Wenners van die Valentynsdag-bederf aangewys

Argieffoto (Foto: Silvia/Pixabay)

Valentynsdag is om die draai en wat is dan nou lekkerder om te vier as die liefde?

Maroela wou graag twee van ons lesers elkeen met R1 000 kontant bederf sodat hulle dié jaar Valentynsdag sommer behoorlik met ʼn geliefde kan vier.

Deon van Dyk van Pretoria sê hy gaan sy vrou bederf – hulle is al 15 jaar lank getroud. Erika Boshoff van Port Elizabeth sê sy en haar man sal ook iets lekker gaan doen.

Baie geluk julle twee!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.