Julius Malema en vyf ander EFF-LP’s wil hê die hof moet die straf wat deur die parlement opgelê is nadat hulle vroeër vanjaar die staatsrede ontwrig het, omkeer.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "staatsrede 2023"
‘Maand se salaris’: Malema en makkers gestraf vir ontwrigting
Julius Malema, Floyd Shivambu, Mbuyiseni Ndlozi, Marshall Dlamini, Sinawo Tambo en Vuyani Pambo sal as deel van hul straf vanaf 1 Februarie tot 29 Februarie sonder vergoeding geskors én verbied word om volgende jaar se staatsrede by te woon.
EFF-ontwrigters skuldig aan minagting
“Die betrokke EFF-lede neem nie die staatsrede ernstig op nie en ʼn boodskap moet gestuur word dat dit ʼn konstitusionele noodsaaklikheid is wat met alle erns hanteer moet word.”
Staatsrede-verhoor gaan voort ná EFF dit verlaat
Julius Malema het aangevoer dat nóg hy nóg die ander EFF-lede voor ʼn “kangaroehof” sal verskyn of deur “ʼn witman vervolg sal word”.
Ramaphosa bedank Mabuza vir ‘onwrikbare steun’
David Mabuza het vroeër al aangedui dat hy van voorneme is om te bedank om ruimte te skep vir Paul Mashatile, wat hom in Desember by die ANC se nasionale verkiesing as adjunk-ANC-leier vervang het.
Ramaphosa verdedig nuwe minister, ramptoestand
“Sommige het aangevoer dat die aanstelling van die minister verwarring en fragmentasie gaan veroorsaak. Dit is nie die geval nie.”
Ramaphosa-termyn ‘rampspoedig’, ‘net rassekaart’ kan ANC red
Opposisiepartye het Dinsdag tydens die debat oor die staatsrede behoorlik onder Ramaphosa ingeklim.
Ramaphosa ‘bring nie hoop weer terug’
Politieke ontleders verskil oor of nóg ʼn minister in die presidensie nodig is om die kragkrisis te takel, maar stem saam die president “kon beter” vaar met vanjaar se staatsrede.
Opposisiepartye kap Ramaphosa oor ramptoestand
Die DA is van plan om regsaksie te begin oor pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van ʼn elektrisiteit-ramptoestand terwyl die VF Plus meen die feit dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma hiervan in beheer gaan wees yskoue water gegooi het oor Ramaphosa se planne om die krisis te bowe te kom.
Ramaphosa fokus op krag, water en vervoer
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens sy staatsrede gesê die regering se mees onmiddellike prioriteit is om energiesekerheid te herstel.
Ramaphosa kondig ramptoestand aan
Ramaphosa het Donderdag onderneem dat die regering sal verseker genoeg geld is beskikbaar om diesel vir Eskom vir die res van die boekjaar aan te koop.
Kyk die staatsrede hier
Opposisiepartye het belowe om die aflewering van die staatsrede, wat regstreeks uitgesaai word, te ontwrig.
Regstappe kom, sou ramptoestand afgekondig word
“ʼn Ramptoestand is bedoel vir ʼn ramp; nie vir swak bestuur nie.”
Luister: Nuwe kabinet moes vóór staatsrede kom
Dawie Roodt noem Gwede Mantashe en Pravin Gordhan by die naam wanneer hy na Eskom se sogenaamde dooie hout verwys.
Staatsrede moet eerder ‘energierede’ wees
“Ons het nie ’n ekonomie as ons nie energiesekerheid het nie,” sê ’n kenner.
SA slaggereed vir Sona
Die polisie het onderneem om streng op te tree teen diegene wat poog om die staatsrede te ontwrig of die wet met opset te oortree.
Georganiseerde landbou skepties, hoopvol oor staatsrede
Daar word verwag dat onteiening sonder vergoeding weer ʼn punt op die agenda sal wees omdat dit vir nog ANC-kruisies sal sorg.
Staatsrede: Wes-Kaapse landbou soek meer as net mooi broodjies
“Ons almal moet eet, maar sonder betroubare en volhoubare kragvoorsiening is dit problematies vir produsente om volhoubaar voedsel te produseer,” sê die organisasie.
Nóg ’n staatsrede, nóg leë beloftes
Maroela Media het gaan kyk of pres. Cyril Ramaphosa enige van die beloftes in sy vorige staatsrede nagekom het.