Eskom sê oor beurtkrag vir die week

Argieffoto (Foto: Tom/Pixabay)

Die kragvoorsiener het Sondag die beurtkrag-vooruitsig vir die week bekendgemaak.

Fase 4-beurtkrag sal van Sondagmiddag om 16:00 geld tot Dinsdagoggend om 05:00.

Daarna sal beurtkragfase 3 tot 16:00 ingestel word. Fase 4-beurtkrag geld weer van Dinsdagmiddag om 16:00 tot Woensdagoggend om 05:00.

Hierdie patroon van fase 3 en 4 al om die beurt sal tot verdere kennisgewing geld.

ʼn Verdere kennisgewing sal gepubliseer word sodra beduidende veranderinge plaasvind.

Die kragvoorsiener sê ʼn kragopwekkingseenheid elk by Camden, Duvha, Majuba en twee eenhede by Kriel-kragstasie het meganiese probleme ondervind en is afgeskakel vir herstelwerk.

Die aanskakeling van ʼn kragopwekkingseenheid elk by Hendrina, Medupi en Tutka-kragstasies is vertraag.

Herstelwerk aan die beskadigde torings van Cahora Bassa neem ook langer as aanvanklik verwag is.

ʼn Kragopwekkingseenheid elk is by Duvha en Kriel-kragstasies aangeskakel.

Eskom staan tans 17 340 MW af aan kragopwekkingskapasiteit en 5 654 MW is buite diens vir beplande instandhouding.

Suid-Afrikaners word versoek om spaarsamig elektrisiteit te verbruik om druk op die kragstelsel te help verlig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Truman Burbank ·

Dit is vir my uiters verdag dat hulle die vlakke so gedurig wissel, al maak dit geen verskil aan die tye deur die dag. Gister het ons twee maal gehad op stage 2, presies wat ons sou gehad het op stage vier. As daar werklik n onderhouds probleem was, sit die land vir ses maand op stage vier en sorteer dit uit. Maar nee. DIe stages moet heeltyd gewissel word. Daar is meer aan die gang hier as wat die media voorgee.

Jacques ·

Onsekerheid en spanning het ‘n psigologiese effek op die mens se brein. Dinge soos beurkrag, Corona virus, hoë inflasie, moontlike watertekorte, ens martel die mens aan die ontvangkant. Dis (soos) oorlogvoering op ‘n ander dimensie.

Wildemien ·

Hulle dink hulle is slim en ons is onnosel. Vreeslike mors van tyd die – in effek bly ons heeltyd in fase 5; hoe hulle ook al kastig “wissel”.

Jacques ·

“Suid-Afrikaners word versoek om spaarsamig elektrisiteit te verbruik om druk op die kragstelsel te help verlig”. Dis die resep vir verliese in die inkomstestaat en insolvensie op die balansstaat. En ons almal wat nou maar ons eie krag begin opwek, doen presies dieselfde aan Eskom se balansttaat. Dis die resep vir die vernietging van Eskom, die reddingsbootjies is darem maar te gemaklik om die kriminele aan die gang te hou. Op die einde gaan meeste van die betalende Eskom kliënte weg wees en hulle gaan net die nie-betalende kliënte oor hê.

Nico ·

Praat Eskom die waarheid aangaande beurtkrag, is Eskom net besig om die verbruiker te belieg, ek wonder of Eskom self weet wat aangaan, praat die waarheid. Eskom en die regering is net besig om SA te vernietig, dit is net ‘n klomp slawe wat die land regeer.

Truman Burbank ·

Nee. En hoe meer mense besef hulle lieg, hoe beter.

Papsak ·

Oe dit raak net swakker hulle moet nou staaf wat hulle kan doen hulle mos die werkers kom nou wys ons nou breek alles sommer een na die ander hoe werk hulle pille nou swak

Theunis ·

Uitsette is ‘n kenteken van inset toepassing, in die geval verwys die uitsette na die manier hoe beurtkrag toegepas word, die skedule word op die laaste oomblikke elke keer gewysig, die skedule is ook dan nie betroubaar nie as gevolg van deurlopende veranderinge, die kenteken is dus dat Eskom GEEN beheer het oor die netwerk nie en slaan dus net vure dood ten einde ‘n totale netwerk ineenstorting uit te stel. Effektiwe besigheids bestuur en kwaliteit diens lewering is glad nie tans van toepassing nie omrede Eskom nie hulle operasionële verantwoordelikke nakom nie. Stem saam met die voorgenoemde kommetare, die toekoms IS donker.

Janice ·

Iemand moet dit aan my verduidelik, asseblief. Laasweek het ons oor die 16 000 MW te kort gehad. Hierdie week is dit oor die 17000 MW. Nou wissel ons tussen vlak 3 en 4 vir die week. Tevore was dit vlakke 3 en 4 as daar tussen 4 000 MW en 5 000 MW te kort was. Dit maak nie sin nie. Ek onthou so ‘n rukkie gelede het Andre’ de Ruyter in ‘n onderhoud met ‘n weeklikse publikasie gese Eskom kan die ligte aansit vir 6 maande met geen beurtkrag en daarna is Suid-Afrika vir ten minste 6 weke in algehele duisternis gehul.

Ek wil ook ook se, pleks van de Ruyter hof toe te sleep oor sy onderhoud met daardie tv kanaal, hou op se niks is verkeerd nie en gebruik die geld om julle gemors reg te maak.

SjN ·

Waarvoor al die fases, daar is krag of daar is nie, end van die prent, doen eerder jul job en dit is om krag op te wek!!

Amelia ·

As jy kan mense gaan eerder land uit Eskom gaqn vou en as dit gebeur is hier niks geen water winkels
sal beloot word misdaad sal nou lyk soos n fee verhaal teen wat sal kom,geen atm sal werk nie veral jong mense met kidz

Robert ·

Miskien moet Eskom begin met ‘n volledige lys van die kragsentrales, en hoeveel eenhede elkeen het, die kapasiteit van elk en hoeveel werk of nie. Sal nogal daarvan hou om te sien watter werk en nie werk nie ens.

Niklaas ·

Ek dink ons word erg belieg , sommer weekliks. Ek vind dit moeilik om Eskom se verduidelikings te glo. Dis alles leuens.

Wildemien ·

En oornag toe foeter julle weer fase 4 en 5 toe. Nuttelose spul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.