‘SA Rugby se besluit oor Israel ʼn skande, verleentheid’

(Foto: Jack Guez/AFP)

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) sê die besluit deur Suid-Afrikaanse Rugby (Saru) om ʼn uitnodiging aan die Israelse klub Tel Aviv Heat terug te trek om aan ʼn kompetisie hier deel te neem, is “skandalig en ʼn verleentheid”.

Wendy Kahn, nasionale direkteur van die SAJBD, sê dit is “skokkend” dat die besturende liggaam van Suid-Afrikaanse rugby sonder ʼn geveg toegegee het aan diegene “wie se uitsluitlike doel dit is om Israel op enige moontlike manier te boikot – selfs al is dit tot nadeel van Suid-Afrika”.

Saru het vroeër aangekondig dat hy die uitnodiging aan Tel Aviv Heart terugtrek om in Maart saam met spanne van Spanje, Kenia, Namibië en Zimbabwe, asook ses Suid-Afrikaanse spanne, aan die Mzansi Challenge deel te neem. Volgens Mark Alexander, president van Saru, is die besluit geneem “om te verhoed dat die kompetisie ʼn bron van verdeeldheid word, ten spyte daarvan dat Israel ʼn lid van Wêreldrugby is”.

“Dreigemente, boeliery en intimidasie was natuurlik nog altyd die modus operandi deur die BDS-beweging, en so is dit in hierdie geval ook, met Saru-lede wat glo selfs doodsdreigemente ontvang het,” sê Kahn. “Sulke misdadige taktieke is ʼn direkte aanval oor hoe rugby in Suid-Afrika geadministreer word en op demokrasie. In plaas daarvan dat hulle ʼn stewige, beginselvaste besluit neem, het Saru egter onmiddellik oorgegee.”

BDS Suid-Afrika is ʼn menseregte- en Palestynse solidariteitsorganisasie.

Kahn sê asof dit nie erg genoeg is nie, het Saru intussen probeer om sy standpunt te regverdig deur besware te opper oor die veiligheid en sekuriteit van spelers, toeskouers en ander belanghebbendes indien Israel toegelaat sou word om deel te neem.

“Dit is nie ʼn regverdiging nie. Dit oorhandig bloot ʼn maklike oorwinning aan diegene wat sonder skaamte op dreigemente staat maak om gewelddadige ontwrigtings te veroorsaak en vrees in te boesem by diegene wat aan hulle eise moet voldoen.”

Kahn sê die besluit kom neer op diskriminasie en veroorsaak verdeeldheid. “Saru maak boonop die verregaande uitlating dat hy in die belang van ‘maatskaplike kohesie’ optree. BDS het ʼn paar jaar gelede ʼn veldtog van stapel gestuur om Mej. Suid-Afrika Lalela Mswane te verhoed om deel te neem aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel. Tot haar groot krediet het Lalela stewig bly staan teen dié boelietaktiek en voortgegaan om ons land met eer en sukses te verteenwoordig. Wat ʼn jammerte dat Saru onder soortgelyke druk versuim het om dieselfde ruggraat te wys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Robbie ·

Ek hoop die ander spanne asook alle rugby-ondersteuners boikot hierdie klugspel wat deur hierdie ruggraatlose lamsakke gereël is. Dit is tyd dat ons rug styfmaak teen fanatieke ekstremiste wat almal se lewens versuur.

Agie@toeka ·

Dit is hartseer!! Dat die BDS hulle sin kry!! Nooi Israel Uit ongeag die cANCer se stand punt!!

Harley Davidson ·

En dit nou deur ‘n sa rugby wat kwota spelers het gebaseer op velkleur so wie is nou eintlik die verdrukkers en diskriminernde land.

Keelvol ·

Klomp ruggraatlose spul. Sal nooit ooit weer SA sport ondersteun nie.

Nited ·

Johan- Israel onderdruk Palestyne met apartheidswette.
Al ooit gewonder waarom Nazis hulle vervolg het.

Harley Davidson ·

Die Palestyne hou aan om Israel met misiele aan te val hoekom dink jy het Israel die beste lugafweer beskerming stelsel,en wat is die verskil tussen apartheid wette en wat huidiglik met die huidige benaadeelde minderhede in Suid-Afrika gebeur.

