ToekomsVenster: Die wonder van die Kersboodskap bly

kersfees-kerse-stiltetyd-hans.jpg

Foto: hans/pixabay.com

“Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.” – Matteus 1:16 (AFR83)

Verlede Sondag het ons ons Kersdienste in die gemeente gehad, dis mos daardie heerlike tyd van die jaar. Sondagoggend het ons verskeie bekende Kersliedere, waaronder die immergroen “Herders op die ope velde” asook “Somerkersfees”, gesing. Natuurlik was “Stille nag” ook deel van die keurspel, hoe dan anders? Sondagaand het ons ʼn program voorgedra waar die gehoor kon terugsit en geniet. Ons is geseën met talentvolle musikante en sangers en die produksie kon enige plek aangebied word. Kersfees is so ʼn besondere tyd van die jaar!

Tydens die oggenddiens het ek die mooi lied “Mary, did you know?” gesing. Ek vermoed jy het dit al dikwels gehoor. Die lied tree in gesprek met Maria en vra of sy geweet het wie die babaseuntjie is wat sy in haar arms vashou. Sou Maria geweet het, is inderdaad ʼn goeie vraag. Selfs met die aankondiging van die engel toe hy haar inlig dat sy ʼn seun in die wêreld gaan bring, kon sy nie die volle omvang van wat met en deur haar gaan gebeur deurdink het nie.

Kon sy dink dat die babaseuntjie, die Messias Koning is?

Sou sy weet dat Hy mense van hul sondes gaan verlos en aan hulle, ja ook aan haar, die ewige lewe sou gee?

Het sy enige idee gehad van sy genesingswonders en sy prediking?

Sou sy verstaan het dat sy eendag by die voetenent van haar gekruisigde seun sou staan en hoor hoedat Hy Johannes as te ware opdrag gee om na Maria om te sien?

Die wonder van Kersfees en die Kersboodskap is verewig.

Mag namate jy in die Kers-luim kom, die boodskap jou by vernuwing in beslag neem.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronél ·

Ek vier ‘n CHRISTtusfees…………….nie kersbome en versierings nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.