“Matshela Koko is ʼn absoluut sentrale figuur in staatskaping en het ʼn groot aandeel daarin gehad dat Suid-Afrika nou in die donker sit.”
Lees meerAlles vir Woensdag 22 November 2023
‘Maand se salaris’: Malema en makkers gestraf vir ontwrigting
Julius Malema, Floyd Shivambu, Mbuyiseni Ndlozi, Marshall Dlamini, Sinawo Tambo en Vuyani Pambo sal as deel van hul straf vanaf 1 Februarie tot 29 Februarie sonder vergoeding geskors én verbied word om volgende jaar se staatsrede by te woon.
Komitee beveel aan Hlophe, Motata word van amp onthef
Die geskorste Wes-Kaapse regter-president John Hlophe het in sy verweer aangevoer dat hy die land se mees senior regter en ʼn gerespekteerde akademikus is. Die komitee het steeds besluit om aan te beveel dat hy van sy amp onthef word.
SA’ners hou vir oulaas asem op vir rentekoers-tyding
Daar was Woensdag sprake van ʼn moontlike verhoging van 25 basispunte nadat Lesetja Kganyago al herhaaldelik gewaarsku het dat die rentekoers moontlik ʼn laaste keer verhoog sal moet word.
Ramaphosa verwelkom wapenstilstandooreenkoms in Gaza
“Dit is my hoop dat hierdie verposing pogings sal versterk om ʼn volstrekte einde aan die huidige konflik te bring.”
Foto’s: Beroemdes deur Paul Alberts se kameralens
“Wat ek altyd van Paul sal onthou, is sy ongelooflike nederigheid. Paul het nie oor homself gepraat nie. Hy was die man agter die kamera.”
Nirvana-sanger se sigarette, kitaar verkoop vir miljoene
Dit word beskryf as “moontlik die duurste pakkie sigarette ooit”.
ToekomsVenster: Die wonder van die Kersboodskap bly
Het sy enige idee gehad van sy genesingswonders en sy prediking?
VF Plus-verslag onthul vergrype, gruwels in gesondheidsorg
“Die baba is doodgebore waarna die kindjie se liggaam voor die geskokte ouers in ʼn mediese afvalsak geplaas en in ʼn afvalhouer gegooi is.”
Digitale tegnologie moet dooies help uitken
Hierdie soort uitkenning moet ʼn oplossing bied vir die duisende ongeïdentifiseerde liggame wat in staatslykshuise ophoop.
Ralph Macchio, Jackie Chan op soek na nuwe ‘Karate Kid’
Twee eras gaan in ʼn nuwe aflewering van die “Karate Kid”-rolprentreeks oorvleuel.
Hier is waar liggies brand dié Kersfees
Wanneer die Kersliggies aangeskakel word, dan is ʼn mens dit eens: die Kersseisoen het amptelik – en uiteindelik – aangebreek!
Luister: Bekende stemme bied troos met gedigte
ʼn Bundel soos “Die lewe is ʼn asem lank” bied troos waar woorde ontbreek. Kom luister saam na ʼn paar bekendes se voorlesings van hierdie gedigte.
Konflik in Midde-Ooste: SA ‘lankal nie meer onverbonde’
“Suid-Afrika is uiters moreel selektief wanneer hy lande veroordeel. Dit moet altyd in diens staan van sy teen-Westerse ideologiese strewe,” verduidelik Jaco Kleynhans oor Suid-Afrika se sterk veroordeling van Israel.
Kolisi se Racing-buiging om die draai
“Ek kan nie wag om te speel nie en sal myself op die veld moet bewys.”
Vyf uit vyf vir die vyfdeur-Jimny
Toe ek aanvanklik na die foto’s gekyk het, was ek nie oortuig nie. In lewende lywe lyk dit egter presies soos ʼn Jimny, eintlik soos die driedeur van die begin af moes gelyk het.
Inflasie styg derde agtereenvolgende maand
Volgens Statistieke Suid-Afrika het inflasie in die geheel met 0,5% tot 5,9% gestyg en dit is veral die hoë prys van items soos eiers wat die syfer aanjaag.
Dié bekende wynplaas-eetplek wen groot by SA Restaurantweek
Dit is ook nie die eerste keer dat die restaurant met een van dié toekennings bekroon is nie.
Ervare KZN-veldwagter sterf in seekoei-aanval
SP Mthembu het aan sy beserings beswyk terwyl hy op hulp gewag het.
Heup plaas Curry op krukkelys
Engeland se Tom Curry moet binnekort ʼn heupoperasie ondergaan en sy rehabilitasiewerk beteken dat hy die Rose se Sesnasies-veldtog van langs die speelveld sal moet volg.