“As mense wil kom sit en ordentlik wees, is die vertoning nie vir hulle nie – ek wil hê hulle moet onbeskof en lelik kom lag.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Marion Holm"
Kuier aanlyn saam met Marion Holm
“Ek gesels oor die alledaagse lewe en omdat mense hulle daarmee kan vereenselwig, geniet hulle dit.”
Marion Holm rou en eerlik op KKNK-verhoog
“Hierdie produksie het geen foefies nie en geen spesiale naam nie. Dit is net Marion Holm, dit is net wie ek is.”
‘Operasie Holm’ kuier eersdaags by Die Blou Hond
Operasie Holm, ʼn eenvrouvertoning deur Marion Holm, word Woensdag 31 Oktober by Die Blou Hond in Pretoria aangebied. Holm het op haar Facebook-blad bevestig dat dit die tweede laaste keer sal wees dat sy dié produksie gaan aanbied.
Luister: Margit en Marion deel weer verhoog na 17 jaar
Nou is dié dinamiese duo terug met ʼn nuwe produksie genaamd Die voordele van eierwit.
Afrikaanse aktrise oor borskanker: ‘Ek soek nie simpatie’
“Ek het borskanker gehad. Maar dit was so klein en so vroeg waargeneem, dat dit net uitgesny is en ek net bestraling gekry het. Ek het nie ʼn mastektomie gehad nie en ek het nie chemoterapie gekry nie. Ek voel dus net dankbaarheid. Dankie Vader, dankie, dankie, dankie,” het die Afrikaanse aktrise en komediant gesê.
‘Die Kaap is weer Holms’ draai in Fourways
Oefen solank jou maagspiere want Marion Holm se soloproduksie, Die Kaap is weer Holms, is van 23 Augustus tot 4 September in die Studio-teater by Montecasino in Fourways te sien.
[Video] TBF: ‘Ons mis gaafheid in Suid-Afrika,’ sê Marion
Marion Holm, een van Suid-Afrika se gewildste aktrises, sê ons kort gaafheid en vrygewigheid in Suid-Afrika. Haar hoop is dat mense hierdie Kersfees met mekaar sal gaaf wees.
Luister: Marion Holm kry dramagraad op 50
Wanneer Marion Holm nie besig is om gehore te laat skaterlag of te pronk op gewilde Afrikaanse televisiereekse nie, vang sy graad. Dié legendariese verhoogpersoonlikheid het onlangs ʼn dramagraad by die Universiteit van Stellenbosch verwerf.
[Video] Lizz Meiring en Marion Holm oor die TBF
Die Teaterbystandsfonds (TBF), ʼn liefdadigheidsfonds wat vrywillig deur mense in die vermaakbedryf geadministreer word, het vanjaar ʼn draai by Aardklop gemaak.Maroela Media het met Lizz Meiring, bestuurslid van die TBF, oor dié fonds gesels en Marion Holm deel ook haar mening waarom sy dink dit belangrik is om die fonds te ondersteun.
Luister: Bekendes sê: Vyf noodsaaklikhede vir Aardklop
Maroela Media het met ʼn paar bekendes gesels om te hoor wat jy moet saambring om Aardklop te geniet.
Video: Snaaks, snaakser … Marion Holm
As jy nog nooit die voorreg gehad het om Marion Holm in aksie te sien nie, is haar nuwe eenvrouvertoning Marion Holm vir Beginners net vir jou. Selfs al het jy al haar vorige eenvrouvertonings al gesien kan jy nie hierdie produksie misloop nie.
Video: Dít is wat ‘Die Kaap is weer Holms’ beteken
Marion Holm is vanjaar op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te sien in haar nuwe solovertoning, Die Kaap is weer Holms. In hierdie video verduidelik sy waar die naam van die produksie vandaan kom en wat dit beteken.
Luister: Marion Holm gesels oor die Woordfees en ‘Die Kaap is weer Holms’
Marion Holm is vandeesweek op die US Woordfees te sien in haar produksie Hol! Marion asook in Gedigte sonder grense. Sy stel ook volgende maand haar nuwe solostuk, Die Kaap is weer Holms,op die KKNK in Oudtshoorn bekend en Maroela Media het met haar daaroor gesels.
Video: Marion Holm oefen jou lagspiere
Marion Holm se eenvroustuk laat die gehore altyd skater van die lag en verlede jaar het Holm: ge-MARION-neer juis dit gedoen. Vanjaar pak Marion weer ‘n hele paar projekte aan.