“Wat ʼn jammerte dat Saru onder soortgelyke druk versuim het om dieselfde ruggraat te wys.”
Lees meerAlles vir Maandag 6 Februarie 2023
ToekomsVenster: God se perfekte wil
Dit is nie jou gehoorsaamheid nie, maar God se genade.
Water, rioolkrisis in Louis Trichardt getakel
Rioolwater vloei reg deur huise en tuine, mangate is verstop en van dienslewering is daar nie sprake nie.
Drie stappers breek bene toe rots val
Twee stappers, wat nie enige beserings opgedoen het nie, is deur die reddingspan geloof “dat hulle kalm gebly het en ʼn wonderlike taak verrig het om die beseerde persone kalm te hou en na hulle om te sien”.
Man se liggaam in Apiesrivier gevind
Watervlakke in dié rivier kan vinnig en sonder waarskuwing styg.
Kapenaars trap saam in Piet Retief se eerste spore
“Dit was spesiaal om in die 185ste herdenkingsjaar van die Groot Trek op dieselfde plaas te stap waar Piet Retief se spore lê.”
Vrystaat-hospitaal: ‘Uitstekende vordering’, maar werkers staak
Tydens ʼn oorsigtelike besoek aan die Boitumelo-hospitaal, kon die DA nie enige verpleegsters aan diens opspoor nie.
DA eis antwoorde oor toerisme-borgskap
Die opposisieparty wil nou dokumente bekom wat bewys dat Suid-Afrika en toerisme by die omstrede ooreenkoms sal baat.
Nike en Tiffany se ‘borsel’ laat mens kopkrap
Gebruikers het dadelik aangeneem dit is ʼn tandeborsel. “ʼn Silwer tandeborsel is heeltemal onnodig,” skryf een persoon. “Dis nou ʼn mors van geld!” meen ʼn ander.
Koster-5 se borgtogaansoeke val weer vas
Familielede van die beskuldigdes glo in hul geliefdes se onskuld en meen dat vertragingstaktieke gebruik word om die saak langer te laat sloer.
Gesoek: ʼn Nuwe hoof vir Eskom
“Uitnemende leierskap is nodig om Eskom uit hierdie krisis te lei.”
Wen kaartjies na komedie-trio se skreeusnaakse produksie
“Laerskool Noord” met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie kuier binnekort op die Atterbury Teater se verhoog. Skryf nou in om kaartjies te wen!
Staatsrede: Wes-Kaapse landbou soek meer as net mooi broodjies
“Ons almal moet eet, maar sonder betroubare en volhoubare kragvoorsiening is dit problematies vir produsente om volhoubaar voedsel te produseer,” sê die organisasie.
Talle vrae ná SA soldaat in DRK sterf
Die DA se Kobus Marais sê die minister van verdediging moet die parlement dringend oor die voorval inlig. Vrae het ook ontstaan oor of dit die moeite werd is vir Suid-Afrika om sy soldate en hulpbronne na die DRK te stuur.
Wenners van die Valentynsdag-bederf aangewys
Maroela wou graag twee van ons lesers elkeen met R1 000 kontant bederf om die liefde te vier.
Maak jou kind se skryfdrome waar met dié werkswinkel!
As jou kind eendag ʼn skrywer wil word of net passievol is oor skryf, sal hulle die Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel uiters waardevol vind.
Om konings Dingane én Mpande te onthou
Wanneer ons in die Voortrekkermonument staan, moet ons verby die onderhandelingstafel van koning Dingane en Piet Retief óók kyk na koning Mpande en Andries Pretorius, wat as bondgenote langs mekaar staan.
ANC ‘neem kennis’ van Saru-besluit oor Israelse rugbyspan
“Die ANC doen steeds ʼn beroep op alle progressiewe magte wêreldwyd om voort te gaan om druk op Israel te plaas om terug te keer na vreedsame dialoog oor ʼn oplossing vir die twee state.”
Nat paar dae lê vir SA voor
Tesame met die nat weerstoestande kan groot dele van die land ook koeler temperature deur die dag verwag.
Grammy’s se mode was blou, blink en uitbundig
As daar een ding is wat die jaarlikse Grammy-toekennings goed doen, is dit om te sorg vir talle onvergeetlike mode-oomblikke.