Luister: Nuwe kabinet moes vóór staatsrede kom

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Dit is jammer pres. Cyril Ramaphosa het nie sy nuwe kabinet aangekondig vóórdat hy sy staatsrede Donderdagaand lewer nie.

“Die president kan op die ou end soveel planne maak as wat hy wil, maar daar gaan dadels van kom indien hy nie ’n span het om hierdie planne in werking te stel nie,” sê Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep.

Roodt sal dit ook eers glo dat die president erns maak met die inwerkingstelling van sy planne indien hy die regte span rondom hom het. “Dit beteken hy moet van ’n klomp dooie hout in die kabinet ontslae raak en ek weet nie of hy die politieke wil óf mag het om van hierdie dooie hout ontslae te raak nie.”

Roodt noem Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, by die naam wanneer hy na Eskom se sogenaamde dooie hout verwys. “Gwede Mantashe is polities belangrik vir Ramaphosa, maar Mantashe is ’n ramp. Hy kan nie deel wees van Eskom se redding nie,” verduidelik Roodt.

dawie-roodt-begrotingsrede-2018

Die ekonoom Dawie Roodt. (Argieffoto: Reint Dykema/AfriSake)

“Ek dink die grootste enkele probleem is dat daar ’n algehele gebrek aan vertroue in die president is. Hoeveel keer het hy nie al dieselfde ou storietjies vir ons vertel nie? Hy moet uit daardie oogpunt dalk ’n kleiner en makliker plan ter tafel lê – iets wat stadig vertroue in die president en sy regering kan herwin,” stel Roodt voor.

Dit is nie duidelik wanneer Ramaphosa beoog om sy nuwe kabinet aan te kondig nie. Die staatsrede vind Donderdag omstreeks 19:00 in Kaapstad plaas.

Luister boaan na Maroela Media se volledige onderhoud met Dawie Roodt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eugene ·

My opinie is dat daar nie bevoegde persone is om skommeling te doen nie, te veel bedrog in alle instansies

Prikkie ·

Vat hom Dawie! (daar was mos jare gelede so ‘n liedjie deur die Bats as my geheue my nou nie in die steek laat nie).

Kobus ·

Nee Eugene, hy leef nog in ‘n wêreld van sy eie. Hy berispe selfs besighede wat kla oor beurtkrag, sê “ons” almal moet nou saamwerk om probleme op te los. Weereens almal se skuld, netnie ANC tot verantwoording roep nie. Hy ” beat around the busch” met elke toespraak. Hy lyk heeltyd aan die slaap. In elkgeval,ek hoop jy is reg

Jacobus ·

Die ANC is almal n korrupte misdaad bende wat die land in n wurggreep het. Die een korrupte kan nie van die ander korrupte onstlae raak nie want dan stel hy homself bloot soos Ramaphosa ondervind het met Phala-Phale se rusbank dollers.

Waarnemer ·

EFF wys ons waar is julle rugraat vanaand….boikot cyril se toespraak geheel en al.

ES ·

Dit maak nie eers eintlik saak nie. Dit gaan ou gesigte in nuwe posisies wees. Kaders gaan weer ontplooi word net soos altyd. Dit gaan nog 20 jaar vat voordat al die ou gesigte te oud is om aan te voeter met hul korrupsie. Dalk sal ons dan positiewe verandering sien.

Eugene ·

Ek hoop die EFF is gereed vir vandaan. Gaan krap die kaarte deurmekaar.

Samuel ·

Ek stem saam met Dawie Roodt. CR moes al die kabinet geskommel het, maar hy is bang en ruggraatloos.

Ek sal egter niks glo wat uit CR se mond kom nie.

Gert ·

Cyril en sy kabinet is soos finkel en koljander. Elkeen weet te veel van die ander een. Ek is seker dat indien daar volle deursigtigheid ooit sal wees van hul verlede en huidige doen en late, sal hul almal lewenslank tronkstaf ontvang.

Yvonne ·

Die ANC het geen politieke wil om iets reg te maak nie……hulle soek net ‘easy money’……vir ‘ easy power’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.