklike skorsing was onregverdig en dat die raad nie werklike gronde gehad het om haar die trekpas te gee nie.

“Ek is ook teleurgesteld in die universiteit wat nie ingegryp het nie. Niemand van die kantoor van die direkteur van studentelewe het my eens genader nie.”

Groenewald is ook van mening dat die voorval en die “diversiteitskwessie daaragter” versteek is deur die fokus op haar te plaas.

Sy sê sy het ook besef dat sy nie afgedank is oor haar werk of optrede nie.

“Ek is afgedank oor ʼn persoonlike vendetta teen my. Daar was uit die staanspoor pogings om my uit die raad te werp. Toe ek vir die studente opgestaan het, was dit ʼn gulde geleentheid om my in die pad te steek.”

Sy sê dit voel ook of “daar politieke agendas agter die besluite in die raad geskuil het”.

Die suksesvolle mosie van wantroue volg nadat raadslede oortuig was dat Groenewald vertroulike inligting oor die vergadering uitgelek het. Minstens 12 raadslede het die mosie gesteun.

Behalwe dat sy verraai voel deur die ander raadslede, ontken Groenewald ook dat sy vertroulike inligting laat uitlek het.

“Dit is ʼn vals beskuldiging waarvoor geen bewyse bestaan nie.”

Groenewald hoop nie dat die voorval ʼn struikelblok sal wees wanneer sy ná haar honneursjaar vir werk moet aansoek doen nie.

“Ek hoop mense sien my hart en besef dat ek vir die regte redes opgestaan het. Ek hoop die voorval het ʼn positiewe uitwerking op my toekoms.

“As ek die tyd kon terugdraai, sou ek presies dieselfde gedoen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kalla ·

Dame met integriteit, baie dankie jy gaan ‘n groot sukses van jou lewe maak.

Althes ·

Die boeliegedrag moet aangespreek word. Daar is geen regverdiging daarvoor nie.

Roek ·

Om dit aan te spreek is om soos ‘n stuk toilet mapier na hul te gooi , almal prat en maak so ‘n gohaai oor boelies maar gebeur dit daagliks by elke werk , instansie of firma !

Boksombende ·

Hoe spreek jy dit aan as almal boelies is en in krag bly deur almal te boelie? Glad nie verskillend as wat in die res van die land aangaan nie.

Roek ·

Uistekende besluit , jou toekoms is baie meer belangriker as al die strooi ! Baie geluk en voorspoed vir jou !

Papsak ·

Kom Solidariteit staan op vir die dame help haar sy het op gekom vir n regte doel nou word sy geboelie staan vir haar prag sterkte vir toekoms

Grassie ·

Goeie dame, moenie dat die klomp gemors jou geestelik aftakel nie. Los hulle net uit, hulle is benede jou stand. Doen jou meesters ook. Daar sal vorentoe baie deure vir jou oopgaan.

Harley Davidson ·

Jy is n ystervrou en sal dit nog ver bring ongelukkig is mense van jou kaliber dun gesaai in ‘n land waar respek en verdraagsaamheid nie bestaan.

Theunis ·

Weereens politisie wat menseregte oorskadu en afbreek, wat tans by Wits gebeur is ‘n duidelikke voorbeeld waarvoor die meeste (baie naby aan almal) studente voorstaan, wanorde, chaos en afbrekend. Beàtha, hou jou kop omhoog en moet nie toelaat dat die meederheid se patetiese insette jou na hulle vlak aftrek nie.

Heinrich ·

Beàtha het dapper soos André de Ruyter aan ons geopenbaar wat die psige van die binnewerkings van die studenteraad is, en daarom wat die goedkeuring van die universiteitsowerhede wegdra. Myns insiens het studenterade heeltemal te veel sê, kyk veral by Wits met die betogings nou.

SjN ·

Stuur hul na n warm plek en gaan aan met jou lewe, jy het dit nie nodig, sterkte vorentoe

Psyggie ·

Dit is skreiendlik!

NWU is lank reeds nie meer die Alma Mater waarby ek gestudeer het nie. My hart is sommer baie seer. Ook vir Beatha.
Sterkte vir haar met haar die navolging van haar lewensideale

miche ·

Ek haal my hoed af vir haar.
Ek hoop net die persone wat haar studies gaan beoordeel kan wel neutraal kan bly.
Hoop nie sy word vorentoe verder gestraf vir iets wat sy nie gedoen het nie.

Doompie Daan ·

RE BEÀTHA GROENEWALD
Sy’s myns insiens nie net ‘n slim en pragtige damestudent met ‘n graad agter haar naam nie, maar ook iemand met ruggraat wat na verskeie dapper pogings ‘n klomp grypsugtige ruggraatlose boelies tot hul sinne probeer ruk het, maar ongelukkig twv oorlewing die stryd gewonne moes gee.
Enige instansie wat murg in hul pype het, sal iemand soos Beàtha met ope arms ontvang om deel van ‘n suksesvolle en vooruitstrewende sakeonderneming te word!
Terloops is sy dalk familie van VF plus leier, dr Pieter Groenewald

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.