Vyf ander is terselfdertyd in ’n motorongeluk elders in die provinsie beseer.
Alles vir Vrydag 21 Augustus 2020
Derde verdagte vas ná bedrogspul by bank
Die beskuldigdes staan tereg op meer as 80 aanklagte van bedrog.
Redakteursbrief: Ken jy ook ’n hedendaagse Spreuke 31-vrou?
“As jy ʼn hedendaagse Spreuke 31-vrou ken, soos ek, deel hierdie met haar. Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.”
Lyk van spantoring verwyder
Gespesialiseerde toerusting is gebruik om die man se liggaam van die spantoring te verwyder nadat die kragtoevoer geïsoleer is.
Die Liebenbergmoord en die Vaalrivierslag
Die vraag is hoekom so ʼn betreklik onbekende en oënskynlik onbelangrike gebeurtenis ná byna twee eeue vandag nog van belang kan wees, veral aangesien die presiese datum en die aantal sterfgevalle steeds nie bo alle twyfel vasgestel kan word nie? Prof. Hans du Plessis verduidelik.
Gautengers versoek om water spaarsamig te gebruik
Inwoners van Gauteng is versoek om water spaarsamig te gebruik al het die algehele vlakke van die provinsie se waterreservoir dié week tot hoër vlakke as dieselfde tyd verlede jaar gestyg.
Parlement takel omstrede Wetsontwerp op Kopiereg
Dit is ʼn belangrike en ingewikkelde taak wat inkomste en geregtigheid vir uitgebuite kunstenaars kan beteken as dit reg uitwerk, maar tot Amerikaanse ekonomiese stappe teen Suid-Afrika kan lei as dit verkeerd uitwerk.
Beurtkrag opgehef, só lyk vooruitsig
“Eskom wil graag die land se mense bedank vir hul bystand en geduld tydens die uitdagings met beurtkrag.”
Covid-19-statistieke: Aantal aktiewe gevalle per provinsie
Daar is net meer as 90 000 aktiewe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Gedagte vir die dag: Menswees
Jesus het grootgeword en in wysheid toegeneem; Hy was geliefd by God en almal wat Hom geken het. (Lukas 2:52)