Ramaphosa verwelkom wapenstilstandooreenkoms in Gaza

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa verwelkom die ooreenkoms vir ʼn wapenstilstand wat Israel en die Palestynse militante groep Hamas vandeesweek bereik het.

Ramaphosa prys ook veral Katar, Egipte en die VSA vir hul rol in die bemiddeling van die ooreenkoms wat ná vele bemiddelingsgesprekke eindelik nou die vrylating van Palestynse gevangenes en Israeliese gyselaars moontlik maak.

“As lid van die internasionale gemeenskap wat staan ​​vir vrede, geregtigheid en die oppergesag van internasionale reg in alle dele van die wêreld, verwelkom Suid-Afrika die ooreenkoms wat bereik is,” het die president Woensdag gesê.

“Dit is my hoop dat hierdie verposing pogings sal versterk om ʼn volstrekte einde aan die huidige konflik te bring.

“Hierdie verposing, wat ongelukkig ook ʼn moontlike hervatting van konflik inhou, moet gepaardgaan met onvermoeide pogings om ʼn volhoubare politieke oplossing van die uitdaging, wat reeds dekades lank duur, in die Midde-Ooste te verseker.”

Ramaphosa het voorts gesê Palestina, Israel en ander nasies in die streek behoort saam met die internasionale gemeenskap te werk “om die regte, vrede en volhoubare ontwikkeling van die Palestynse volk as deel van die multilateraal gesteunde tweestaat-oplossing te vestig”.

Maroela Media het vroeër vandag berig die ooreenkoms vir ʼn wapenstilstand sluit in die vrylating van 50 vroue en kinders wat tans in die Gazastrook aangehou word, in ruil vir die vrylating van ʼn aantal Palestynse vroue en kinders wat in Israeliese tronke aangehou word.

Katar het die afgelope week onderhandelinge gevoer wat daarop gemik is om van die 240 gyselaars wat in Gaza aangehou word, te bevry in ruil vir ʼn tydelike skietstilstand en toegang tot humanitêre hulp.

Volgens Katar is die ooreenkoms met Egipte en die VSA, asook Hamas en Israel aangegaan en dit sal “die toegang van ʼn groter aantal humanitêre konvooie en noodledigingshulp insluit”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Watsenaam ·

Ons sal dit ook waardeer indien die genoemde heer sy kommentaar vir homself hou. Hy het mos nou met die ondersteuning van hamas twee goed bewys.
1) Die rooi barette is die a en c se base.
2) Hy skaar hom by selektiewe terrorisme.
en sy “regime”kan nie regeer nie. Sies man kyk nwat het jy en jou “comrades”met hierdie eens voorste Afrika land gedoen.

hpven ·

Ramaphosa jy vlieg die wêreld vol om raad uit te deel. Kom ek gee jou sommer baie goeie raad, werk vir ‘n skietstilstand hier in ons land en daarna die herstel en opbou van Suid Afrika wat sonder bomme deur die ANC geplunder en verwoes is! Begin hier want die eerste wêreld lande luister in elk geval nie na derde wêreld presidente en despote nie.

Dup ·

Israel moet alle terroriste uitwis.SA se regering moet maar met oop oë slaap.Jy mors nie met Israel nie.

hpven ·

Dup jy is reg! Geen terroris is te vêr vir Israel nie. Israel kan dalk weer ‘n Entebbe trek…

DanieB ·

My liewe president. Bepaal jou eerder oor jou eie land wat gebreek is en elke dag verder agteruit gaan.

Papsak ·

Ek stem los Irael uit hulle speel met vuur Ramaphosa jy moet liewers hier in SA kyk en bewerkstelig vrede hier waar jou mense so moor brand en plunder los Irael en ander lande uit jy krap jou jou vingers gaan brand jy hou voor wat jy nie is nie jy kan nie eers vrede bewerk in jou eie land nie jy kan nie regeer nie swak !!!!!!!!!!

Wendy ·

Kan iemnd nie asb nt sy ogies v hom oopmaak nie hy weet nie waarvan hy praat nie –

annie ·

Die ANC het van lankal af bande met Midde-Oosterse lande. Cyril se grootgeld kussing-ekonomie is met mense uit daai wêreld en sy lojaliteit sal hulle omsluit. Vriende in Dubai en omgewing van die ANC laat mens wonder wat nog aangaan wat ons nie weet nie. Cyril speel deesdae baie buite sy boks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.