Regstappe dreig ná SR-lid se skorsing

Beàtha Groenewald is Dinsdag uit haar amp verwyder. (Foto: Facebook)

AfriForum Jeug het Vrydag ʼn prokureursbrief aan dr. Sibusiso Chalufu, uitvoerende direkteur van studentelewe van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (Puk), gestuur waarin dié organisasie eis dat Beàtha Groenewald in haar posisie as sekretaris van die kampus se studenteraad (SR) herstel word.

AfriForum Jeug eis ook ʼn openbare verskoning vir haar onregmatige verwydering uit dié posisie.

Groenewald is vandeesweek uit haar amp verwyder nadat sy glo vir dorpskoshuise aan die Potchefstroom-kampus, wat glo “te wit is”, opgekom het.

AfriForum Jeug gee die NWU nou tot volgende Vrydag (24 Februarie) om gehoor te gee aan sy eise. Indien dit nié gebeur nie, sal die organisasie die hooggeregshof saam met Groenewald op ʼn dringende basis nader om ʼn interdik teen die universiteit te bekom.

“Beàtha Groenewald se dapperheid in die aangesig van ongeregtigheid word bewonder en daarom sal AfriForum Jeug haar ondersteun en met regshulp bystaan totdat haar verwydering van die SR teruggetrek word en die Puk om verskoning vra, sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

“Die waarheid moet uitkom sodat haar reputasie in ere herstel kan word.”

Groenewald se skorsing spruit uit bewerings wat die ronde gedoen het dat dorpskoshuise op grond van hul rassesamestelling van die jaarlikse verwelkomingsgeleentheid uitgesluit is.

Groenewald het kort voor haar verwydering uit die posisie van sekretaris haar ongelukkigheid uitgespreek oor ʼn vergadering van die SR en primarias, waartydens die einste koshuise glo onder skoot gekom het weens hul rassesamestelling.

Sy is nou oortuig die beweerde uitsluiting by die verwelkomingsgeleentheid hou direk verband met die vergadering. Die NWU voer egter aan die koshuise is bloot weens ʼn gebrek aan spasie in die amfiteater uitgesluit en dat die rassebewerings ongegrond is.

Groenewald se skorsing is Dinsdag bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann ·

Ek neem aan die feite oor WIE die sg. boodskappe van te wit…te veel gestuur het en presies wanneer is beskikbaar? Skande!

Groen Ghoen ·

“Rassisme” sal dalk ophou wanneer die laaste blanke Afrika vaarwel toegeroep het. Wat het geword van die reg op vrye assosiasie? Waarom moet die kripvretende knolle hul wil orals afdwing? Ek ys vir die dag wanneer iemand soos Lesufi die staatspresident word.

Sobymykoolkop ·

Sol tech. Akademia, Die manne moet bou bou en nogmaals bou. Die leuse is mos ” ons sal self “. Ek praat regtig as oningeligte maar waarom bly ons mense hul kinders stuur na die plekke waar ons WEET ons is onwelkom maar die grld nie.

Nie Verbaas ·

Soos normaal sal die SEB kaders nie erken waaroor die uitsluiting was nie want hulle het mos geen integriteit nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja. Ons bou, deel, en gee dan weg. Dis wie ons is.

Oudste ·

Gee die NWU gas! Wys hulle dat “ring around the rosie” nie gaan werk nie. Trotse lid van Afriforum!

Vonny ·

Sò hartseer.
Die mooi dogter het
Slegs opgestaan vir
Haar Human Rights
Soos Sòveel ander…
Maar…nou word daar van haar
N voorbeeld gemaak.

Dankieeee Afriforum!

Harley Davidson ·

N Groenewald met murg in haar pype ,miskien moet sy die leier van die VF+ word en die land aanvat oor rasse diskriminasie teen huidige benaadeeldes.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die doktor geniet die mislukte parlement.

OW ·

Dagvaar die daglig uit hulle uit,tot hulle,hulle rasbeheptheid en rasmalheid laat staan.

Hendrik ·

Indien die dorpshuise uitgesluit is as gevolg van ‘n tekort aan spasie, moet daar mos ‘n tweede geleentheid gehou word, en die studente / huise moet opgedeel word tussen die twee geleenthede. As dit nie gedoen is nie, is dit diskriminasie.

Papsak ·

Ons mag nie meer op ons regte staan nie net our people mag ne so help haar sy is wit sterkte maak my gat hare tye regtig

Mathys ·

Is julle nie nou besig om die grootste donasies te vervreem nie? Wie is die alumni by wie die PUK bakhand staan? Wat die studente nou leer, is die satan? Hierdie wakker verstand virus moet nou maar sy gang gaan sodat ons kan aangaan met die regte lewe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.