Keelvol ·

Toe Mugabe die boere in Zimbabwe van Hulle grond af wegjaag, was die anc doodstil. Toe Rusland die Ukraine val was die anc doodstil. Geen boikot word teen Zimbabwe of Rusland beoefen nie, maar tog bly Israel die vark in die verhaal. Die Palestyne toon agressie teenoor Israel. Iraq en Egipte en n paar ander lande in die midde-ooste weier om Israel as n land te herken. Israel is nie die probleem nie.

Johan ·

Al wat ons moet doen as rugbyondersteuners is om die Mzansi Challenge dan te boikot, niemand moet die rugbytoernooi gaan bywoon nie……………maar selfs dit is te veel gevra!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ongelukkig is Afrikaners verslaaf aan sport.

hpven ·

Saru ondersteun blatant die ANC/EFF, hul beleid en meelopers!

Schalk ·

Meng politiek en sport en dan kry jy verwarde amptenare wat hulle eie agendas promoveer

Jr ·

NOU MARK ALEXANDER dit sal n rede vir verdeeltheid wees. I call on all who stand against this decision to BOYCOTT THIS COMPETITION AND NOT SPEND A CENT TOWARDS IT. THIS IS AN OPPORTUNITY TO SHOW YOU WHAT “VERDEELTHEID IS. COME ON LETS STAND TOGETHER.

Nited ·

Dit Gaan nie oor Dbs. Met rusland se aanval van oekraiene het ons almal Putin veroordeel
Israel onderdruk Palestyne en niemand SE n woord nie.
Waarom verklaar hulle Dan nie net oorlog en vernietig Al wat Palestinian is. Nou doen hulle dit van 1 generasie na n Ander.

Euodia ·

Goeie voorstel!!! Die Palestyne is dan sooooo vredeliewend maar moor!

Samuel ·

Absolute skande. Baie bang vir die ANC en EFF en natuurlik hulle vriende, die BDS.

Michael ·

Nou ja, ons is dan klaar met rugby op alle vlakke-sal nooit weer enige wedstryde kyk of bywoon op enige vlak nie-ook nie skolerugby nie.

pieter ·

Wanneer gaan ons stop om die rassistiese regering en die res te ondersteun .
Staam saam ,

FBS ·

Vir my is rugby nou heel te mal dood. Wat n skande. Nog n bewys wie het SA oor geneem. Interessant hulle steun die wat nog nooit its produktief gedoen het nie en verwerp die land wat doen en die wêreld ’n beter plek maak.

Raadsman ·

Die Kremlin (Rusland) het gepraat en ANC is in hul sak, so ek is glad nie verbaas nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Rusland handhaaf goeie betrekkinge met Israel.

Barend ·

Dit is lankal bekend waar SA se belange in die wêreld lê. Ek was oorspronklik verras toe ek sien hulle sou deelneem.

Phil ·

Die “Mzansi Challenge” sien my nie – nie langs die veld nie en ook nie voor die TV nie. Useless, ruggraatlose slapgatte!

Dies ·

Wat n skande. ‘Geseend is hulle wat jou seen, vervloek is hulle wat jou vervloek of minag’
Dis wat God self gesê het aan sy volk, Israel.
Dis hoekom dit in ons land gaan soos dit nou gaan.
Ons owerhede minag die God van Israel.
Mag die Here Jesus self ons enadig wees, soos Lot.

Blikkies ·

100% korrek. Saru, ANC en die BDS is werklik ‘n skande en verleentheid vir ons land. Ek sal persoonlik die Mzanzi Spele boikot en hoop heelwat ander voel presies dieselfde.

Theuns ·

SARU besluit teen Israel – morele redes en veiligheid- maar implementeer beleid dar personeel mag buite egtelike verhoudings hê tussen mekaar! Twee gesigte! SARU moet weer deur ware rugby bestuur word nie deur mense somder waardes nie.

Brombeer80 ·

As Israel teen die Bokke wil speel, het Suid Afrika niks om te verloor nie. Hoekom moet politiek daarmee inmeng?

Nie Verbaas ·

Is dit n groter verleentheid as ons regering want dan is dit massief verby?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.