Ramaphosa-termyn ‘rampspoedig’, ‘net rassekaart’ kan ANC red

DA-leier John Steenhuisen (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

Cyril Ramaphosa se termyn as president was “rampspoedig” vir die land en slegs die “rassekaart” sal die ANC in 2024 kan red.

Opposisiepartye het Dinsdag tydens die debat oor die staatsrede behoorlik onder Ramaphosa ingeklim.

John Steenhuisen, DA-leier, het gesê Ramaphosa het voorheen na oudpres. Jacob Zuma se termyn as “nege vermorste jare” verwys. “Meneer die president, jy is skuldig aan iets selfs erger as waarvan u Zuma eens beskuldig het, naamlik vyf rampspoedige jare. Wat onder Zuma gebeur het, was ʼn tragedie. Maar wat onder jou gebeur het, was ʼn klug. Die ‘nuwe dagbreek’ was ʼn valse dagbreek. Ramaforie was ʼn dwaling.”

Steenhuisen het aan Ramaphosa gesê dat verlede week se staatsrede sy laaste kans was om die land op ʼn “fundamenteel ander en beter pad te neem”.

“ʼn Moedige leier wat werklik vir hierdie nasie omgee, sou die verstand en die hart gehad het om te erken dat sy party verkeerd is en dat dit tyd is om die Rubicon oor te steek en die teenoorgestelde van sosialisme te omhels.

“Pres. Ramaphosa kon nie die Rubicon oorsteek nie. In plaas daarvan om ons oor die Rubicon te lei, het Ramaphosa ons aangesê om om te draai. Om dieselfde mislukte ANC-benadering van staatsbeheer te verdubbel wat die krisis in die eerste plek geskep het.

“Te swak, te besluiteloos en te lafhartig om die kaders, die gekompromitteerdes en die gevestigde belange aan te pak in die politieke party wat hy lei, het hy sy rug gedraai op die Rubicon, op ons, en op die enigste pad wat hierdie land kan red. Dit is nou baie duidelik dat Ramaphosa misluk het.”

‘Rassekaart al wat ANC kan red in 2024’

Pieter Groenewald, VF Plus-leier (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

Die ANC gaan die rassekaart ywerig gebruik om hom te probeer red in volgende jaar se verkiesing, het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, in sy reaksie gesê.

“Dit is die enigste troef wat die regering nog het. Al sy ander kaarte getuig van mislukking.”

Groenewald het Ramaphosa ook gekap oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie wat “institusionele rassisme” vergestalt.

Rakende die kragkrisis en die nuwe pos van minister van elektrisiteit, het Groenewald gesê “dit herinner aan die vraag oor hoeveel mense nodig is om ʼn gloeilamp in te draai”.

“Die krisis is die ANC se eie maaksel en deur te volhard met alles wat die krisis veroorsaak het, soos SEB, wys dat die regering nie werklik bereid is om die probleem op te los nie.

“Soos met die kragkrisis, is misdaad ook buite beheer sonder dat dit lyk of daar enige plan of oplossing van regeringskant is.

“Nog ʼn probleem in die land is die voorgenome Onteieningswet wat niks anders is nie as om onteienings sonder vergoeding moontlik te maak.”

Eindelik maak al die probleme in Suid-Afrika dit duidelik dat daar geen oplossing sal wees solank as wat die ANC regeer nie, het Groenewald gesê. “Diegene wat die oorsaak van ʼn probleem is, kan nie ook die persone wees wat dit oplos nie. Die enigste uitweg is om in 2024 ontslae te raak van die ANC as regering. Dan kan daar begin word met die herbou van die land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Di ·

Ons hele land is ‘n ramp!! Wat eens ‘n welvarende, self onderhoudende land was, is nou een riool plaas wat stink en alles wat verwoes is en inmekaar getuimel het. Die hartseer kant van die saak is dat die meerderheid nie gepla is om in hierdie haglike omstandighede te bly nie solank daar net nie ‘n blanke in beheer is nie.

Andrew ·

Elke vorige presesent sedered ’94, insluited die af-god nelson, was ramspoedig. En so gaan die rasse kaart hulle weer red , al is dit met behulp van juju, maar ongelukkig gaan nie een van hulle vir julle stem nie. Tot die ANC skeur sal dit die norm bly. Hulle gaan ook al meer na links begin beweeg ,dus nader aan juju, omdat die unies tevrede gestel moet word en al wat nou begin oorbly is die WMC (w… monopoly capital). Die SA se swart bevolking is baie nationalisties van aard so n groot deel wil nie n bleek gesig sien in hoë staat poste of by enige staat besigheids betrekking nie. Kyk wat het gebeur in Natal, toe die groot winkels leeg is, toe draai hulle soos een kop na die minderheids bevolkings in die area om te plunder en brand. Hulle sal weg bly van die stembus af, maar nie anders stem.

Truman Burbank ·

Die laaste goeie leier is vermoor in 1966. Daarna was almal voorbereiding vir vandag. Hierdie is al lankal in beplanning

George ·

Dan moet daai einstes ook net besef, ons almal gaan ons eie nasie help, ek sal dan net my eie mense help.

Harley Davidson ·

As die NP na PW geluister het en FW weg gejaag het was niemand vandag in hierdie sitsuasie gewees nie ons sou bevoegde leiers gehad het ongeag kleur of ras en alle instansies sou gewerk het.
Alle diskriminasie teen huidige benaadeeldes moet onmiddellik gestop word.

