Staatsrede moet eerder ‘energierede’ wees

President Cyril Ramaphosa (Foto: JUSTIN TALLIS/ AFP)

“Vanaand behoort eintlik die energierede van hierdie land te wees,” sê ’n energie-ekonoom enkele ure voordat pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand sy 2023-staatsrede in Kaapstad sal lewer.

Lungile Mashele, energie-ekonoom verbonde aan die Openbare Beleggingskorporasie, glo Eskom behoort die belangrikste onderwerp van vanjaar se staatsrede te wees.

“Ons het nie ’n ekonomie as ons nie energiesekerheid het nie.”

Mashele verwag egter dat Ramaphosa vanaand bloot dieselfde oor Eskom sal opdis as wat hy die afgelope 18 maande reeds doen. Dít sluit in die invoer van krag van buurlande af en die verhoogde lisensiedrempel wat glo beduidende private belegging in kragopwekkingsprojekte sal inhou.

“Alles wat pres. Cyril Ramaphosa vanaand noem, sonder om ’n korttermyn-, mediumtermyn- én langtermynplan te verskaf, sal egter nie vir ons van enige waarde wees nie.”

Wat moet Ramaphosa dan nou eintlik sê?

Mashele sê sy wil nie vanaand enige verskonings of bewerings van sabotasie by Eskom hoor nie. Sy wil wél hoor dat die regering pal agter die land se sukkelende kragvoorsiener staan en dat die regering ten gunste is van Nersa se beoogde 18%-tariefverhoging. Sy wil ook hoor dat daar tydens die begrotingsrede aangekondig word dat die regering van Eskom se skuld sal oorneem.

“Dit sal baie help om te verseker dat Eskom op kort en mediumtermyn finansieel volhoubaar is.”

Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep, sê op sy beurt hy sal net vanaand regop sit indien Ramaphosa die werklike probleme rakende Eskom aanraak.

“En die werklike probleme lê by die struktuur en finansies van Eskom,” glo Roodt.

“Daar is ’n elektrisiteitsplan, maar nie ’n finansiële plan nie. Ons het dus geen idee hoe die finansiële probleme opgelos gaan word nie.”

Roodt sê só ’n plan behoort uiteen te sit hoeveel van Eskom se skuld die minister van finansies bereid is om oor te neem en hoe die regering munisipaliteite sover gaan kry om hul kragrekeninge te betaal. Ramaphosa behoort ook aanpassings aan die struktuur van Eskom te maak deur ontslae te raak van amptenare wat elke maand ’n salaris trek, maar geen bydrae lewer nie.

“Maar ek is bevrees hy gaan dit waarskynlik nié doen nie,” voorspel Roodt.

  • Ramaphosa lewer vanaand 19:00 sy staatsrede vanuit die Kaapstadse stadsaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Elma ·

Ek sal slegs regop sit as Rampies noem dat die 18% increase NIE van krag gaan wees nie! Dit sal die enigste goeie brokkie nuus wees. Mense onthou om die sondebelasting items VOOR 19:00 vanaand te gaan koop.

Truman Burbank ·

So die 18% increase is vir jou erger as die ergste loadshedding wat ons ooit gehad het?

Althes ·

Ek dink ek gaan vanaand eerder gras sny, ek het ñ graspol gemis op my grasperk. Of wag! Eerder my toonnaels knip. Enigiets behalwe om te luister na leë woorde.
Die Zuma jare het baie skade berokken en ons het gehoop dat die land reggeruk sal word met Ramahosa aan stuur. Ja swaer.

Spook ·

Ek wil voorstel dat alle belasting-op-toegevoegde-waarde (BTW) op alle regeringsdienste weggelaat moet word. dit kan ‘n groot verligting vir die publiek meebring.

Truman Burbank ·

Sorry. Hy lees nie hier. Hy het buitendoen reeds sy speech ontvang van sy baas

Eugene ·

As die president die kriminele kan vasvat sal daar geen probleme met Eskom wees nie. Maar natuurlik is misdaad een van die regering se beginsels, so niks sal gebeur nie en Cele sal voortgaan om die kriminele die voortou te laat neem

Truman Burbank ·

As hy die kriminele gaan vasvat, gaan hy geen vriende en familie oorhe nie

Mnr De Beer ·

“Ons het nie ’n ekonomie as ons nie energiesekerheid het nie.” – moet my nie laat lag nie asb. ANC is die enigste probleem wat ekenomie kelder. Probeer maar stry met my.

Di ·

Sal weer met groot planne vorendag kom waarvan NIKS sal realiseer nie. Dis van al die praat en agterna NIKS doen wat hy gese het hulle sal doen nie, dat ons sit waar ons nou is. LEE BELOFTES ELKE JAAR

Eugene ·

Ramaphosa lewer vanaand Sy korrupsierede en bankrotskap rede. Viva cANCer!!!!

Samuel ·

Ramaphosa sal net ‘n spoeg en plak staatsrede hou. Dieselfde as verlede jaar. Hy het geen plan nie en weet nie meer hoe om te lieg nie.

Vrystaat2109 ·

Dit gaan weer net ‘n “gewaffle’ wees sonder dat enigiets daarvan gaan realiseer so praat hulle al vir 30 jaar en die land gaan ten gronde .

Jr ·

Vat jou sona en steek hom waar die son nie skyn. Jy is nutteloos en useless. Gaan nie vir jou luister

Shakespeare ·

……. en ons met baie breinselle doen NIKS behalwe om die spul gemors uit te kryt nie. SAD MAN SAD !!!

Nico ·

Weet Eskom van droë hout, dit is werkers wat net daar is vir die salaris, kry sulke mense uit en bring vars hout in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.