‘Operasie Holm’ kuier eersdaags by Die Blou Hond

Operasie Holm, ʼn eenvrouvertoning deur Marion Holm, word Donderdag 31 Oktober by Die Blou Hond in Pretoria aangebied. Holm het op haar Facebook-blad bevestig dat dit die tweede laaste keer sal wees dat sy dié produksie gaan aanbied.

Chris Vorster het die regie en beligtingsontwerp behartig en in samewerking met Holm die teks geskryf. Holm en Vorster het al vantevore talle produksies saam gedoen wat onder meer Marion Holm vir Beginners, Die Kaap is weer Holms en Ag kom ek val sommer met die Holm in die huis, insluit.

Holm is alombekend vir haar humoristiese eenvrouvertonings, asook vir ernstiger rolle soos dié van Dot in die kykNet-reeks, Vlug na Egipte.

In haar loopbaan het sy al in meer as 60 teaterproduksies gespeel, in meer as 20 televisiereekse verskyn en tien tekste uit haar pen laat vloei.

Holm vertel sy kan dit steeds nie bekostig om ’n akteur of drie te betaal nie – daarom speel sy al die rolle sommer self. “As jy graag iets van hogere literêre waarde wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie. As jy egter wil glimlag en net ʼn KLEIN bietjie dink – kom kyk,” het sy bygevoeg.

Vir meer inligting skakel Die Blou Hond by 012 348 8820 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] om kaartjies te bespreek

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liza ·

Wens ek was nader om dit te kon bywoon! Go girl, jy is awesome!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.