Ramaphosa kondig ramptoestand aan

‘n Optog deur boere teen beurtkrag. (Foto: VF Plus Siyancuma/Facebook)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand tydens sy staatsrede ʼn ramptoestand weens die energiekrisis in Suid-Afrika aangekondig.

Volgens die president is dit die beste manier om die huidige krisis wat weens beurtkrag in die land heers, aan te pak en die talle ingrypings te koördineer.

Ramaphosa het reeds ʼn week gelede aangekondig dat ʼn ramptoestand op hande is, maar kenners is skepties of dit enigiets anders gaan vermag as om kaders in staat te stel om meer geld te steel.

Ramaphosa het tydens die staatsrede gesê die regering het reeds groot vordering gemaak met die inwerkingstelling van die elektrisiteitsaksieplan, wat sal toesien dat beurtkrag binne die volgende 18 maande heeltemal afgeskaf word. Ramaphosa het Donderdag onderneem dat die regering sal verseker genoeg geld is beskikbaar om diesel vir Eskom vir die res van die boekjaar aan te koop, ten einde te verseker dat beurtkrag beperk word. Die regering wil ook gewone Suid-Afrikaners en klein ondernemings in staat stel om sonkrag op te wek deur middel van belastingaansporings.

Volgens Ramaphosa werk die polisie ook hard om diefstal en korrupsie by kragstasies te bekamp en is 43 verdagtes reeds in verband hiermee vasgetrek.

“Hoewel ons vordering maak om krag vir die toekoms te verseker, is dit nodig om die ernstige gevolge van beurtkrag op alle vlakke van Suid-Afrikaners se lewe aan te pak. Daarom dat die ramptoestand nodig is.”

Om te verseker geld wat vir die krisis geoormerk is, word nie wanbestee nie, sê Ramaphosa, sal die ouditeur-generaal ingespan word om die besteding van fondse na te gaan.

Die verklaring van die ramptoestand is reeds Dinsdagaand in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is deur min. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, onderteken. Ramaphosa het ook gesê hy sal ʼn minister in die presidensie aanstel wat uitsluitlik sal fokus op die hantering van die elektrisiteitskrisis en die toepassing van die aksieplan. Dit is onseker wie dié minister gaan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann ·

Die bankrot ANC en sy gewetenlose kaders gaan eenvoudig die krippe leeg vreet en dan die krippe verpand.

Nie Verbaas ·

N minister in die presidensie aanstel om die krag krisis te hanteer? Daar bestaan nie een swart persoon in Suid Afrika wat n kenner op die gebied is nie en intellek en kennis is sleutel tot so n posisie waar leiding geneem moet word om die probleem te hanteer. Hier kom net nog n ramp. Hy blah blah blah alweer net. Hier sal dadels van kom behalwe net nog korrupsie.

Aggie ·

En daardie minister moet ‘n hele galery personeel met kantore en ‘n woordvoerder en ‘n miljoen rand se kar kry en ‘n weekderige staatswoning met allerbeste meubels kry! En so kan ek aangaan. Daar word nie onnodige poste afgeskaf nie, inteendeel, raak die staatsdiens net al groter en duurder!!!

Elmarie ·

Gee daai 1 biljoen van Tottenham Hot Spurs vir Eskom vir diesel. Rampokker toestand – weet nie hoe dit gaan help. Altyd verskuilde agendas (lees : stelery) agter elke “besluit”

Andries ·

Ek hoop ons mag rook…….. dis senutergend om te weet dat dieselfde persoon aan die stuur van sake gaan staan. Die hemel weet alleen wat hulle vir ons gaan uitdink.

Eugene ·

Kondig ramptoestand aan vir alle bedrog en diefstal. Raak onslae van die skelms in jou regering mnr ramaphosa. Jy het gisteraand baie gepraat maar niks gese nie. Beloftes beloftes en beloftes

Lillian ·

Dis nie ramp toestand as die situasie is as gevolg van korrupsie nie

Frank ·

Cyril Ramposa gaan in geskiedenis opgeteken word as die President van rampe, die enigste president in ons land se geskiedenis wat sommer TWEE ramptoestande afgekondig het

Vettiemaragartos ·

Kan iemand aan my verduidelik hoe die president ‘n ramptoestand kan afkondig ten opsigte van die krag situasie as die regering die ramp is. En wat gaan hierdie amptoestand behels?

SwartBees ·

Dis kode woord vir ons gaan niks doen en daai ramp geld self pocket terwyl ons julle verder belas op alles.

AH ·

En daar word kopdoek weer beloon vir haar “samewerking” tydens die vorige ramp! Sy kry nou weer vrye teuels om te maak en te breek soos sy goed dink en korrupsie en diefstal maklik te maak…. Ek wil huil….. ????

Theuns ·

Raka is patetiese mislukking. Zuma waa beter met Guptas= clever raadgewers. Land word gestroop onder Raka en sy boewe.

KaRoOkWaGgA ·

Hoe kondig mens ‘n ramptoestand aan vir wanbestuur? Is dit die algemene norm nou in Suid-Afrika as jy droog maak?

Theuns ·

Presies. Besef die karakter dis ‘n mosie van wantroue in homself en sy eie bende? Waar was hy op skool? RAMAPOSA MUST GO!! PHALA PHALA !

domheks ·

Die enigste ramp is die ANC-ramp! Korrupte klomp kaders wat reg staan om te skep.

Ronél ·

Pay back the money then you don’t need a “ramptoestand

Sê maar net ·

Al wat nodig is, is ‘n toiletborsel. Suid Afrika is op pad Nancefield toe, in die toilet af……

Papsak ·

Wel ek aanvaar niks vir n ramp nie vir my gaan hulle nie meer vas hou nie hierdie is n krag probleem nie n virus nie hulle Ramaphosa en sy narre die anc regering is die grootste ramp en virusse so pak julle goedtjies en gaan liewers laat ons julle wys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.