Wen kaartjies na komedie-trio se skreeusnaakse produksie

Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm en Ilne Fourie. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Twee gelukkige Maroela Media-lesers staan die kans om ’n dubbelstelkaartjies vir die verhoogkomedie Laerskool Noord te wen, wat 15-19 Februarie 2023 by die Atterbury Teater in Pretoria te sien is.

Laerskool Noord is ʼn absolute ‘moet’ vir die van ons wat die afgelope paar jaar verleer het om te lag,” vertel Margit Meyer-Rödenbeck oor dié produksie.

Maroela Media het vroeër berig dat die produksie se “driemanskap” – Margit, Marion Holm en Ilne Fourie – die rolle van drie uiteenlopende onderwyseresse vertolk wat ʼn verrassingsafskeidspartytjie vir hul uittredende skoolhoof beplan. Boonop sit hulle in afwagting om te hoor of een van hulle dalk “Meneer” – vertolk deur Neels Coetzee – se skoene as skoolhoof gaan moet vul.

‘Laerskool Noord’ beloof om hope pret vir die hele gesin te wees. (Foto: Verskaf)

Laerskool Noord is uit die grendeltyd geskep en daarom is die hoofdoel om kykers uit hul “Covid-19-put” te haal, het Margit vroeër aan Maroela Media gesê. Sy vertolk die rol van Zelda, die netbaljuffrou.

Ilne, wat die verhoogstuk geskryf het en ook die rol van die sagte en sorgelose Marietjie daarin vertolk, het ook vroeër aan Maroela Media vertel dat Laerskool Noord se humor uniek is, want elkeen in die gehoor kan op die een of ander manier daarby aanklank vind.

Marion glo dat lag broodnodig is, veral gegewe die impak van die Covid-19-pandemie op die kunste. Dié bekroonde aktrise, regisseur en skrywer, klim in dramajuffrou Bets se kleurvolle skoene (én kopdoek) by Laerskool Noord in.

  • Koop vandag nog jou kaartjie vir Laerskool Noord hier.
  • Kyk die video van Maroela Media se besoek agter die Laerskool Noord-skerms onderaan hierdie berig.

Wen!

Om die kans te staan om ’n stel dubbelkaartjies vir Laerskool Noord los te slaan, vul die kompetisievorm hieronder in.

Die kompetisie het gesluit.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 10 Februarie 2023 om 12:00.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Vrydag 10 Februarie 2023 om 12:00.
  • Die vertoning vind op Vrydag 17 Februarie 2023 om 19:00 by die Atterbury Teater in Pretoria plaas.
  • ’n Wenner sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Die wenner sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.