Truman Burbank ·

As krokodil vir Verwoerd geluister het. Maar op 6 September 1966 was hy sienende blind

Waarnemer ·

Mnr Groenewald jou woorde tydens die bebat help niks,jy moes al voir verlede jaar begin het om stemme op die grond,in die swart woonbuurtes,in lomasies op die platteland,boere se werknemers ensv begin bearbei het.Nou wil julle wakker skrik….te min,te laat.Ek het al na die laaste verkiesing gese julle( die DA en VF) moet onder die voetsoldate begin werk….nie op nr 99 probeer om mense te oortuig om vir julle te stem nie.

Elméne ·

Ek stem volkome saam, hierdie WAKKER SKRIK moes al 20 jaar terug begin het!!!

Harley Davidson ·

Ek is eerlik as ek sê Dr Groenewald stel teleur, hou op praat en doen net iets begin ‘n hofsaak om alle diskriminasie te stop.

Anna-marie ·

In 1992 moes ons al besef het dat een-man-een-stem beteken die dood in die pot vir die minderheid in die land.

Stofdonkie ·

Zuma het dalk die land afgebreek, maar Cyril the Squirrel is besig om die land te begrawe en ek dink as hy nog ‘n termyn aanbly dan gaan hy net die grafsteen op die graf sit. “Hier lê SA, eens gegoede land maar vermoor deur gierigheid en onbekwaamheid van anc-kaders en hulle vriende”

Aikie ·

Die vraag is:”Wat doen jy as ‘n tiran die land beheer oorvat en mense begin doodmaak?” Jy kan die wapen opneem om die man uit te skop met baie moeite, trane en bloedvergieting. Of jy kan sorg dat jy reg stem om te verhoed dat die tiran die baas word.
Maar nou preek ek vir die reeds bekeerdes. Hoe kom ons by die massas uit om hulle te bekeer?

Barend ·

Rassisme. Dit was deur en deur hul suksesverhaal., ek dink.

Katinka ·

Die ANC gaan nog regeer vir ‘n 100 jaar, raak gewoond daaraan.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die Britse regering kon by die Vrede van Vereniging in 1902 nie die Suid-Afrikaanse universele stemreg Rubicon oorsteek nie;
P W Botha kon nie die Apartheid Rubicon oorsteek nie;
FW de Klerk het die Apartheid Rubicon oorgesteek;
Nelson Mandela kon nie die Marxisties-kommunistiese Rubicon oorsteek nie;
Thabo Mbeki kon nie die Marxisties-kommunistiese Rubicon oorsteek nie;
Jacob Zuma kon nie die Marxisties-kommunistiese Rubicon oorsteek nie;
Cyril Ramaphosa kon by SONA 2023 nie die Marxisties-kommunistiese Rubicon oorsteek nie;
Die SA-nasie sal self die Marxisties-kommunistiese Rubicon moet oorsteek.

Aanhouer ·

con artist
noun [ C ]
UK /ˈkɒn ˌɑː.tɪst/ US /ˈkɑːn ˌɑːr.t̬ɪst/
(also con man, con woman); (UK also confidence trickster)

a person who deceives other people by making them believe something false or making them give money away.
Dis wat ons het in Ramaphosa en die ANC.

Aanhouer ·

Con artist…confidence trickster.
Dis wat ons het in Ramaphosa.

Isobel ·

Ja die hele ANC is n ramp en ons hele land is in n ramp gedompel. Maak nie saak wie in beheer is nie ons land is n gemors. Dit is baie jammer want hulle het die land gekry en alles het gewerk. Nou na al die jare is alles afgebreek.

JACF ·

Lees nou die berig van die DA leier.
Sy kommentaar rakende die President is ietwat onvanpas.
Wat wel waar is, is dat alle opposisie partye daaraan gewoond is om die regerende party swart te smeer.
Wat wel waar is, is dat die regerende party in sy daaglikse regeer growwe foute begaan met gepaardgaande korrupsie wat volg.
Kom, erken maar julle die DA, Jul het die ou voormalige Nasionale Party gekritiseer en meegehelp om die land te oorhandig aan diegene wat nou regeer.
Jul was gewaarsku, wou nie luister nie, geniet nou asb die regering aan wie Jul dit oorhandig het en hou op om oor alles wat gebeur te kla en hof toe te hardloop.
Met tyd sal die omstandighede dalk verbeter, gee liewer raad en nie afkraak verklarings nie.

Snowball ·

En Cyril het so verveeld gelyk tydens die tirades teen hom, dit het gelyk of die een oog later stadiger knip as die ander een en die uitdrukking op sy gesig was meer soos een wat moet wag om die toilet vir ‘n tweede keer te spoel, omdat daar nog ietsie dryf….

TruthDealer ·

Dis wat ek ook nie kan verstaan nie! Waarom is hulle so bevrees vir blankes in enige werksplek, insluitende in regeringsposte? Dis nie asof selfs n volkome 100% wit parlement/regering, apartheid ooit weer sal terugbring nie. Ons is n druppel in die oseaan, in hierdie land. Onderdruk en gemarginaliseer, met bitter min hoop vir werksgeleenthede vir onsself, ons kinders en kleinkinders. Ons is basies bywoners. So wat hul vrees en afsku veroorsaak, weet ek nie.

Johannes_64 ·

Moenie die eiendom-kaart vergeet nie. Daar moet ‘n rede wees dat die wetgewing nou so gestoot word. Die magdom ongeletterdes sal net verstaan as hulle skade deur die staat sien wat hulle bevoordeel, en dit is ‘n waarborg vir ‘n stem uit die massas.

CHRISTINE ·

Ek begin nogal van die EFF hou: bloot omdat ek saamstem met die anc verwyder nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.