“Mnr. Singh was, om dit sagkens te stel, die hekwagter van Eskom se geldkoffers en sy optrede was onder die omstandighede meer as blote agtelosigheid.”
Lees meerAlles vir Vrydag 21 Augustus 2020
Al groter druk op parlement om virtuele reëls aan te pas
Daar word gewaarsku teen die persepsie dat toegang tot die parlement net die rykes beskore is.
Nu Metro-fliekteaters heropen binnekort
Weens die Covid-19-pandemie en flieks se uitreikingsdatums wat uitgestel is, was daar die afgelope paar maande beperkte inhoud vir fliekteaters wêreldwyd beskikbaar.
Vlak 2-afsonderingsregulasies ‘diskrimineer’
Sakeliga sê daar is groot teenstrydighede in beperkings op verskillende ondernemings. Toeskouers word byvoorbeeld in groot stadions by sportbyeenkomste verbied, maar taxi’s mag volgelaai word.
Dis-Chem laat vaar appèl oor buitensporige pryse
Die Mededingingskommissie het kort na die aanvang van die afsonderingstydperk in Maart verskeie klagte van die publiek ontvang dat Dis-Chem die prys van sy gesigsmaskers kwaai verhoog het.
ToekomsVenster: Luister na sy stem
Die Here kom na jou in die stilte van die oomblik.
Kleiner styging in rouwaterkoste vir besproeiing verwelkom
Stygings van tot 50% is tydens die vroeëre rondes van die departement se provinsiale en sektorspesifieke vergaderings voorgestel.
Veiligheidswag sterf ná mislukte transitorooftog
Die rowers het teen die geldwa vasgejaag, waarna dit omgeslaan en in ʼn sloot beland het.
Twee kwytgeskeld ná inhegtenisneming tydens afsondering
Een van die mans is aangekeer nadat ʼn paar koedoehorings in sy voertuig se kattebak gevind is.
Matriek 2020, die jaar van leë foto-albums
Twee matrikulante en hulle ouers het Maroela Media gesels oor hoe hulle oor 2020 en die Covid-19-pandemie voel.
Bellair-aanval: ‘Rowers’ buit juwele, selfone
Die aanvallers het die pa en dogter in die badkamer toegesluit.
Video: Ouma, kleinkind by kleuterskool beroof
Die bejaarde vrou is in die maag geskop terwyl sy probeer keer het dat die verdagte naby haar kleinkind kom.
DA kap terug oor LP in ‘drankwinkel’
Die DA sê nou die betrokke LP was tydens ʼn parlementêre sitting in ʼn kruidenierswinkel en nié ʼn drankwinkel nie.
Covid-19-tenderskandaal: Ondersoekeenheid bevries talle rekeninge
Die SOE ondersoek reeds verskeie bewerings van wanbestuur, wanpraktyke en korrupsie wat met die verskaffing van PPE’s aan die departement verband hou.
ʼn Vuurwa op stelte…
Ons het onlangs ʼn BMW X4M getoets. Die X4M los my met ietwat van ʼn penarie, skryf Brendon Staniforth.
Die wêreld in foto’s – 21 Augustus 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie het die voormalige opposisieleier in die Belo-Russiese presidensiële verkiesing vir die eerste keer die internasionale media toegespreek nadat sy uit haar geboorteland gevlug het.
Russiese opposisieleier ‘nié vergiftig’
Volgens dokters is geen gif in Alexei Navalny se sisteem opgespoor nie. Diegene na aan die Russiese opposisieleier is egter nie oortuig nie.
Biden verteenwoordig eerder einde van ’n era in Demokratiese Party
Die denke binne die party is dat ’n koalisie van anti-Trump-kiesers genoeg sal wees om in November die verkiesing te wen.
Enorme agterstand by forensiese laboratoriums
Sonder ʼn behoorlik funksionerende DNS-toetsvermoë by die laboratoriums kan die oortreders van die grusaamste misdade nie aan die pen ry nie.
Eienaar van bekende Stellenbosch-plaas aangeval
Die eienaar se vrou is deur die aanvallers ontvoer.