Saak teen Boeremaglid teruggetrek

Hof

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die saak teen ʼn Boeremaglid wat van seksuele aanranding beskuldig is, is Vrydag in die landdroshof op Bronkhorstspruit laat vaar.

Dit volg nadat die 46-jarige man se regspan suksesvol vertoë tot die direkteur van openbare vervolging gerig het. Hy het vlugtig, onder die wakende oog van gewapende bewaarders van die departement van korrektiewe dienste (DKD), in die hof verskyn.

Ná sy verskyning het hy sy vrou in die galery gegroet voordat hy vinnig na ʼn wagtende vangwa geneem is.

Die man is op 8 Augustus in hegtenis geneem op aanklag van seksuele aanranding van ʼn 16-jarige meisie. Die beskuldigde het ook tereg gestaan op drie aanklagte van seksuele aanranding en een van verkragting van ʼn 19-jarige meisie.

Die ouer meisie het intussen, tydens ʼn vorige hofverskyning, ʼn terugtrekkingsverklaring by die hof ingedien waarin sy aangedui het dat sy nie meer met die saak wil voorgaan nie. Sy het aangedui sy het in tussen na die Wes-Kaap verhuis, die beskuldigde vergewe en wil nou net met haar lewe aangaan.

Die staat het haar verklaring aanvaar. Dit het die hof met die aanklagte van seksuele aanranding gelaat.

Hierdie aanklagte hou verband met beweerde voorvalle in Junie vanjaar terwyl die man op parool was. Hy is in Mei verlede jaar op parool vrygelaat.

Luidens die klagstaat het die man na bewering die ouer meisie uitgevra oor haar maagdelikheid, haar betas, haar gedwing om hom te soen en toe verkrag. Die man sou ook glo vir die jonger meisie gevra het of sy belangstel in ouer mans, haar hand vasgehou en haar probeer soen het.

Sy regspan het in hul vertoë aangevoer daar het geen misdaad plaasgevind nie omdat die man niks gedoen het nadat die meisie hom die soen geweier het nie.

Tydens sy borgtogaansoek het die beskuldigde aangevoer die dade met die oudste klaer is met haar toestemming gedoen. Hy het ook aangevoer die aanklagte teen hom spruit uit die gemeenskap se pogings om hom glo uit die omgewing te verdryf waar hy saam met sy gesin op Kleinfontein woon.

Ná die man se inhegtenisname het die DKD ook sy parool herroep.

Noudat die strafregtelike sake teen die man laat vaar is, sal die paroolraad moet besluit of hy op parool vrygelaat kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ore ·

Sjoe, wonder hoe sy huwelik hierdie gaan oorleef. Al is hy vrygespreek begin sy probleme dalk nou eers. Sterkte aan beide partye

bolletjie blom ·

Sy vrou moet ‘n saint wees as sy hom hiervoor gaan vergewe.

Nici ·

Dis jammer dat so ‘n ernstige klag teruggetrek is. Sy familie moet desperaat wees om hom terug te kry.

Bolandse Nooi ·

Hmmmmmmm ……….. en die glashuisbewoners staan alweer reg met ROTSE in die hand om die eerste te wees om te gooi …

Highlander ·

Moet nooit die oorredings vermoë van die afrikaner mafia onderskat/

Adriaan ·

uhm Bolandse Nooi, ek raai aan jy moet hierdie berig dalk net weer lees.

Hennie Biebouw ·

So, dié Boeremag-lid beywer home vir ‘n leliewit Suid-Afrika, maar net tot op ‘n punt…

Sobymykoolkop ·

Ja Bolandse Nooi.Dis hoe hulle geraak het. Veral die wat in glashuise woon soos jy sê.Moet NOOIT iemand trap wat lê nie.Die liberale media huil in hul hande want so verloor hulle sappigheid oor ń ” verregse” en sy ” verkrampte” blyplek.ń WORSIE het 2 ente nê. Dis uitsluitlik sy vrou se besluit om voort te gaa.Seker al die kommintators is almal getroues.

Leon ·

Het net n vrypas gekry om dit weer te doen. As daar geen gevolge is sal dit net weer gedoen word

Leon ·

Anon. Om te oordeel/kritiek te lewer is walglik, maar om te verkrag is volgens jou reg ?

Sobymykoolkop ·

Nee Leon hy het nie vrypas nie. Dis sy goeie reg om hom te verdedig teen versinsels en saamspan.

Kokkie ·

Is dit dan nie dieselfde man wat tydens sy lang verblyf in die tronk ‘n doktorsgraad in teologie verwerf het nie?

Hennie Biebouw ·

Highlander, ek dink jy maak ‘n voetfout deur die Boeremag spul oor dieselfde kam as Afrikaners te skeer. Laat ons nie vergeet nie, dis dieselfde spul wat wou loop oorlog maak met ‘n Cessna 210 vol gasbottels met kunsmis gevul…maar hul vergeet toe straks om die C210 vol petrol te maak, en moes to op die N1 ‘n noodlanding maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.