Meiringspoort, Calitzdorp-warmbron gesluit

(Foto verskaf deur Calitzdorp-warmbron)

Oudtshoorn-munisipaliteit het Sondag bevestig dat Meiringspoort gesluit is weens swaar reën in die gebied.

Die bestuur van Calitzdorp-warmbron het bevestig dat dié oord ook weens oorstromings gesluit is.

“Die veiligheid en welstand van ons gaste is vir ons van belang en ons het besluit om tydelik alle bedrywighede op te skort totdat die nodige herstelwerk afgehandel is.”

Die hoofgebou en Romeinse bad, asook die kampeerterrein en paaie in die oord is deur die oorstromings geraak.

“Ons kan ongelukkig nie in hierdie stadium sê wanneer die oord weer sy deure sal oopmaak nie, aangesien dit van die weer en vordering van die herstelwerk afhang.”

Die oord se bestuur vra om verskoning vir enige ongerief en bedank die publiek vir hulle geduld en begrip.

Diegene wat vir die volgende twee tot drie weke reeds besprekings gemaak het, sal gekontak word vir ʼn volledige terugbetaling of alternatiewe verblyfdatums.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.