Die Gautengse departement van gesondheid voer aan dat die hooggeregshof ʼn fout gemaak het deur die tender ongeldig te verklaar en tersyde te stel.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 Desember 2023
‘Geen reddingsboei kan onverantwoordelikheid aanspreek’
Gegewe Transnet se geskiedenis met finansiële bestuur, is die DA nie hoopvol dat enige reddingsboei veel goed gaan doen nie.
SA verkeer in tweestryd oor Madiba se nalatenskap
“Miskien moet ons hom laat gaan, en na nuwe rolmodelle soek.”
Regters dalk in staat van beskuldiging oor trae uitsprake
Hoofregter Zondo het vroeër elke regterpresident opdrag gegee om klagtes van wangedrag by die regterlike gedragskomitee aanhangig te maak teen elke regter wat met die lewer van ʼn uitspraak sloer.
ToekomsVenster: Wat julle ook al doen, doen dit vir die Here
Waarmee is jy vandag besig? Doen dit van harte soos vir die Here.
Zim-permitte weer verleng
Minister Aaron Motsoaledi sê hy het die “spesiale omstandighede” waarin permithouers hulself bevind “noukeurig oorweeg”, daarom die besluit om die Zimbabwiese Vrystellingspermitte (ZEP), en dié vir Lesotho-burgers, vir nog twee jaar te verleng.
Koningshuis ‘oorweeg opsies’ ná skokonthulling
Omid Scobie, wat die medeskrywer van ʼn beeldpoetsbiografie oor Harry en Meghan was, sê dat hy op regsaanbeveling nie die koninklikes in die Engelse weergawe van die boek, Endgame, geïdentifiseer het nie. Die name is wel in die Nederlandse weergawe van die boek onthul.
Luister: Jong rocker skryf ode aan Suid-Afrika
Aya het haarself op 15 leer kitaar speel nadat sy die instrument as geskenk by haar pa gekry het, en het begin liedjies skryf.
Só plaas Natasha kollig op entrepreneurswese, onderwys
“Almal se verhale lyk natuurlik anders, maar ek ken teleurstelling, verlies en finansiële uitdagings, en wil daardie kennis gebruik om ander te help.”
Mensehandelslagoffers in Mianmar moes glo organe verkoop
“Talle mensehandelslagoffers word tans in Mianmar teen hul wil aangehou en moet noodgedwonge hul organe verwyder en verkoop indien hulle nie hul finansiële teikens behaal nie.”
Bloedige oorlog in Gaza hervat
Volgens die Hamas-beheerde departement van gesondheid in Gaza is minstens 29 sterftes enkele ure na die hervatting van gevegte aangemeld.
Luister: Kabaal Klankbaan raak nostalgies met ‘mixtape’
“Dit is soos ʼn potjiekos of lamsboud wat lank stowe, wat lank in die oond is voordat dit gereed is.”
Limpopo-boere pleit om hulp: ‘Alles brand dood’
“Sommige boere moes reeds die baie moeilike besluit neem om hul uitgeteerde diere te slag omdat hulle nie wil sien hoe die diere verder swaarkry nie,” sê Prins.
Saak teen Boeremaglid teruggetrek
Die Boeremaglid wat van seksuele aanranding beskuldig is, het Vrydag vervolging vrygespring in die landdroshof op Bronkhorstspruit.
Reddingsboei van R47 miljard vir Transnet
Dié bedrag is dadelik beskikbaar aan Transnet “ter ondersteuning van sy herstelplan, en om sy onmiddellike skuldverpligtinge na te kom”.
Meer as 50% van troeteldiere is oorgewig – is joune?
Die toename in vetsug onder troeteldiere oor die afgelope 15 jaar is verbysterend. Trouens, dit is die nommer een gesondheidsrisiko wat ons troeteldiere ervaar.
Kersfees by kerslig? Eskom se dieselbegroting glo kapoet
“Die risiko vir permanente fase 6-beurtkrag in die volgende paar maande, tot voor die einde van Eskom se boekjaar in Maart 2024, is nou baie hoog.”
70-jarige vrou skenk geboorte aan tweeling
Dit gaan goed met ma en babas – ʼn seuntjie en ʼn dogtertjie.
Ford Puma nou in SA
Ford het byna oornag sonder ʼn passasiersvoertuig gesit nadat sy EcoSport nie meer in Indië gebou word nie en met die Fiesta, Figo en Kuga wat nie meer plaaslik verkoop word nie.
Afrikaners op die voorpunt
“Die Afrikaners in Suid-Afrika het ʼn belangrike stelling op die beskawingsfront ingeneem.” Dit is hoe ʼn senior Europese staatsamptenaar onlangs tydens my gesprek met hom in sy kantoor na die Afrikaners verwys het.