Maak jou kind se skryfdrome waar met dié werkswinkel!

skryf-skryfnet-boek-studio32.jpg

Foto: studio32/pixabay.com

Wil jou kind dalk eendag ʼn skrywer word, maar kort nog die selfvertroue om hul werk vir ander te wys? Dalk is dit net ʼn kwessie van ʼn storie wat afgerond moet word, of ʼn storie of opstel-idee wat behoorlik ontwikkel moet word.

As ons hier van jou kind (of dalk iemand wat jy ken) praat, het ons die perfekte werkswinkel om ʼn glimlag op hul gesig te sit!

Kinders wat passievol oor skryf is, sal baie waarde kry uit Kreatiewe skryfkuns vir skoliere-werkswinkel wat op 11 Februarie (van 09:00 tot 15:00) by Maroela Media se kantore by die Voortrekkermonument plaasvind.

Kreatiewe skryfkuns vir skoliere is ʼn praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser.

Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ʼn storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf.

Dis ʼn praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of hulle nou ʼn opstel, riller, tienderdrama of liefdesverhaal wil neerpen.

christien-neser-scaled-002.jpg

Christien Neser (foto verskaf)

Oor die aanbieder

Christien Neser is ʼn spraakterapeut van Sandton wat eers laat in haar lewe begin skryf het. Sedert sy ʼn skryfkursus van die ATKV in 2007 bygewoon het, het tientalle jeugboeke, ʼn niefiksie boek en etlike kortverhale in Huisgenoot en Rapport reeds uit haar pen verskyn, onder meer HELP! My kind is anders, Pienk is nie vir sissies nie, Absoluut Einstein en meer onlangs die gewilde Mieke-reeks. Haar boeke word deur LAPA, Tafelberg en Best Books uitgegee. Christien is ook ʼn ywerige leser, leer steeds Duits, Frans en Portugees, ry graag fiets saam met haar man, Thys, en is lief vir tuinmaak. Besoek Christien se webblad by https://christienneser.com/.

Bespreek jou kind se plek

Slegs ʼn beperkte aantal plekke is beskikbaar, so bespreek nou om teleurstelling te voorkom!

Kaartjies kos R700 per persoon en ʼn 10%-afslag is vir groepe van vyf of meer leerders beskikbaar. Na afloop van die werkswinkel, sal deelnemers ook ʼn sertifikaat van deelname ontvang. ʼn Ligte middagete sal ook bedien word.

Klik hier om kaartjies te koop.

Inskrywings sluit op 8 Februarie 2023.

Vir meer inligting oor ons kursusse, besoek ook Skryfnet se webwerf, stuur ʼn e-pos na [email protected] of volg ons op Facebook en Instagram.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trotse Boervrou ·

Dit sal beperk wees tot net Pretoria en omliggende gebiede se skoliere. Wat van ook ‘n aanlyn werkswinkel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.