ToekomsVenster: Luister na sy stem

(Foto: @polina_art/Unsplash.)

1 Kon.19:9,11-13 – Hy het in ‘n grot ingegaan en die nag daar deurgebring. Toe het die woord van die Here tot hom gekom en vir hom gesê: “Wat maak jy hier, Elia?” Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar ‘n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy ‘n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

Die gebeure rondom Elija op die berg Karmel omring van ongeloof en weerstandigheid is tog baie bekend. Ek is so lief om oor hierdie gebeure te gesels en het tientalle boodskappe daaroor gelewer.

Elija is ʼn merkwaardige man met ʼn merkwaardige opdrag en ʼn merkwaardige verhouding met God. Hy skroom nie om die ongeloof aan die kaak te stel nie en presies aan te dui hoe ver Israel van die Here verwyder geraak het nie.

Die boosaardige koning Agas en sy ewe boosaardige vrou Isebel is direk daarvoor verantwoordelik. Die Baalprofete geniet voorkeur en God se gesante word in grotte versorg omdat hulle hul lewens nie seker is nie.

Dit is in so ʼn tyd dat Elija na die volk toe kom met ʼn belangrike keuse: “As die Here God is, dien Hom. As Baal God is, dien hom. Julle het egter by ʼn oomblik van beslissing gekom en kan nie wegstap daarvan sonder om God ʼn antwoord te gee nie”.

Die uitkoms van daardie ontmoeting is bekend. Die Here beantwoord Elija se gebed en vuur reën uit die hemel en verteer die offer. Die volk bekeer hulle dramaties en deel dadelik met die eksponente van ongeloof en mistasting in hul eie midde. Die Baalprofete word om die lewe gebring en dit wek die toorn van Isebel. Sy doen alles om sy optrede te wreek en Elia vlug van haar af weg.

Hy bevind hom in ʼn grot as God met hom praat. Elia moet verslag doen van sy optrede en skuheid vir Isebel. “Daar is nog ʼn 100 wat nie die knie voor Baal gebuig het nie. Elija, jy weet nie alles nie”.

God praat met Elija in die stilte van die oomblik. Elija is reeds verskrik en God dra nie verder by tot sy ontselde gees en uitputting nie. God is nie in die wind, die aardbewing of die vuur nie maar wel in die stilte van die oomblik. Elija kan God daar hoor.

Is jy ook uitgeput na ʼn uitmergelende tyd of ervaring?

Die Here kom na jou in die stilte van die oomblik. Luister na sy stem.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here vir die stilte waar ek na U stem kan luister…..voor U my God kom kniel ek in aanbidding…Amen

Ou gees ·

Dié is pragtig. Groot is God. Mag ek so ‘n verhouding met ons Lewende Almagtige God koester.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.