Ramaphosa bedank Mabuza vir ‘onwrikbare steun’

Adj.pres. David Mabuza het aangedui dat hy die tuig wil neerlê. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag bevestig dat adj.pres. David Mabuza gevra het om die tuig neer te lê.

“Ek wil my waardering aan adj.pres. Mabuza te kenne gee vir sy onwrikbare steun oor die afgelope vyf jaar,” het Ramaphosa vanmiddag tydens die repliek op sy staatsrede gesê.

“Adj.pres. Mabuza het aangedui dat hy wil terugstaan, ʼn versoek waaraan ons aandag skenk.”

Met die staatsrede nou agter die rug, sal Ramaphosa waarskynlik ná volgende week se begrotingsrede verskeie skuiwe aan sy kabinet bekend maak. Die aankondiging oor die nuwe minister van elektrisiteit, ʼn pos wat Ramaphosa verlede week in sy staatsrede bekend gemaak het, sal na verwagting hierby ingesluit word.

Mabuza het vroeër al aangedui dat hy van voorneme is om te bedank om ruimte te skep vir Paul Mashatile, wat hom in Desember by die ANC se nasionale verkiesing as adjunk-ANC-leier vervang het.

Die presidensie het vroeër bevestig dat Mabuza gevra is om in sy pos aan te bly sodat ʼn gladde oorgang verseker kan word.

Mabuza het onder meer die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad gelei, asook die omvattende besprekings met militêre veterane en tradisionele leiers. Hy was ook ʼn groot ondersteuner van vredespogings in Suid-Soedan en nou betrokke by grondhervormingsprosesse op tuisbodem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Groen Ghoen ·

Op watter planeet woon Ramapokker? Dit wat hy hier aframmel is myle verwyder van die werklikheid.

Harley Davidson ·

Dit is die probleem met Ramaposa hy bedank hom vir die laaste 5 jaar ,sal iemand net op sy tablet vir hom tik sodat hy dit kan lees .Die laaste 5 jaar het alles versleg en tot niet gegaan so hy bedank hom daarvoor het die man sy brein by phala phala onder die matras gelos?

Anel ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat hy ‘n nuwe minister wil aanstel. Hy moet mos weet wie hy wil aanstel voor hy die nuwe pos skep en voordat hy die aankondiging maak. En dan moes die ou al lankal begin werk het. In my hele lewe het ek nog nooit so ‘n klomp onbevoegdes tee gekom soos hierdie lot nie. En dan moet die belastingbetalers vir die gelag betaal. Verregaande, om die minste te sê!!!!!!

Johann ·

Ja RamaNocio. Bedank gerus jou kaders en comrades vir hulle onwrikbare mede vergrype waarvoor ons betaal.

Sobymykoolkop ·

Mabuza so baie in Rusland, dink hy praat vlot Russies. Dalk gaan die ou nou Putin se adjunk word.

Eugene ·

Wie is mabuza? Nog nie gehoor van hom. Of was Hy net op die payroll?

Nie Verbaas ·

En wat het hy vermag behalwe om alles te help verwoes? Zero, net soos al die ander in die regering.

annie ·

Ons belofte-saam-staan-tsaar en rampspoed-tsarina en sy edele die geheime krag-tsaar en al ons gewese tsariste, tsariote en tsarionette vergader nou al glads in die tsaarsaal om hul hogere denkkapasiteit te belig tot ‘n hoër plaffon. Mabuza en Ramaphosa het beide skadu’s agter die deur. Twee tsariatiste in verdrukking? Groot pêlle?

Nie Verbaas ·

Mabuza was seker moeg daarvoor om niks te doen en by niks ingesluit te wees nie. Kan die man ooit praat?

My siening ·

Gaan hy nou permanent Rusland toe, want hy het niks positief bewys of gedoen!

JohanR ·

Rerig Cyril! Die ou was seker die mees nuttelose kader van alle tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.